Page 1 of 1
Vark jag
Posted: Sun Jul 04, 2010 8:51 pm
by Robert
Naand al die mense
Ek het die naweek 'n nuwe ding beleef. VARKE jag. Nie die vlak of bos - tipe nie ,maar die mak tipe wat wild geraak het en 'n verpesting geraak het.
Die varke loop in digte Persopis bosse en die rivierloop. So 'n jag bestaan uit rivierbedding loop en bekruip, digte doringbosse kruip en voorle( soos die hinderlaag tipe).
My arms en lyf is maar deur getrek en vol skrape en blou kolle, maar dit was die moeite werd.

Ons het 15 otte geskiet. 2 grootes en die res speen size.
Die werk is dan nog nie klaar nie want die otte moet eers uit gesleep raak en dan oop gemaak word. Glo my as die manne flut met jakkies sal daar 'n groot gekots wees met die pens uithaal slag. Die varke se binne goed stink behoorlik.
Die varke is geslag en in die vrieskas en volgende week trek ons op na die noorde vir bietjie vleis.
Robert
Re: Vark jag
Posted: Sun Jul 04, 2010 9:11 pm
by Monrique (SJ)
Robert
Lyk my julle kerels was omtrent besig. Klink na lekker sports.
Waar het julle die varke geskiet?
Groetnis
SJ
Re: Vark jag
Posted: Sun Jul 04, 2010 9:21 pm
by Robert
SJ
man, dit is groot pret. Meeste word n die hardloop geskiet in die sand lope. Dit is soos kleiduif skiet grondlangs met koeel geweer.
Ons het die span tussen Loeriesfontein en Kakamas geskiet.
Robert
Re: Vark jag
Posted: Sun Jul 04, 2010 9:58 pm
by Christo
Robert
Mooi gedaan man.
Ek pes nou al lank die ouens daar on Riebeeck Kasteel vir so 'n jag. Daar is groot varke maar nie so volop nie. Hulle rig glo groot skade aan in die koring en wingerd, maar tot nou is dit net baie praat en min niks doen.
Christo
Re: Vark jag
Posted: Sun Jul 04, 2010 11:11 pm
by Theo E
looks like you had lots of fun !
Re: Vark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 8:03 am
by Freek
Maggies, hier sien ek 'n ding wat ek dog net in Amerika 'n probleem is. Nou begin dit al hier by ons ook...
Re: Vark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 11:21 am
by frinam
Robert, geluk met die varke, klink na "sports". Sien ook die "mouter" wat jul gebruik is klas man!!

, glo nie 'n Landie sou soveel "varke" kon "handle nie, sorry Papa Brits, so 'n houtjie na jou kant toe

. Robert jul moet probeer om die varke gat eerste(boontoe) te hang, op die manier bloei hul beter uit en die pensreuke raak nie so gou erg nie. Ander manne met meer ondervinding kan dalk ander planne gee maar dit is maar my 2c soos boeta FM altyd se. Mooi week-Frinam
Re: Vark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 6:21 pm
by Robert
Frinam
Die varke het eers hakke bo gehang. Ons het die varke gewas en die bekken oop gesaag en so kop hoog gehang vir die water om af te loop.
Jy sal verbaas wees hoeveel vlooie en klein bosluisies die otte op het. Ons het omtrent die jollie juk gehad voor ons ons self met doom bespuit het.
Sy vleisies smaak sommer voorentoe.

Re: Vark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 7:43 pm
by Rooies
Robert
Toe ek nog in die kaap was het ons altyd naweke die selfde soort varke gaan jag daar in Hopefield en Bergrivierstasie se area op die koring plase wat teen die bergrivier l?.
My oom het vertel dat die varke afkomstig is van die remotes wat na aan die rivier gebly het en dan as die rivier afkom neem hy die varke saam en daar in hopefield en vellerif maak dit sulke vleie waar hulle uitspoel en het hulle toe wild geraak en leef in die vleie en van koring en aartapels.
Meeste van die wat ons geskiet het was swart, maar dan het almal gesoek na die Bantam (soos die van julle) wat die troefee van die nag was.
Ons het hulle dan afgeslag soos jy skaap slag en selfs my Pa wat n vleis inspekteur was kon nie glo dat dit vark was nie.
rooies
Re: Vark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 8:13 pm
by Robert
Ons het die velle af geslag. Om dooi hare te krap en skraap is nie 'n mens se werk nie.
Re: Vark jag
Posted: Tue Jul 06, 2010 10:50 am
by Ambessa
Hallo Robert
Robert wrote:...sal verbaas wees hoeveel vlooie en klein bosluisies die otte op het... ...Sy vleisies smaak sommer voorentoe.
...verneem net, dit is mos seker opregte "free range" vleisies...
Ambessa