My eerste bow kill (die rooibok) was taamlik onbevredigend want ek het die betekenis van "string jump" op die duur manier geleer. Dit het baie lang spoorsny gekos en toe ons die bok kry was hy op sy laaste en moes ek net sy keel afsny.

My tweede poging was baie meer suksesvol want 4 kudu bulle het vir my tong uit gesteek en ek kon dit nie toelaat nie (het myself belowe niks duurder as n rooibok). Die een wat ek geskiet het was nie die grootste een nie, maar het die beste skoot gelewer. (43" - 15m)

n Paar minute later laat val my broer die rooibok ram en ons was 7h al oppad terug huis toe.

Laastens het ek hierdie duiker op 30m geskiet by n hide wat ek onlangs op ons plaas gebou het.

Gaan nou in Augustus weer gaan soek na iets met die boog.

