Page 1 of 1
Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 7:20 am
by KSV
Hierdie ou het ek die naweek in die Kalahari naby Van Zylsrus raakgeloop.
Hulle het my nogal laat stap nadat ek hulle gesien het. Kon nie 'n skoot op die ander een inkry nie.
O ja! Sy regter oog is weg, lyk of iets hom gesteek het.
Groete
Hein
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 7:57 am
by Rooies
Hein
So jy het hom van sy blindside af bekruip? lol
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 9:40 am
by KSV
Rooies.
Ek was nogal op sy linkerkant toe hy voor die spoorsnyer uitspring.
Kon hom darem 'n mooi hartskoot innie hol gooi.

Sy hart was so 'n pappery en hy het nog steeds so 30 meter gehol.
Hein
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 11:28 am
by Monrique (SJ)
Hein mooi gelooi daar. Dis n netjiese vark daai. Groetnis SJ
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 11:35 am
by JACQUES BOTHA
Hein.
n opmerking van n slim man oor 'projektiele' 'punte' 'koele' , as jy hulle wil toets skiet hom in n vark in...
n vark kan nogal die punch vat...Nou nie dat ek al 100de geskiet het nie, maar darem al gesien hoe hy weghol en stukkies ivoor moes optel..en gesien val het..
Maa hulle is nogal taai vir hulle size ' groote' of hoe..
Groete
jb
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 1:04 pm
by Rooies
KSV
Nou verwar jy my met die TAALKWESSIE. Is die vark deur die hol tot in die hart geskiet, of het jy hom in die hardloop in die hart geskiet.
Dit moes seker erge pyn so in die hol veroorsaak het.'lol'
rooies
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 3:53 pm
by KSV
Rooies,
So innie weghardloop deur die hart. Nie 'n Vrystaat kopskoot nie
Hein
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Wed Jul 21, 2010 4:03 pm
by KSV
JB,
Ja die varke kan nogal 'n hou of ses vat. Ek het hom met 'n bonded (Capstan) 150gr op die ribbes voor die pens ingeskiet en die ko?l voor in die regter blad gekry.
Sal bietjie fotos opsit van die Capstan's wat ek al herwin het. Hulle doen nogal nie sleg nie, net jammer die man het of wil die besigheid verkoop. Pryse was ook heel aanvaarbaar.
Moet se ek is nogal vrede met die GS HV ook, sal ook foto plaas.
Hein
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Fri Sep 17, 2010 7:05 pm
by iceman1982
Ek dink daai vark het gestop om sy pacemaker te check , toe pos jy hom.
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Fri Sep 17, 2010 7:10 pm
by KSV
Iceman,
Innie hol deur sy natuurlike pacemaker. He he
Lekker naweek vir almal? Wat julle ookal aanpak maak mooi!
Kalahari Groete
Hein
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Thu Oct 14, 2010 1:30 pm
by Stefan764
Mooi Hein!
Ok nie aldag lat n man n vark ini Kalahari raakry nie.
Groete Stefan
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Thu Oct 14, 2010 1:33 pm
by KSV
Stefan,
Nou van waar sal Mnr nou wees?
Kalahari groete
Hein
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Thu Oct 14, 2010 2:04 pm
by WillemS
Hein
Ek sien jy het hom met 'n capstan geskiet! Die man het sy besigheid verkoop en gelukkig ken ek die man wat dit gekoop het. Ek weet hy is besig om sy dinge agtermekaar te kry om weer in produksie te kom. Hy het laas week vir my 'n paar(50) gemaak vir my 243 wat ek nog moet toets.
Wees net geduldig!
Willem
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Thu Oct 14, 2010 2:26 pm
by KSV
Willem,
Ken hom nou nie, maar klaar met hom in verbinding getree.
Sal hulle weer gebruik en is tans besig met lading onwikkeling met capstans vir my 375.
Hein
Re: Varkie in die Kalahari
Posted: Thu Oct 14, 2010 6:19 pm
by Robert
Hein
Vertel my bietjie van die Capstan punte. Ken hulle glad nie. Kry mens hulle in .308 en .375? en watter gewigte?
Robert