Page 1 of 1
Winter 2010
Posted: Mon Jun 14, 2010 7:31 pm
by Beyers
Sommer so 'n vinnige kombuis bulltjie

Re: Winter 2010
Posted: Tue Jun 15, 2010 9:45 am
by Raven
Beyers,
mooi man, daai is lekker vleis.
Dis diep koud hier in NAm, en ek het nog nie eens kans gekry om 'n stukkie biltong te hang nie. Die tyd loop vinnig uit.
Soos dit nou lyk moet ek maar jakkalsbiltong maak

jiggggg!!!!!
Norton
Re: Winter 2010
Posted: Tue Jun 15, 2010 10:45 am
by KSV
Raven,
Jy moet vir Song Daug ook van daai biltong stuur? Hy lief daai klank
Hein
Re: Winter 2010
Posted: Tue Jun 15, 2010 11:45 am
by Raven
KSV,
Jy praat ek was amper daar(geflud) vrydag nag, jakkies l? mos so oraal rond op die bak.Ek gaan darem met die winsie een van die dae vir my trallies opsit...met hakke!!!
EK moet julle die een vertel.. Met vrydagnag se skietery klits ek een van daai jakkies en met die optel soek ek my malle allie af na die jakkals, en die volgende oomblik voel ek so 'n sawwe ding onder my voet, die jak leef nog en probeer na my hap hap, ek uiter toe 'n paar lelike woorde en spring 'n paar meter seker deur die lug. Nou al wat ek het was my MAGLITE(die met 5 batteries in) en ek mik vir die jakkals se kop, maar jak skarrel so half weg.
Nou elke keer as ek die jak sien met die lig dan wil ek slaan, maar as ek die flits swaai is alles weer donker en ek mis elke keer.
Oplossing: Die volgende oomblik sonder om te dink gryp ek jakkals aan sy stert,swaai hom verwoerd en plant sy kop teen die grond, en van die bloed en binnegoed is oraal op my klere...daai reuk was nie so lekker, maar jak was darem dood na ek hom weer met klip bygekom het.
Raves
Re: Winter 2010
Posted: Tue Jun 15, 2010 1:20 pm
by KSV
Sal definietief vir Song Dong en Zyle moet saamvat volgende jaar, laat hulle bietjie vir ons die flud storie verduidelik.
Wat van 'n jag week of so iets? Almal 'n springbok of vier kom skiet naby aan die grens?
Hein
Re: Winter 2010
Posted: Wed Jun 16, 2010 7:34 pm
by Beyers
Net in prentjies sien mens sulke bulle

Re: Winter 2010
Posted: Wed Jun 16, 2010 8:48 pm
by Janjak
Beyers,
dis nou mooi.
Dis amper soos om vir die jakkalse op die Dicovery kanaal te kyk.
My vrou en kinders dink al my kop raas soos wat ek met myself gesels.
Re: Winter 2010
Posted: Thu Jun 17, 2010 8:57 am
by KSV
Janjak,
Ek "kiss of death" as ek dink hy moet nou staan daar oppie kassie
Hein
Re: Winter 2010
Posted: Thu Jun 17, 2010 10:55 am
by Francois Marais
Beyers
Kyk nu net, daai trailcam is goud werd.
Mooi loop
Francois
Re: Winter 2010
Posted: Thu Jun 17, 2010 11:37 am
by Spanner
Daai bul is lekker vet man, hy lyk amper swanger !
Re: Winter 2010
Posted: Thu Jun 17, 2010 7:57 pm
by theedge
baie mooi bul sou net bietjie meer vleis om sy nek wou plaas dan dink ek sou hy die skaal behoorlik laat kreun
Re: Winter 2010
Posted: Mon Jun 21, 2010 7:56 pm
by Beyers
Sy neef ander kant die berg het met Isak de Klerk se .338 Lapua die kiss of death op 433m gekry. Die koe?l het 18" geval.

Re: Winter 2010
Posted: Thu Jun 24, 2010 6:21 pm
by Beyers
Kudujag oombliklik in jakkalsjag verander

Re: Winter 2010
Posted: Thu Jun 24, 2010 6:29 pm
by Tim - Karoo
Lekker!!!!!!!!!!
Re: Winter 2010
Posted: Sat Jun 26, 2010 2:44 pm
by Beyers
Toe nog 'n teef met die baie gespesialiseerde inry en doodskiet metode.
Die bestuurder het die geweer oor die spieeltje en opreer die clutch en petrol terwyl die passier die stuurwiel opreer. Dan jaag mens die jakkals in die pad af en sodra jy 50m van die jakkals is stop jy skakel die voertuig ag en mik vir die oog net onder die stert en siedaar 'n kopskoot

Neus tot kruis 700 mm neus tot stertpunt 1000mm Tefie
Re: Winter 2010
Posted: Mon Jun 28, 2010 7:57 pm
by Beyers
En Isak se 338LM praat hard en duidelik
108m skoot op die blad.

Kees se tande

Re: Winter 2010
Posted: Wed Jul 14, 2010 9:12 am
by Beyers
'n Bosbokkie is die resultaat van 'n Isten Cape jag

Re: Winter 2010
Posted: Wed Jul 14, 2010 9:15 am
by Beyers
'n Mooi bul 49"
