motivering vir lisensie
Posted: Mon Oct 15, 2012 12:25 pm
Ek wil die volgende omstandighede plaas.
Ek het dedicated status en miskien is dit die rede vir die optrede van die DFO by die aansoek van my .243 lisensie, of miskien nie. Dit is jare laas dat ek aansoek gedoen het om 'n nuwe lisensie en het ek baie moeite gedoen met die motivering daarvan en die aanhegting van "getuienes" in die aansoek, dit wil se 'n bespereking van die kaliber, en die geskiktheid daarvan vir die rede vir my aansoek. Daar is ook foto's aangeheg van die diere wat wettiglik met die kaliber gejag kon word. Ek het ook foto's van my kluis en die montering daarvan aangeheg asook twee foto's van 'n onlangse jag wat ek bygewoon het gedurende Junie 2012. Die rede vir my aansoek vir die spesifieke geweer/kaliber was uitsluitlik jag. By die indiening van my aansoek by my plaaslike DFO, het sy die aansoek deurgegaan en die aangehegte dokumente ten aansien van die bespreking van die kaliber en die geskiktheid daarvan summier verwyder van die aansoek. Die enigste dokumente wat gebluie gehou is was die foto's van die kluis en die foto's van my jag (een foto van my met ' rooibok wat ek geskiet het en 'n foto van ons saam om die vuur). Sy het toe die rede van die aansoek ingeskryf op die aansoekvorm soos volg " i wish to hunt plans game animals and i require the rifle for that reason" of woorde tot hierdie effek, die redes was nie meer as een sin gewees nie. Uit die aard van die saak was ek baie die ...in, omrede sy in die eerste plek my aansoek net summier gewysig het en tweedens dat ek geld betaal het vir die opstel van die motivering. Toe ek haar hier omtrent uitvra, het sy gese dat die personeel wat die aansoeke oorweeg by die CFR, nie al hierdie ander inligting nodig het nie. My lisensie aansoek is 10/08/2012 ingehandig en is op 09/10/2012 goedgekeur. Nadat ek ander post gelees het van lisensie aansoeke op die forum, is my vraag of die CFR personeel regtig al die aangehegte doukumente deurgaan of nie in die oorweging van 'n aansoek, en is al hierdie ander dokumente regtig nodig.