Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Naam van Jagter
Kontak nommer
Bedienings area
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

[align=center]Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereniging[/align]

Daar is reeds onderling en informeel gesels tussen 'n aantal probleem-roofdierjagters in Namibi? en 'n sterk gevoel doen die rondte dat dit dalk 'n goeie ding sal wees as ons onsself verenig onder 'n assosiasie/vereniging. 

Die doelstellings van hierdie vereniging sal onder meer insluit om lede te sertifiseer wat aan sekere minimum standaarde ten opsigte van teoretiese kennis, praktiese vaardighede en jag-uitrusting voldoen.  Daar sal ook verwag word van hierdie lede om aan die Professionele Gedragskode van hierdie vereniging te voldoen.

Enige roofdierjagter wat sou belangstel om aan hierdie vereniging te behoort, kan gerus met my, Francois of Raven kontak.  Ons stel ook belang in name, kontaknommers en adresse van persone (in Namibi?) wat hulle besig hou met roofdierjag (veral jakkals en rooikat) ten einde predasie-skade onder kuddes te voorkom, sodat ons met hulle kan kontak in hierdie verband.

Daar word eersdaags 'n stigtings vergadering vir hierdie nuwe organisasie beplan, so laat weet indien julle kan help met voorstelle, planne, raad ens.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Francois Marais »

Louis

Ek dink dis die regte rigting wat ons inslaan, wil niks van JARACAL af wegvat nie, maar het nodig om ons eie ding te doen.

Ek sal manne wat nie deel is van die forum nie, maar wat wel jakkalse skiet kontak om ook aan te sluit op die forums, omdat hierdie maar altyd die bymekaarkomplek sal bly.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by KSV »

Louis en FM,

Ons ouens wat so nou en dan daai kant van die draad kom help, kan ons ook aanlsiut of is ons deel daarvan?

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Francois Marais »

Hein

Geen probleem, julle is welkom om aan te sluit, deel van ons plan met die hele operasie is maar net om die kwaliteit van die jagters wat hier jag so n bietjie op te gradeur, deur sekere vereistes daar te stel waaraan n jagter moet voldoen.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by KSV »

FM,

Dis maar net as ek daar na die familie toe kom en dan so by paar buurmanne ook gaan draai.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Francois Marais »

Hein

Jy's welkom, waar bly jou mense??

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by KSV »

FM,

In Ariamsvlei.

Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Chris101 »

Nou wie sal hulle wees??
Ek gaan nou juis die maand einde bietjie soontoe.
So 40 km op die Aroab pad.
Knou die gediertes AF.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by KSV »

Chris,

Mense by die winkel en die mense op Witkop.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Chris101 »

Mooi man nou weet ek ook dankie.
weet jy van wildsfees
Knou die gediertes AF.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by frinam »

Naand Louis, idee van Namibiese Jaracal Forum/Vereniging is reg met my. Jy kan my maar inreken, het alreeds vir Norton gevra om my te in te tel in die stigtingsgroep. Groetnis- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Skolla »

Louis102 wrote: Enige roofdierjagter wat sou belangstel om aan hierdie vereniging te behoort, kan gerus met my, Francois of Raven kontak.  Daar word eersdaags 'n stigtings vergadering vir hierdie nuwe organisasie beplan,
Louis,Francois,Raven.
Reken my in en laat weet wat volgende gebeur.
Skolla
Bosvark

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Bosvark »

Louis, FM ,Raven

Ek wil ook graag deel wees van die vereniging.

Rudi Klein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Francois Marais »

Welkom Rudi

Het jou n PM gestuur.

Ek het ook al met n paar manne gepraat wat nie op die forum is nie, daar is n BAIE positiewe reaksie, en baie belangstelling. Het die manne aangehits om by die forum betrokke te raak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Namib »

Hi Louis,FM,Raven

Ek sal ook graag deel wil wees.

Groete
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

Dankie vir al die positiewe reaksie sov?r.  As ek so oor die duim moet skat kan ons seker in die omgewing van 15 man bymekaar kry om mee af te skop?  Ek glo dit is genoeg lede om 'n "drukgroep" te vorm wat ons gemeenskaplike belange by sowel die produsente wat skade a.g.v. roofdiere ly en op regerings vlak, aan te spreek.

Ongelukkig kom daar tesame met die voordele van so 'n organisasie, ook sekere onkostes.  Ons sal onsself sowel as ons beginsels moet bemark ten einde relefant te wees en ernstig opgeneem te word.  Dit kos ongelukkig geld.  Ek dink bv. aan 'n boekie/pamflet wat ondermeer die volgende kan bevat:
  • Ons Professionele/Etiese Gedragskode
  • Minimum standaarde waaraan "Geserifiseerde Jagters" van ons vereniging moet voldoen t.o.v.:
    -  Teoretiese Opleiding (kursusse)
    -  Ondervinding
    -  Bekwaamheid (bv. skietvermoe? toetsing)
    -  Uitrusting (bv. skietstoel, teleskoop, "dimmer" skakelaar ens.)
  • Die gevare van verkeerde roepmetodes en wanpraktyke
  • Etiek van ons jagmetodes
  • Feite oor die koste van roofdierskade t.o.v. ons ekonomie
Voorts sal ons seker graag sertifikate/identifikasie wil laat druk vir die jagters wat aan aan die daargestelde norme van ons organisasiue voldoen.

Laat daar dus geen illusie wees nie, ons sal hard moet werk en sekere fondse moet genereer ten einde iets daadwerkliks te bereik.  Ons kan myns insiens nie wag totdat die regering onder aansporing van aktiviste met 'n oormatige "groen" agenda, ons industrie vir ons re?l nie.  Die tyd is ryp om uit eie geledere die leiding te neem.

So dink ek.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Francois Marais »

Louis

Dankie vir die voorvat mater, ek is maar n ou vir die DONKIE werk, daai heel voor werk sal ek maar vi jou en oom Frikkie los, julle moet net skree wa ek moet help.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Raven »

Manne,
As dit kom by die boekie en sertifikate kom, sal ek dit reel. My vrou kan daai afdeling hanteer vir ons.Ek sal net die bewoording moet kry(sy het klaar ja ges?  ;) )

Ek dink al die punte wat jy hier noem Louis, kan ons in die boekie sit.
In terme van geld: Wat daarvan as elke lid wat wil aansluit 'n "members fee" van N$300.00 betaal.
Dit word dan gebruik om uitgawes van boekies en sertifikate te hanteer.

Ek glo Daan sal ons kan help op 'n later stadium met NAMIBIESE GolfShirts met Logo op.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Raven »

Louis,
E-Mail die "Jaracal Logo" na my persoonlike e-mail adres asb.

Dankie Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

Raven wrote: ....In terme van geld: Wat daarvan as elke lid wat wil aansluit 'n "members fee" van N$300.00 betaal....
Norton, jy's reg.  'n Ledegeldjie sal seker 'n manier wees om ietsie te in.  Ons moet egter wyer as dit dink, in my opinie.  Hier's mos 'n paar wakker besigheidsmanne in ons geledere, ons kan mos op verskeie maniere ietsie in samel, of hoe?  Daar is 'n hele paar opsies waaraan ek kan dink, maar laat ons met voorstelle na die eerste vergadering toe kom.  Dinge kan dalk nog lekker raak!

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Ambessa »

Hallo Louis102 / almal in duitswes
Louis102 wrote:...laat ons met voorstelle na die eerste vergadering toe kom.  Dinge kan dalk nog lekker raak!
...mooi met die inisiatief, maar julle moet nie heeltemal afstig of wegraak nie.

More (23 Jun 2010) is daar 'n groot voorlegging in Pretoria. Hou duim vas. Ons moet die bok se kop deur die gat kry.

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Louis102 »

Ambessa wrote: ...maar julle moet nie heeltemal afstig of wegraak nie...
Nee wat, Oom Ambessa, hierdie sal ons (Namibiese Organisasie) se tuiste wees as dit van my afhang.  Inteendeel, ek voorsien dat daar meer van ons (Namibiese) jakjagters hier sal aansluit na afloop van so 'n stigting.  (Dis nou as ons drome en mooi woorde in aksie omgesit kan word.)  Tussen die blaaie van hierdie forum l? te veel ondervinding, kennis, tyd, wyshede, goeie vriende, ens. opgesluit om dit ooit 'n koue skouer te gee.

Ons sal julle voorlegging (m?re, die 23ste) met arends o? dophou.  Ek kan raai, maar is nie vertroud met die trant van wat voorgel? gaan word nie.  Met Ambessa aan die spits van sake kan ons hierdie keer seker positiewe aksie i.p.v. die normale gepraat wat op niks uitloop, verwag?  Glo die Oom sal ons op hoogte hou?

Groete
Louis

Ns. Ek stuur vir die Oom 'n Myl 108 DVD saam met Tafjak af, hoop hy kan dit by Oom uitkry.  Kyk maar na die inhoud en besluit dan of daar vir ons (jakkalsjagters) hoop is, soms wonder ek of ons ernstig opgeneem kan word ;) ;D
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by namhunt »

Louis, FM, Raven

Ek stel ook belang, laat weet maar wat, wanneer en hoe

Groete
Daan
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Raven »

Daan,
Jy is lankal deel, jy weet dit net nie  ;)

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ambessa

Re: Namibiese Probleem-Roofdierjagters Vereninging

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:
Ambessa wrote:...maar julle moet nie heeltemal afstig of wegraak nie...
...hierdie sal ons (Namibiese Organisasie) se tuiste wees as dit van my afhang... ...sal ons op hoogte hou?... ......Myl 108 DVD saam met Tafjak af... ...na die inhoud en besluit dan of daar vir ons (jakkalsjagters) hoop is, soms wonder ek of ons ernstig opgeneem kan word
Bly om dit te hoor. Sal julle spoedig meer inlig oor vandag (23 Jun) se afloop. Myns insiens was dit goed maar 'n mo...e wa om aan die gang te kry.

Julle word wel na waarde geag maar lyk my die probleem is wanneer ouens hoor hulle moet betaal vir so 'n diens?

Reken die nimlike sal darem so 'n halwe enetjie se prys kan ingooi in die kietie... ;)

Ambessa
Last edited by Ambessa on Wed Jun 23, 2010 9:04 pm, edited 1 time in total.
Post Reply