Page 1 of 2
Mooi Koedoe bul
Posted: Wed Jan 02, 2013 8:13 pm
by Carl
Ek het in die Desember vakansie van die jeep af gejag met my Canon 7D met 300mm lens

. Ek kry toe die bul en hy draf 'n klein entjie voor hy agter 'n bos vassteek en weg kruipertjie speel. Hy't so tussen deur en onder deur vir my geloer, niks verder as 50m. Sy moet het hom begewe en hy stap toe vinnig weg en vir 'n paar sekondes is hy oop. Die Skepper van al die mooi gee my toe die skoot, amper teveel geweer gehad, dink sy voete is afgesny
[img width=560 height=373]
https://lh3.googleusercontent.com/-IMjJ ... Koedoe.JPG[/img]
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Wed Jan 02, 2013 8:29 pm
by VdWalt
Sjoe dis nou n mooi bok.
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Wed Jan 02, 2013 8:34 pm
by Jakkalsgat
Regtig mooi foto van 'n mooi bok
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Wed Jan 02, 2013 8:38 pm
by PWV
Jy weet Carl, dit het al 'n paar keer met my gebeur dat ek so 'n dier deur die teleskoop bekyk en die kruishare suig op die regte plek vas en dan begewe my moed my en kan ek nie die pragtige dier skiet nie.
Baie mooi foto van die koedoe! Dit kan verseker die voorblad van 'n jagtydskrif haal!
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 6:55 am
by DWB
Magtig Carl!
Dis darem 'n mooi foto daai!
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 7:18 am
by Gerhard
Briljante foto!!!
En n baie mooi kudu bul daarby...

Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 7:58 am
by Jakkalsgat
Carl
Nou waar is jou toets foto nou van daai eland? Ek het dit reg gekry om skoot plasing op hom te verf.
Groete
Jaco
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:03 am
by Carl
Dankie manne.
Jaco

jammer man, jy was te vinnig op die sneller. Ek het getoets of Picasa ook 'n foto kan plaas soos "Foto-emmer". Ek het gevind die self oplaai maak die leêr grote te klein en veroorsaak gereeld probleme. Picasa kan ek darem nou beter fotos oplaai.
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:09 am
by Jakkalsgat
Carl
Nou verduidelik vir ons ook bietjie hoe werk die picasa ding. Ek moet se ek het gisteraand 1ste keer met Photobucket in Google chrome gewerk en is dit nou vir jou 'n plesier want jy kan lekker drag en drop en laai die fotos baie vinniger so.
Groete
Jaco
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:20 am
by Carl
Dit werk dieselfde, jy kan ook sleep en "drop"

en dan wanneer jy hier opsit volg mens die Photobucket aanwysings.
Gaan na die foto. Regs is 'n opsie "Link to this Photo". Klik daarop, tik die blokkie wat sê "Image only no link". Kies die grote. Kopie die "Embed Image Code". In 'n boodskap blok hier op die forum klik op die insert image blokkie, plak dan die kode tussen hakkies.
[img width=560 height=411]
https://lh5.googleusercontent.com/-zoo2 ... ikat03.JPG[/img]
[img width=560 height=364]
https://lh6.googleusercontent.com/-PDNf ... ooikat.jpg[/img]
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:28 am
by Jakkalsgat
Carl
Dankie, gaan probeer. Hierdie is net sulke mooi fotos, baie geduld nodig om sulke fotos te neem.
Groete
Jaco
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:37 am
by Frederik
Prag foto met prag koedoe 54-55"
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 8:45 am
by ROBBIE1
Werklik n prag dier!! Party keer lekker om met die kamera te skiet ook, het ook oor kersfees lekker op n vriend se wildsplaas gaan kuier en self nie eers n wapen saam gevat as ons gaan ry nie, en staan alles toe vir ons en glimlag, so mooi!!!
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 9:04 am
by kopskoot
Frederik wrote:
Prag foto met prag koedoe 54-55"
Frederik, ek dink daai outjie is n raps oor 55" dalk al by die 58's rond
Carl
Baie mooi foto's, ek dink ek gaan dalk ook mooi foto's op daai plaas van julle neem. As ek natuurlik mag!
Ek kom net gewoonlik nader aan die bokkies vir my foto's

Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 9:29 am
by Wouter Roets
Ronnie
Los maar die skatwerk vir die beroepsjagters!

Kan nou sien hoekom jy so konstand begelei moet word in die jagveld!
Groetnis
Wout
Ps. Carl pragtige foto's en werklik n mooi koedoe bul. Dit is ook nie elke dag dat n mens n vangs van n rooikat kan vasle nie.
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 10:32 am
by kopskoot
Wouter Roets wrote:
Ronnie
Los maar die skatwerk vir die beroepsjagters!

Kan nou sien hoekom jy so konstand begelei moet word in die jagveld!
Wout
Ek probeer ook maar net so slim soos jy klink!
Ek sal vir jou die tape afneem as hy lê
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 10:40 am
by Jakkalsgat
Lyk my hy is toe nie weer reg nie, daai is 54"
Groete
Jaco
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 11:33 am
by kopskoot
Jaco, die is 54
[im[img width=358 height=480]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... oto4-2.jpg[/img]g][/img]
Daai een se punte maak oop bo en wys buitentoe
Ek dink 58 is dalk te veel, maar verseker 57"
Dis my storie, en ek staan daarby

Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 11:57 am
by Wouter Roets
Ronnie
Kyk na die diepte van die eerste bul teeoor hierdie een wat jy geplaas het. Onthou toe jy nog probeer uitvind het waar n bra los maak toe doen ek al die werk!

Is jy nog op die strand besig met skatwerk of is jy al in die land van beskaafdes? Voorspoed my maat en mag dit n mooi een wees die jaar. Dalk kry ons darem n kans om bietjie n broodjie die jaar in die jagveld te breek.
Groetnis
Wout
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 1:03 pm
by Beer (Christo)
Wouter Roets wrote:
Ronnie
Onthou toe jy nog probeer uitvind het waar n bra los maak toe doen ek al die werk!
LMGA
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 1:42 pm
by JAGTERSREG-JRM
Carl,
Dit is baie netjiese fotos daai.Het jy die rooikat ook op die plaas afgeneem?
Groete
Kobus
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 2:30 pm
by Carl
Kobus, dankie. Nee die rooikat was in Pilanesberg.
Die bul is nog nie op die spyskaart, amper soos daai meisies op die strand - "kyk maar jy vat nie!" Ek reken daar is net 1 op die plaas wat sy klas is, die ander is kleiner en 1 met nouer diep draaie wat dalk RW is. Ek sal gemaklik wees as daar 3-4 sulkes op 800ha is voor ek laat afhaal (dis nie my roep nie).
Hierdie bul is 'n trek bok wat ons toegespan het. Dit is bokke wat baie bakkies, gewere en skote beleef het. Hy is nou 5 jaar toegespan, sy nageslag kom goed aan, hier is werklik baie jong bulle waarvan baie sy gene het. Fantasties om te sien hoe hulle weer mak word vir voertuie...
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 03, 2013 2:41 pm
by JAGTERSREG-JRM
Carl,
Ek kou maar moeilik aan horings jong en deesdae is koedoe maar n duur hobby.So geprt van jag weet jy dalk van eland koeie te jag?
Groetnis
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 31, 2013 9:38 am
by Advantage M
Baie goeie foto's daar Carl !
Re: Mooi Koedoe bul
Posted: Thu Jan 31, 2013 10:04 am
by Chevvy SS
Kopskoot, het jy nie daai maatband al uitgerek nie?