Page 1 of 1
lekker Namibia jag
Posted: Sun Jul 18, 2010 5:53 pm
by Robert
Ek het die voorreg gehad om die afgelope week in die noorde te jag naby Otjiwarongo.
Die gemsbok en kudu geskiet met die 375H&H . lekker gekuier en die plaas eienaar en sy gesin gasvry soos min.
Robert
Re: lekker Namibia jag
Posted: Sun Jul 18, 2010 8:00 pm
by Jagtersdok
lekker man Robert
S? my bietjie net, hoe het daai Gemsbok gestaan?
Re: lekker Namibia jag
Posted: Sun Jul 18, 2010 8:01 pm
by Monrique (SJ)
Mooi gegooi Robert. Vertel bietjie meer, punte gebruik, gewig uitgeslag,ens. Geniet die steaks en biltong. Groetnis SJ
Re: lekker Namibia jag
Posted: Mon Jul 19, 2010 8:17 pm
by Robert
j\dok
Gemsbokkie het so 220m gestaan by die rand van die swarthaak bos en so kwart-aan gestaan. ek het haar hoog reg agter die blad gevat.
Jy sal sien die punt is bietjie ver agter uit, Sy het so 100m gehol voor die petrol opgeraak het. Die lewer geraak en die nier en dikaar in die binnekant gesny. Die nier was gepulp.
SJ
Ek het 250gr Spartan punt gebruik met 71,2gr S355 op sy gat @2700vt\sek.
Bietjie teleur gestel in die punts se werk vermoe. As jy nie groot bene slaan nie klink die punt nie om nie en loop die punt los deur die bok. dit maak net klein gaatjie in en uit. Maak min bloed en spoor is moeilik om spoor te volg.
Die Kudu het ek teen skemer reg agter die oor geskiet op 135m . Die kdu het soos verwag net daar neer geval, geen vleis skade.
Die Gemsbok en Kudu het tafel vleis geraak en maar 'n bietjie biltong gemaak.
Ek het 'n vlakvark vir die werker op die plaas geskiet. Ek het haar op die blad geskiet op 'n afstand van so 110m Die blaaie is verwoes met 'n groot gat (soos 'n vuis) op die uitgang kant. Die ot het net daar neergeslaan. Vleis skade nogal erg.
Die Gemsbok het 78kg uit geslag en die Kudu 125kg.
Die steaks gaan voorentoe smaak.
Robert
Re: lekker Namibia jag
Posted: Mon Jul 19, 2010 9:22 pm
by Jagtersdok
Robert
Dankie vir die terugvoer. Ja nee, ek het gedink daai gemsie moes bietjie awquard gestaan het. Die feit van die saak ou maat is dat jy die bok huis toe gebring het en dit is al wat tel