Page 1 of 1

Nam jag, Maltehohe

Posted: Wed Jul 21, 2010 2:42 pm
by rudi
2006 Nam Jag tussen Mariental en Maltehohe
Regtig van die mooiste wild wat ons al saam op een plaas geskiet het!
Image
Springbokke se grootte teen 4x4 bakkie
Image
Eerste Gemsbok
Image
Kyk hoe vet is die gemsbok!
Image
Springbokke almal tussen 29 en 34kg uitgeslag!
Image
Kudu - 174kg uitgeslag, eerste skoot in die horingĀ  :o(darm in die hardloop), tweede skoot agter die oor- op die plek geval!
Image
Baie trotse jagters! :D :D :D

Re: Nam jag, Maltehohe

Posted: Mon Jul 26, 2010 12:45 pm
by Francois Marais
Rudi

Mooi groot Springbokke daai, hoop jy het ons wereld geniet, en kan maar weer so maak.

Mooi loop
Francois

Re: Nam jag, Maltehohe

Posted: Mon Jul 26, 2010 12:57 pm
by Raven
Rudi,
Is daar 'n rede hoekom daai koedoe in die agtergrond so afgeslag word?? Maak julle a shoulder mount miskien.
Al die koedoe koppe l? hiervoor, vra maar net....
Raven

Re: Nam jag, Maltehohe

Posted: Sat Jul 31, 2010 7:28 pm
by Tiny
Raven

Ek het ook dadelik die koedoe gesien wat so snaaks afgeslag word terwyl sy kop al hier voor le..
Vertel ons bietjie meer daaroor Rudi. En so gepraat van die koedoe, dis 'n baie mooi koedoe daai, maar die ouens van daai wereld, soos oom FM dink seker dis 'n normale koedoe. ;) As jy in ons wereld 'n bul skiet wat swaarder as 150kg weeg kan jy maar trots voel.

Groete
Tiny

Re: Nam jag, Maltehohe

Posted: Fri Aug 06, 2010 12:41 pm
by rudi
Jag was seker een van die lekkerstes waarop ek nog was! Het jul wereld geniet, trou darm een van die dae met `n vroutjie van die wereld, so die jagte sal nie ophou nie!

Kudu is afgeslag vir Shoulder-mount, vel is net opgerol onder die kop.
Trofee hang reeds op die plaas, in Otjivarongo laat opstop (baie beter pryse daar gekry!) ;D ;D

Groete