Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het so paar jaar gelede hierdie mooi Eland Bul met my .308 geskiet. Dit was in die Natalse Grakensberge naby Underberg gewees. Hy het 404kg uitgeslag. Ek het nog 2 ander bulle ook op dieselfde dag geskiet. Een van hulle was ook groot, en die ander jonger. Ek sal dit nooit weer doen nie. Ek en my boetie, en n ou skoolvriend het ons byna simpel gewerk. Ons het eers laat middag nog hulp gekry.
Hier hang hy met sy binnegoed reeds uit. My boetie het 3 dae voor myne, ook een op dieselfde plaas geskiet wat 463kg uitgeslag het. Sy horings was maar kort, maar sy nek het soos Mike Tyson s'n gelyk.
Hy het 36" horings gehad met n lekker skrop borsel tussen die o?. Ek het die eerste bul amper te hoog geskiet tussen die o?, agv die lang hare van sy skropborsel
Last edited by Piet Breedt on Thu Jul 08, 2010 10:05 pm, edited 1 time in total.