Page 1 of 1

Manne met hulle speelgoed

Posted: Wed Jul 07, 2010 7:22 pm
by jaracal
Dit wil vir my voorkom of boogskiet dieselfde byt as jakkals jag het. Ek kon die drang nie weerstaan nie en het vir my 'n Hoyt Maxxis 35 aangeskaf.
Kan nie wag om die boog Saterdag te gaan haal nie. Altyd 'n moeilike keuse oor watter boog gekoop moet word.
Sal bietjie 'n verslag oor hom of is dit nou haar soos by gewere skryf nadat ek bietjie geskiet het.
Hoe sal ons se^ hou die snare styf
Groete
Heinrich

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Wed Jul 07, 2010 10:45 pm
by Felix
Ja nee oom Hein, ek stem. Sit en beplan ook al my volgende boog, maar ek dink dis nog ver in die toekoms.

Sal graag die Maxxis 31 of die Bowtech destroyer 350 wil he! Ek weet Gerhard sal die Bowtech aan beveel.  ;)

Ek het in Augustus n afspraak met die ou vaal bees hier onder. Hopelik loop ek hom raak.

Image

Image

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Tue Nov 02, 2010 8:51 pm
by molopohunter
Boog skiet is soos n ongeneesbare virus, mens kan hom nooit weg kry nie maar net beheer.

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Mon Feb 21, 2011 11:54 am
by Steyn
Oom Hein dis Corney Steyn van Douglas. Ons het al n paar keer oor die foon gepraat en by n mannekamp op brandford ontmoed. Ek weet die meeste boogjagters hou gewoonlik by hulle ou jag plekke. Ons is 90% in die buitelandse mark maar ek jag al 5jaar boog en behartig nou die boogjag afdeling. As oom miskien belangstel of weet van manne wat sal belangstel sal ek pryse deurgee. Ons het n lodge en ook een wat ons die bookings voor doen en gebuik vir doubble bookings. Is ook besig met die beplanning van n boskamp. Indien van belangstelling sal ek fotos van hides en verblyf stuur. Hier is 32 spesies op ons grond.n Groot verskeidendheid om van te kies. Groete Steyn

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Mon Feb 21, 2011 3:46 pm
by Johan04
Steyn

Ek sal graag jul pryse wil he. Ek het vir jou 'n PM gestuur.

Johan

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Tue Feb 22, 2011 1:08 pm
by theedge
Boog kan n man leke byt (in meer as een manier)  :angel: :angel: ;D ;D

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Tue Apr 26, 2011 8:46 am
by DUTOITF
Het ook vir my 'n Hoyt Maxxis 35 gekoop ( Alles R8950.00 gekos)

Skiet wonderlik en baie tevrede, gaan 27 April 2011 Njala en Waterbok bulle soek.

Hoe gaan dit met joue. Kan ek die bokke op 60lb skiet of moet ek maar 70lb toe gaan?

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Tue Apr 26, 2011 1:23 pm
by jaracal
Jou pyl moet ongeveer 500gr totale gewig wees met ongeveer 235ft/sek volgens die SABA vereiste om te voldoen vir waterbok. My Maxxis doen nou 253ft/sek met 'n 515gr pyl @63#, so 60# behoort te werk indien jy 500gr pyle gebruik.
Laat weet hoe die jag gegaan het.
Ek wag vir 'n bietjie kouer weer, het 'n afspraak met 'n Eland op W&S.
Groete
Heinrich

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Tue Apr 26, 2011 1:42 pm
by Francois Marais
DUTOITF

Skiet jy mechanical of fixed blade b/heads???? Soos Hein gevra het, wat weeg jou volledige jagpyl??

Gewoonlik met vandag se boe, as jy 450 gr pyl skiet met so 65-66# treksterkte, dan is jy gewax, maak nie saak of jy mechnical punte skiet nie....

My 2c.....

Mooi loop
Francois

Re: Manne met hulle speelgoed

Posted: Tue May 03, 2011 8:14 am
by DUTOITF
Francois / Jaracal

Het toe die naweek .n groot vlakvark en 28 duim waterbok bul gekry.
Albei geskiet met pyl van 450 en 354 g. Gebruik nie mechanicals nie). Boog op 62lb gestel.
In die geval van die vlakvark op 28meter is die pyl regduer die var, gelukkig tuseen albei kante se ribbes deur.
Die wtaer ok was op 24 meter en resultate was dieselfde as met die van die vark.

Ek beoog om my gewig van die pyl na 500 op te stook. Broadhead te verhoog van 100gr na 120gr en swaarder pyl te bekom. Wil ook die boog op stel na 67lb dan behoort ek die slugs te verhoog.