Page 1 of 4

Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 10:53 am
by Geno
More manne.
So is die lang verwagte bergskaap (Barbary Sheep /Audad)- jag die afgelope naweek gewees.
CF Roux het vir my- en G-Force genooi om die skape op sy baas se plaas te jag. Ons het toe sommer 2 gemsbokke ook gere?l.
Donderdag-oggend 3uur is ons weg vanuit PTA, waarna ons vir Rooies opgetel het in Douglas. Rondom 11h00 het ons in Prieska aangekom by CF, en ons het gougou bietjie inkopies gedoen.
Ons is uit Prieska uit so 30km in die Copperton-rigting waar ons die gemse sou jag.
Na 'n lekker bui reën wat die Transvalers saamgevat het Karoo toe, het ons gougou gewere gecheck, en is ons veld toe.
CF se een droom van skiet met 'n .338 Lapua word waar:
Image

Rooies dryf die Lapua:
Image


Die wildkamp is so 1200 of 2000ha, ek kannie onthou nie.
In die kamp het ons gemsbokke, volstruise, blesbokke, springbokke, swartwildebeeste, hartbeeste, 'n zebra en elande gesien.
Na so ruk van rondry sonder om gemse te gewaar, het ek en CF besluit om bo-op 'n rand te gaan loer. Ek met die .204'tjie in die hand, en CF ongewapen.  Bo-op die rand kry ons toe wraggies die trop gemsbokke. Afstand so 150m, maar om 'n bul uit te soek vir 'n skoot was moeilik.
Die trop het begin wegdraf, en ons het hulle onder na die vlak toe gedruk. Terug op die bakkie het ons uiteindelik 'n skoot gekry. G-Force het di? bul met sy .338 Lapua geskiet met 250gr Sierra Matchkings. Afstand was rondom 220m. Die bul het nie ver gegaan met die skoot nie, en is toe dood.
Image

Uitgangswond:
Image

Die trop was nog rustig, en ek het toe my .25-06 gebruik om die trop deur te kyk. Met die stap 'n bok agter 'n bossie uit. Is dit 'n balsak wat ek sien? Wag nog 'n bietjie, die bul draai, en ek sien die kenmerkende skede onder sy pens. Nou moet hy net gaan staan.
So gemaak, en ek klop hom met 'n 75gr V-max vir die brein.
Image


Daarvandaan is dit gougou aflaai by die slagplek, en die pad vat Carnarvon se kant toe vir die skape.
Jason en Brian het ons ingewag op die plaas, en ons het gougou afgepak, toe kuier ons al te lekker onder die Karoo-sterre.
Image
Image

Slaapgeriewe was uiters gemaklik. Warm water uit 'n gas geyser, en elektrisiteit vanaf 'n generator het gesorg vir vir al die gemak wat 'n man sou wou h?.
Langs my bed was 'n oulike boekie met verhoudings-advies!
Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image


Vrydag-oggend is ons toe in twee groepe die berge in.
Een groep was Rooies, Jason en Brian. En die ander groep was ek, G-Force en CF.

Hier scan G-Force die area:
Image

Na 'n stewige staptog het ons op 'n rand bymekaar gekom, en teruggestap bakkie toe.
+-14km is afgel? vir die dag.
Later die middag het ons 'n gong op 470m gehang, en bietjie gespeel. Daar is ook 'n paar grondmanne geskiet.
Die aand het ons uitgegaan om 2 stelle jakkalse wat pla te probeer skiet, maar die suidewind het ons uit die veld uit gewaai.

Saterdag-oggend het Jason en Brian teruggery Richmond toe, en ons 4 ander manne is toe saam die berge in.
Teen een van die rante het ons opgesplit in 3. CF en G-Force regs, ek in die middel, en Rooies links. Teen 'n jakkalsproef heining het Rooies skielik beduie dat ek moet afsak. Hy het met sy .308 aangel?, en geskiet.
Die skoot het mooi geklap, en die ander 2 ramme het weggehol.  Ek het 2 skote op hulle geskiet met my .25-06 ook, maar albei mis op 350-400m.

Ons het bymekaargekom, sight-and go gedruk op die GPS, en Rooies se ram gaan soek. Na 'n ruk het ons opgegee, en Rooies "Valk oog" du Toit het die ander 2 ramme rustig sien wei teen die oorkantste hang so 700-900m ver.
Planne is gemaak, en ons het met 'n persopis-bos al langs 'n lopie die berg uitgestap om die ramme in te wag. G-Force het besluit om agter te bly, sou die skape besluit om weer af te hol.
Toe ons op die plato kom, sien ek 'n skaap so 200m ver staan onder 'n bos. Ons is toe na die naaste bos toe om planne te maak. Ek kon 'n skoot waag, maar het 'n lekker bos nader aan die skaap gesien. Vandaar sou my skoot slegs +- 100m wees.
Rooies het by die bos gebly, en sy geweer vir CF gegee. Ek en CF is toe bekruip-bekruip na die skietbos toe.
Daar aangekom, het ons agter die bos uitgekruip, en ek het dooierus oor CF se rug gevat. Die 75gr V-Max het die ram morsdood laat neerslaan toe hy hoog op die blad getref is.
Wel, ek was baie opgewonde, en het begin cheer en naderstap, toe ek die ander ram sien staan so ent agter die bos waar ek myne geskiet het.
CF het sommer uit die vuis 'n hou gegooi wat die ram se handbriek opgetrek het, en ek het opgevolg terwyl die ram gehol het. NOG 'N RAM PLAT!
Die ver bos doer agter is waar Rooies gestaan het, die bos voor hom is waarvandaan ons geskiet het, en ek staan waar die eerste ram geval het.

Image

So het ons myne onder die bos gekry.
Image

Hierdie is my "Happy-face"!!!
Image

Ek en CF by die 2 ramme.
Image

Groep foto geneem met die kamera se timer.
Image

Cape slag.
Image

Pak en uit dra berg-af bakkie toe..
Image

Die aand het ek een van die rugstringe so goed ek kon probeer gaarmaak, maar dis om die minste te s?, absoluut oneetbaar taai!


Gister-oggend het ons teruggedraai, en vir Rooies op Douglas afgelaai. Terug in Pretoria teen 20h00, en by my huis 21h30.

CF, dankie maat. Jy's 'n PH, gids, en vriend duisend! :-*

Rooies, jy't darm 'n troosprys gekry met die stel horings wat jy opgetel het, en jou geliefde WP wat die Curriecup gevat het! :laugh:

Gé, nogmaals dankie vir die trip. Volgende jaar verruil ek my geweer vir 'n videokamera, dan gaan haal ons jou ram! ;)

Jason, ai maat, dra tog net volgende keer 'n broek asb!  :angel:
Image

Brian, lekker om jou te ontmoet mater. Ons maak weer so! Leer tog net hoe om 'n scope se turrets terug te draai van 470m tot op 100m? Jy skiet los bo-oor 'n meerkat! ;D

Ek sit hier op kantoor en mis al klaar die Karoo met dinge en woorde soos: Driedoring, Haakbos, Kapokbos, Dorper, Die indringer Persopis bome, skaaptjops braai oor karee-kole, skaap-bossies, windpompe, die Carnarvon-berg, Slootskraal, Klipgat en Zeekoegat.
3 dae met zero selfoon-opvangs was regtig lekker. Natuur wat strek so ver die oog kan sien is regtig spesiaal, julle Karoonaars is bevoorregd!  :'(

Tot volgende jaar,
2012 Carnarvon Skaapjag 1stespan spanlid!

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 10:54 am
by henried
Te lekker, baie geluk.

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 11:12 am
by Eugene
Mooi vertel en pragtige foto's! :)

Geluk met daai skaap!

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 11:21 am
by Dawie Malan
Geno

Wat 'n mooi trofee!!

Baie geluk.

Groete

Dawie

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 11:22 am
by Stefan764
Mooi manne!

Geluk!!

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 11:32 am
by Gerhard
Lekke manne!!!

Mooi storie en fotos Geno

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 11:41 am
by Chrisjan
Baie mooi vertel, ek het lekker gelees. Ek glo jy gaan die trip lank onthou!

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 11:46 am
by Hugov
Goeie werk manne!
Lyk na n awesome trip.
Groete H

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 11:56 am
by Gawie(13mm)
Geno, julle het wraggies mooi gemaak daar in die Karoo.
Dankie vir die lekker storie en fotos.
Ek gaan oor twee weke 'n draai maak in die Carnavon distrik en hoop om ook 'n skoot of twee tegooi.
Jy maak dat ek nou heeldag gaan dagdroom.
Groete, Gawie.

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 12:16 pm
by Jakkalsgat
Geno

Baie mooi

goed gedoen, wat maak daai dunhill longe met die bergklim?

Groete
Jaco

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 12:35 pm
by PJS
Geno en kie

Baie geluk. Dit lyk of dit baie lekker was.
Jy kan n storie mooi vertel.
Mooiloop
PJ

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 12:47 pm
by SV MAD (Henk)
Awesome storie Geno.

Geluk aan al die manne, dit lyk my was voorwaar n baie lekker trip gewees!

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 12:53 pm
by Marc
Wat n lekker storie  8). Baie geluk manne, daai Gemmies lyk of hulle nou eers die winter moet ingaan  ;D Ge watse koe?ls het jy uit daai pee shooter van jou gehoor, Lekker uitgangswond  ;)

Nou het jy my eers lus vir die trippie, Baie geluk Eugene, twee mooi ramme daai  ;) Hoe se hulle, jy oes wat jy saai  :angel: Jou verdiende loon  ;)

Mooiloop
Marc

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 12:55 pm
by Jaco Bezuidenhout
Netjies Geno,die Karoo is maar net ongelooflik mooi.

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 1:00 pm
by G-force
Ja nee ouens dit was nou n ware "jag".
Geno en CF en ou Rooies,thanks vir julle lekker geselskap en n great paar dae.Jason en Brian was great om julle te ontmoet al is julle so mal soos hase ;D.

Marc daai koels was die Sierra Matchkings in 250gr.

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 2:39 pm
by tripodmvr
Dankie vir die fotos van die blyplek, inskiet en die jag. Maak die storie meer 'n geheel.

Geno, sien jy is nou volledig voorberei om in die heilige eg te tree.

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 2:56 pm
by Geno
Dankie manne.
CF het nogal opgemerk dat dit die moeilikste jag in RSA is, en ek stem heeltemal saam met hom!

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:30 pm
by BLOK
Lekker julle manne, sommer mooi gemaak. Wonder nou net het Reds toe julle seergemaak soos daar gese was. hahaha En na 14km n dag se stap het Geno seker lekker geslaap en droom in daai pienk bed.

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:40 pm
by GreyGhostGear
Ja nee, daai Headboard, laken en leesstof bekommer 'n man maar 'n bietjie, maar wat 'n great storie en fotos, well done Geno en kie!

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 3:54 pm
by Ian
Mag ek jaloers wees?, "well done"

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 6:43 pm
by Rooies
Manne

Hierdie was nie grappies nie,en donderdagaand se braai en versnaperinge het dit nie makliker gemaak nie, en "blood sweat en tears" pas perfekby die jag, maar ek sal dit enige tyd weer doen.

Dit was n wonderlike ervaring wat memories gaan wees vir baie lank nog, en ek is bietjie teleugesteld oor my skaap wat weg is, maar verheug dat Geno en Cf darm elkeen een kon kry, Hy het al agt keer gaan soek vir daai bergskape, en toe daai een van Geno val en die ander een uitvlieg was die ou reg vir hom met my 308.

Blok, na die terugklim en uitdra was die yskoue bier soos heuning by die plaashuis en het ons maar op die
dag se sukses geseevier.

Charl, Geno, Ge en Jason, dis n jag en n naweek wat altyd spesiaal sal wees en ek is trots om n lid van JARACAL te wees en sulke ysters soos julle as pelle te kan he.
Ek sal sorg dat in 2013 die innerlike versterk is vir Ge se skaapjag en dat die bril saamgaan. ;D ;D

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 6:52 pm
by henried
Wanneer is die DVD beskikbaar?

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 7:33 pm
by Marc
Rooies

Waar's die like knoppie  ;)

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Mon Oct 29, 2012 8:37 pm
by Frederik
Baie netjies hoe gemaak om so jag te reel of te doen ? Wat kos dit ?

Re: Carnarvon Bergskaap Jag

Posted: Tue Oct 30, 2012 12:20 pm
by Karl Stumpfe
Frederik wrote: Baie netjies hoe gemaak om so jag te reel of te doen ? Wat kos dit ?
Eerstens, Geno en kie, baie mooi en baie geluk. Tweedens, ek sal graag dieselfde as Frederik hier bo wil weet, wou nog altyd so skapie piets....