Page 1 of 1

Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 7:48 am
by frinam
More almal, gister namiddag die koedoebul op my plaas geskiet. Nog nooit so 'n snaakse uitgroeisel tussen die 2 "normale" horings gesien nie!! Kommentaar asb. Duitswes groete- Frinam
Image
Image
Image

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 7:58 am
by Danie01
Dit omtrent vreemd, nog nooit so horing gesien nie. Ek wonder of daai horing langer sou word? Dit is seker maar ook een van daai gevalle soos wanneer n skaap met vyf bene gebore word?

Danie

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 9:23 am
by Geno
Dit was al in die magnum bespreek. Kyk ook na Ponkie se post, dit lyk of daardie bul dit ook het.  http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=0

Groete,
Eugene

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 9:30 am
by Raven
As ek reg is dink ek Francois het al 'n kudu koei ook geskiet met so 'n uitgroeiseltjie.
Oom Frikkie moet hom opstop, dit kry 'n man nie aldag nie.

Norton

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 10:01 am
by CHRIS
hulle se a bloubul ondersteuner se ma is a koei, wel ek dink di kudu se ma is a tarentaal ;D

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 10:14 am
by Mac
Frinam,

As jy kyk na die "Horing", sal jy sien dat dit nie uit die skedel uit grooi soos 'n horing nie, dit is maar net aan die vel vas, of dit sal lyk soos 'n ou sweer wat "scar tissue" gevorm het op die basis. Dit is meer algemeen as wat mens sou dink, maar nog steeds sal ek hom monteer as ek jy was.

Mac

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 11:15 am
by Francois Marais
Oom Frikkie

Nog een van die natuur se uitsonderings.........is dit daai 308 wat die kudutjie omgegooi het??? Kan dit amper nie glo nie ;D ;D ;D

Manne, het vi oom Frikkie gaan kuier so vir n dag, hy mag maar n 308 dryf, sommer so inni hardloop, oppi kop, kon dit amper nie glo van n 308, en n OU KEREL. :o :o

Mooi loop
Francois

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Jun 11, 2010 2:09 pm
by frinam
Francois, jy spot nou met siekte man, jy moet die ouderdom en alle kwale wat daarmee saamgaan, respekteer ;), as die goete nie wil gaat staan nie moet mens hulle mos maar briek of wat praat ek nou!!!! Nee, die gewraakte 308 gooi mooi nadat jy die sneller ook so bietjie gedokter het.

Mac, jy is 100% reg, die uitgroeisel is uit die vel, nie uit die skedel nie. Ja Chris, na verlede Saterdag se "game" is daar verseker 'n hele paar manne wat rondloop asof hul familie van tarentale is, bedoel nou die ekstra horing!!!!!! of hul maens nou koeie is of nie 8). Mooi naweek manne, dankie vir reaksie. Frinam

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Tue Jun 29, 2010 10:03 pm
by Tiny
Eugene

Ek en my pa het daardie bul geskiet in ponkie se post, maar jy is 100% reg.
Hy het ook so uitgroeisel gehad, maar dit was baie kleiner as die een wat op hierdie foto is. Ek het so rukkie terug so 'n geval in die Wild & Jag ook gesien en 'n maand daarna was daar nog so voorval.

Groete
Tiny

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Thu Jul 01, 2010 11:42 pm
by theedge
CHRIS wrote: hulle se a bloubul ondersteuner se ma is a koei, wel ek dink di kudu se ma is a tarentaal ;D
Man hoe geniet ek dit nou

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Oct 15, 2010 10:14 am
by Stefan764
As my wiskunde reg is het die bul dan nou 4 horings? of hoe praat ek nou?? ;D

Mooi bok oom Frikka!

Groete
Stefan

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Thu Nov 11, 2010 3:48 pm
by Geno
Die foto is in Marloth Park geneem.

Image

Groete,
Eugene

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Thu Nov 11, 2010 3:56 pm
by Ponkie
Hallo Almal

Eerstens, Eugene, daai is 'n vrek goeie kamera, of 'n mak koedoe...! Nie aldag wat jy die vliee en hare op 'n koedoebul afneem nie...

Ja Tiny sal julle meer kan se oor daardie bul ek was mos so gelukkig om daardie jag mis te loop omdat ek sport in die Paarl daai naweek gehad het.
Dink dit is maar net 'n gewone defek, iets wat algemeen in die diereryk voorkom op verskillende maniere.

Groetnis
Ponkie

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Thu Nov 11, 2010 6:56 pm
by Geno
Ponkie,
Daai is nie my foto nie, ek het hom op Facebook gegaps by iemand.
Die wild by Marloth Park is vrek mak, jy kan hulle keel afsny met 'n stomp mes!

Groete,
Eugene.


N.S. Wanneer sit jy bietjie 'n ingezoomde foto van daardie Stellenbosch trofeetjies hier op?

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Thu Nov 11, 2010 7:16 pm
by JACQUES BOTHA
P{onkie
Klink my jy moet bietjie trofee kom wys nou , is dit n ram of pragtige ooitjie?
Lekekr skryf die vakansie is om die draai...
Greetings
JB
ns Gaan jy nie die kaap skiet doen Saterdag nie?

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Thu Nov 11, 2010 8:01 pm
by Ponkie
Geno en JB

Nee Oom ek sal ongelukkig nie Saterdag dit kan maak nie. Suid Kaap ope was nog my laaste skiet gewees. My vriend Danie Barnard sal daar wees.
Hoop vir Oom se part dat die baan nie weer so rof is soos Suid Kaap ope nie, ons locals het maar die manier om dit vir die res moeilik ta maak! ;D

Geno, jong ek het 'n trofeetjie nou al vir 'n geruime tydjie, ons is al "gekys" van St8 af. My Pa het my geleer as jy die regte een vind moet jy maar klou!  ;) Sy swot medies, so eendag sal sy darem self vir haar stoof en wasmasjien kan betaal dat ek meer geld het om op my gewere te spandeer! haha!  ;D

Groetnis
Ponkie

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Nov 12, 2010 1:21 pm
by JACQUES BOTHA
Ponkie
Jy moet ma soet wees --dis nogal eina as so lang verhouding tot n stilstand kom. werk ma mooi met haar wees lief vir haar en hanteer haar met die nodige respek.
Soos  ek geleer is hanteer haar soos n dame want jou ma is ook n dame..
Drink maar gereeld n teetjie saam met  haar en gee n blommetjie.. en n soentjie....(oeps hier stop ek)
Geniet jou jonkwees----want jy kan
Jacques nie OOM nie (nog nie)

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Nov 12, 2010 2:41 pm
by Wouter Roets
Die Oom by wie ons die plaas op Piet Plessies gekoop het teel met hulle op sy ander plaas. Ek het hulle al self gesien en daar is n paar wat seker so 2.5 duim uitstaan. Ek het ook al twee myself in die Ellisras/Marken gebied geskiet. Blybaar nie so ongehoort van nie.
Altwee my bulletjies was jonk met klein uitgroesels, nogal n week uit mekaar uit.
Wouter

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Nov 12, 2010 2:47 pm
by Ponkie
JB

Nee ek hanteer vir haar mooi! Baie mense het maar verskillende opinies oor so lang verhouding op so jong ouderdom, maar ons geniet mekaar se geselskap en het dieselfde waardes.

Sterkte met die Wes kaap Ope! Hoop die weer speel saam!

Groete

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Nov 12, 2010 4:04 pm
by BLOK
Wouter en Ponkie julle moet nie so deurmekaar praat nie amper verstaan ek vir Wouter verkeerd. Nou hard gesit en dink oor ek moet ook Piet Plessis toe trek.

Blok.

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Fri Nov 12, 2010 7:13 pm
by Wouter Roets
Ek sien nou wat jy bedoel!
In daai geval sal ek permanent op die plaas gaan bly! :-* :-*

Re: Koedoebul met 3 horings

Posted: Tue May 24, 2011 7:42 pm
by Robert
Ou post:

Ek moes gister aand n Kudu gaan cape het wat n vriend van my geskiet het en die bul (138kg uit geslag) het ook die 3de horing op die neus gehad.

Die horing is ook net aan die vel vas. Daar was nie eers n merkie aan die skedel of weefsel nie.

Ek het fotos geneem en sal later kyk of ek dit kan op sit.

Dit is die eerste maal dat ek dit self fisies sien en dit was heel interesant om die vergroeisel in die vel te beloer.

Robert