Page 1 of 2
Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 2:27 pm
by molopohunter
[img width=560 height=378]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0168.jpg[/img]
Het die geleentheid gehad om n klient vir die knewel naby Dwaalboom uit te vat.
Horings is 32", maar wat hom uniek maak is dat hy 522kg uitgeslag het.
Geweer was n 375H&H, 300gr PMP. Skiet afstand +- 70m.
Ek het lanklaas so hard vir n ding gewerk, en die jag sal 1 van my loopbaan se hoogtepunte wees.
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 2:34 pm
by Gerhard
Baie mooi bul daai.
Baie geluk
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 2:35 pm
by Jaco Swart
Peet
Baie mooi dier. By wie het jy gejag in Dwaalboom. Ken redelik baie mense daar.
Groetnis
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 2:35 pm
by Chevvy SS
Demit!
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 2:36 pm
by Wouter Roets
Peet
Geluk aan jou en die jagter! Ken mos die man, hy het hom seker alleen gelaai? Dit is n kollesale dier veral vir die tyd van die jaar. Daar is n hele paar duime al weggewerk op die meneer.
Groetnis
Wout
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 2:40 pm
by BLOK
Dit is nou soos n trofee eland moet lyk vir my persoonlik. Mooi stomp gewerkte horings, duk bos hare op voorkop en lekker masiewe nek en lyf en so mooi donker vel hier by die nek.
Baie mooi
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 2:51 pm
by BRNO (Pierre)
Regtig n baie mooi dier! Baie geluk aan julle.
Wat is die merk hier agter op die linker boud?
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 3:23 pm
by kopskoot
[quote
Wat is die merk hier agter op die linker boud?
[/quote]
Dis waar n eland se handbriek sit!
Dis nou hoe my eland trofee gaan lyk. Ek moet hom nog net kry,
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:03 pm
by Beer (Christo)
Stem saam met Blok.
Baie mooi!
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:12 pm
by DWB
Baie Mooi Man!!!
Dis 'n monster!!!!!!!!
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:35 pm
by molopohunter
Wouter Roets wrote:
Peet
Geluk aan jou en die jagter! Ken mos die man, hy het hom seker alleen gelaai? Dit is n kollesale dier veral vir die tyd van die jaar. Daar is n hele paar duime al weggewerk op die meneer.
Groetnis
Wout
Wout, ja, dis Phillip. Die man se bors is nou nog groot en hy mag maar wees. Die meneer het die cruiser vol gemaak.
Groete,
Peet
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:37 pm
by molopohunter
Jaco Swart wrote:
Peet
Baie mooi dier. By wie het jy gejag in Dwaalboom. Ken redelik baie mense daar.
Groetnis
Jaco, dit was 1 van Zwei Herholt se diere gewees. Was nogal lekker om by mense te jag wat hulle diere ken. Gaan einde van die maand weer soontoe.
Groete.
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:39 pm
by Eugene
Baie, baie mooi Eland!
Baie geluk!
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:41 pm
by molopohunter
kopskoot wrote:
[quote
Wat is die merk hier agter op die linker boud?
Dis waar n eland se handbriek sit!
Dis nou hoe my eland trofee gaan lyk. Ek moet hom nog net kry,
[/quote]
Hehee, net so. Pierre, die man moes n skoot inwerk so op die laaste oomblik maar die doodskoot was toe al darem in.
Elke skoot op n kwesdier is n goeie skoot.
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:48 pm
by Cobus(Cobb)
Peet, hy is baie mooi...geluk..
Jy s? jy moes hard werk...vertel bietjie.
Cheers
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:54 pm
by BRNO (Pierre)
molopohunter wrote:
Hehee, net so. Pierre, die man moes n skoot inwerk so op die laaste oomblik maar die doodskoot was toe al darem in.
Elke skoot op n kwesdier is n goeie skoot.
Verseker so! Die foto is n bewys daarvan. Dit is verseker n baie mooi bok. Weereens baie geluk!
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 5:02 pm
by Herman Venter
Dit is darm 'n groot dier daardie!! Ook een van my drome
Baie geluk aan alblei!
Groete
Herman
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 5:16 pm
by molopohunter
Cobb wrote:
Peet, hy is baie mooi...geluk..
Jy s? jy moes hard werk...vertel bietjie.
Cheers
Dit was n 3 dag jag vir die dier, waarvan die man toe op dag 2 toe maar n vark skiet om die loop vuil te maak. Sal n foto van hom ook post.
Op die laaste middag kom ons op hom af waar hy by n paar koeie staan en die 1ste skoot deur die "far-away-lookers" was perfek, of so het ons gedink. Die dier was op die die blad en soos hy in die bosse verdwyn het, het die bloed op kolle tot 2 meter langs hom gele soos dit spuit. Ons het almal besluit hy gaan net hier voor le. Ons is in baie digte sekelbos in en die bloed het minder geraak. Die hond gaan haal en op die spoor gesit wat goed gegaan het. Die hond het so 200m voor ons begin blaf en die klient is darem fiks...ek nie. Daar gekom toe is die bul en brak weg. Soos jy ook weet jag ek net in kort broek en soos ons gehadloop het het elke doring van elke boom sy merke gelos. Ons het toe met die cruiser blokke begin soek en darem elke keer die spoor opgetel. Die hond was weg en het besluit om toe maar sonder brak aan te gaan. na so 2.5km se gesoek, blokke kam, spoor vat, hoor ons die brakkie in die verte blaf, maar daai blaf wat jy weet sy het hom nou vas gehou. Daar gekom en die bul staan toe in digte bos. Hy het toe darem voor ons in die oopte in gehardloop en Phillip kon toe nog 2 skote inkry, hens die handbriek merk op die boud. Ek was self baie emosioneel toe ons na so 100m weer by die dier kom en hy het in die pad geval. Phillip het selfs sy oomblik gehad wat ek dink baie spesiaal was en eenkant op sy kniee dankie gese. Daarna was dit soos n red carpet oomblik soos die fotos geneem was.
Ons het gaan cape en slag en sal ook nooit weer sonder skinners so n dier wil doen nie.
Ek post gou nog n paar fotos van die varkie, skote en waar hy hang.
Groete,
Peet
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 5:24 pm
by Cobus(Cobb)
molopohunter wrote:
Cobb wrote:
Peet, hy is baie mooi...geluk..
Jy s? jy moes hard werk...vertel bietjie.
Cheers
Die
hond gaan haal en .............
Die hond het so 200m voor ons begin blaf ........
brak weg. '........besluit om toe maar sonder
brak aan te gaan. ............
brakkie in die verte blaf, maar daai blaf wat jy weet sy het hom nou vas gehou.Groete,
Peet
Tog nie ou Kalahari nie??
Mooi storie, dankie
Cheers
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 5:29 pm
by molopohunter
[img width=560 height=465]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0108.jpg[/img]
Die varkie wat ek noem. Mooi vark en ek dink baie mooi karakter.
[img width=560 height=420]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0147.jpg[/img]
Die skote. Die 2de gat was toe hy weg hardloop en ek kan nie veel fout sien met die skote nie. Die 1ste 1 het toe wel onder die bors deur gegaan wat ek nog nie lekke verstaan nie, maar het al gehoor van patrone wat snaaks kan reageer.
[img width=560 height=420]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0200.jpg[/img]
Net om n idee te gee hoe groot die cape op n 210L diesel drom was. Ons was 2 wat geslag het...en wil die nie vinnig weer sonder skinners doen nie.
Darem is my broer vars uit PH skool en was eiwerig om te leer en help.
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 5:30 pm
by molopohunter
Cobb wrote:
molopohunter wrote:
Cobb wrote:
Peet, hy is baie mooi...geluk..
Jy s? jy moes hard werk...vertel bietjie.
Cheers
Die
hond gaan haal en .............
Die hond het so 200m voor ons begin blaf ........
brak weg. '........besluit om toe maar sonder
brak aan te gaan. ............
brakkie in die verte blaf, maar daai blaf wat jy weet sy het hom nou vas gehou.Groete,
Peet
Tog nie ou Kalahari nie??
Mooi storie, dankie
Cheers
Nee, ongelukkig nie. Dit ook n jaka. Maar nie die legend nie:-(
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 5:35 pm
by molopohunter
Die 1 vergeet, om nog n idee te kry met die cruiser in die agter grond. Die rook uit die winch het geloop soos n veld brand, maar daai cheapie het sy werk gedoen.
[img width=360 height=480]
http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... CN0195.jpg[/img]
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 7:41 pm
by kopskoot
Dit lyk of sy vel te groot is vir sy lyf. As dit nie vir sy horings was nie, sou sy vel oor sy kop gevou het.
black-sam dis n groot eland daai.
Peet , ek soek ook so een. Praat bietjie met my!
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 7:51 pm
by Marc
Re: Monster Livingstone Eland.
Posted: Mon Sep 17, 2012 8:28 pm
by Spanner
Peet, die probleem is voor die hand liggend - lees mooi wat jy geskryf het !
molopohunter wrote:
Die skote. Die 2de gat was toe hy weg hardloop en ek kan nie veel fout sien met die skote nie. Die 1ste 1 het toe wel onder die bors deur gegaan wat ek nog nie lekke verstaan nie, maar het al gehoor van patrone wat snaaks kan reageer.
Geweer was n 375H&H, 300gr PMP. Skiet afstand +- 70m.
PMP...
PMP...
PMP...
PMP...
PMP (op die kenwysie van Jaws)
(ek moet gou my mond gaan uitspoel want ek het so pas in my eie mond opgegooi, net die blote uitspreek van daai naam laat my maag draai)
Die jag was amper verdoem nog voor dit begin het ! As daai jagter nou opregte koe?ls geskiet het, koe?ls met inborsting, koe?ls met houding en pedigree, sou daai jag baie anders uitgedraai het.
Spanner