Page 1 of 1

Mooi Bosvark

Posted: Sun Sep 23, 2012 11:23 pm
by FDJ
My jongste broer kuier die naweek by my.Hy het al baie keer in een van ons hides gaan sit om `n bosvark te skiet maar was nog nooit gelukkig nie.Hy vra my toe of hy kan gaan vanaand so 18:00.Ek het nie veel hoop vir hom gehad nie omrede ons baie reen gehad het en die varke die laaste 2 weke niks vreet nie.So 18:00 gaan hy en 18:45 bel hy my en se om hom te kom help , hy het `n vark geskiet.Ek gaan soontoe en sien toe dis `n helse vark.Die glimlag op die foto`s se alles om so `n groot vark vir `n eerste te kry.

Groet Francois

Re: Mooi Bosvark

Posted: Mon Sep 24, 2012 6:45 am
by DWB
Dis 'n monster!!!!!!

Baie geluk aan jou broer!

Het julle die vark geweeg?

Re: Mooi Bosvark

Posted: Mon Sep 24, 2012 7:00 am
by Frederik
Baie mooi beer daar baie geluk.  ;D

Ek begin regtig soos die persoon wat uit die sirkel is voel spaandeer jare in die veld, kliente skiet hulle en ek kry net nie kans nie sit ook af en toe vir hulle maar weer en omstandighede speel nie saam nie  ???

Het iemand nie een vir my wat vasgemaak is om 'n boom nie ?

Re: Mooi Bosvark

Posted: Mon Sep 24, 2012 9:07 am
by molopohunter
Baie mooi gedoen, dis regtig n mooi beer daai.
Dit is nog my droom en soek al 2 jaar na so ding.

Nou moet ek tot 2013 september wag om weer my kans te vat.

Groete,
Peet

Re: Mooi Bosvark

Posted: Mon Sep 24, 2012 11:34 pm
by theedge
Dit is voorwaar n great vark - baie netjies

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 5:07 am
by Gerhard
Baie mooi vark Francois,

Vertel bietjie oor die geweer, die sight, watter distrik julle jag en hoe julle voer plek maak asb man.

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 8:12 am
by FDJ
Hi Gerhard

Die vark is in die Melmoth omgewing geskiet.Die geweer is my .308 Brno met een van silent hunting se knaldempers op.Die teleskoop op die geweer is die ATN aeries 340mk nag sig teleskoop.Ons plaas `n 200L drom by die compound op die plase en die werkers gooi dan al hulle oorskiet pap,aartappels,groente ens in die drom.Na so 2 dae in die son gis dit lekker en gooi ons dit uit.Ons het al baie met homany chop,mielie ens gevoer maar het gevind die oorskiet van die werkers werk net so goed en is boonop verniet.


Groete
Francois

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 8:20 am
by Gerhard
Baie dankie vir die info...

Julle maak hulle lekke vet met die oorskiet kos.

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 8:46 am
by Marc
FDJ wrote: Hi Gerhard

Die vark is in die Melmoth omgewing geskiet.Die geweer is my .308 Brno met een van silent hunting se knaldempers op.Die teleskoop op die geweer is die ATN aeries 340mk nag sig teleskoop.Ons plaas `n 200L drom by die compound op die plase en die werkers gooi dan al hulle oorskiet pap,aartappels,groente ens in die drom.Na so 2 dae in die son gis dit lekker en gooi ons dit uit.Ons het al baie met homany chop,mielie ens gevoer maar het gevind die oorskiet van die werkers werk net so goed en is boonop verniet.


Groete
Francois
Baie geluk, die 'n monster  8)

Jy is 'n man wat jou varkjag ernstig opneem as ek so na jou toerusting loer  ;D

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 9:27 am
by Stasoft
Baie mooi vark en netjiese geweer.

Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 1:08 pm
by Victor
Francois , wat se tipe lig is op die teleskoop vasgeheg en het dit `n " tape switch " aan ?

Baie dankie

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 2:59 pm
by FDJ
Hi Victor

Dis nie `n lig nie , dit is `n infra rooi illuminator.Die scope is "gen1+ night vision". Jy sit die illuminator aan met die druk van `n knoppie.

Groete
Francois

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 3:29 pm
by FDJ
Ons soek nog hierdie groot beer.Die sog het ons so `n rukkie terug gekry en sy het 44kg uitgelsag net om verhouding te gee van hoe groot hierdie beer is.Hy is hel skelm.

Groete
Francois

Re: Mooi Bosvark

Posted: Tue Sep 25, 2012 6:48 pm
by JAGTERSREG-JRM
Netjies gedoen,ek raak sommer jaloers

Groete
Kobus

Re: Mooi Bosvark

Posted: Wed Sep 26, 2012 6:17 am
by DWB
Francois,

Dis 'n monster beer daai!!!!!!!!!!