Page 1 of 1
Vlakvark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 9:20 pm
by JvB
Hello almal
Ek wil net my twee vlakvarke wys wat ek laasjaar gejag het. Ek het hierdie twee varke met een skoot geskiet. Dit was nou nie my bedoeling gewees nie, want die twee het langs mekaar gestaan waar ek die agterste een wou skiet, maar net toe die skoot afgaan het die ander een in die skoot inbeweeg.

Re: Vlakvark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 9:24 pm
by Jagtersdok
baie netjies
Re: Vlakvark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 9:42 pm
by Monrique (SJ)
Dis mooi man

, met wat het jy geskiet?
Groetnis
SJ
Re: Vlakvark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 9:53 pm
by Robert
JvB
Baie nice varkies. Lekker op die spit as jy baaaaaaie geduld en 'n groot cooler box het.
Robert
Re: Vlakvark jag
Posted: Mon Jul 05, 2010 10:04 pm
by Francois Marais
JvB
Kyk hoe trots is pa se seun op pa se prestasie, sulke dinge kom ma voor in die jagveld.
Mooi loop
Francois
Re: Vlakvark jag
Posted: Tue Jul 06, 2010 7:52 am
by JvB
Jagtersdok,
Dankie, dit is die eerste vir my gewees.
SJ,
Ek het die varke met 'n 308 geskiet met 165gr rhino punt. Ek hou die 308 vas en my seun die 375H&H.
Robert,
Ek het nog nie 'n vlakvark op die spit gesit nie, maar die twee se vleis is gebruik om wors mee te maak.
Francois M,
My seun geniet dit baie in die veld. As ons gaan jag gaan hy saam. Ons begin hom al te leer skiet met die windbuks en .22 geweer. As hy ouer is gaan ons hom vat om sy eerste vlakvark te skiet.
Groete,
JvB