Page 1 of 1

My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Wed Jul 21, 2010 7:34 pm
by JvB
Ek wil net my grootste vlakvark en rooibok wys wat ek laasweek geskiet het in Musina. Ek het met 'n 308 geskiet en 165gr barnex triple shock punte gebruik.

Die vlakvark het 44kg uit geslag en die rooibok 36kg.


Image


Image


Image


JvB

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Wed Jul 21, 2010 9:59 pm
by Robert
Mooi gegooi. Die vark het baie mooi skoffels. Het jy hulle gemeet? Hulle sal mooi insette maak vir n persoonlike mes. Jy moet hoor, hier is n paar meester mesmaakers op die forum.  Robert

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Wed Jul 21, 2010 10:28 pm
by Monrique (SJ)
Netjie gelooi. Maak n inlet op jou geweerkolf met n stuk van die tand. Groetnis SJ

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Thu Jul 22, 2010 7:07 am
by KSV
JvB,

As my vark sulke tanne gehad het sou ek hulle nie vir die plaas eienaar gegee het nie. ;D  Sy wil vir haar 'n eet stel maak van al die tanne wat sy nou al geskiet het.  Moet se dis nogal 'n paar ysters wat sy bymekaar gemaak het.

Netjies hoor!

Kalahari Groete
Hein

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Thu Jul 22, 2010 8:03 am
by JvB
Ek het ongelukkig nie die tande gemeet nie, maar sal my broer vra want dit is by sy skoonpa. Hy gaan die tande gebruik om 'n blou bul hoed mee te maak.

Ek sal dit in gedagte hou as ek weer sulke groot tande kry om dit te gebruik om 'n mes van te maak.

Ek het die tande gevat. Daardie eetstel gaan mooi lyk.


JvB 

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Thu Jul 22, 2010 8:14 am
by Geno
Hoe kan jy so mooi groot vark so verneder  :-[ deur sy tanne op 'n blou kalf hoed te plak? :o :o :o
Ek het beter van jou verwag ;)

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Thu Jul 22, 2010 8:57 am
by JvB
Geno wrote: Hoe kan jy so mooi groot vark so verneder  :-[ deur sy tanne op 'n blou kalf hoed te plak? :o :o :o
Ek het beter van jou verwag ;)

Hei, ek is 'n groot blou bul ondersteuner. ;D Ag nee wat die vark voel nie so nie, want ons gaan die tande gebruik om die ander mee te gavel. :)

JvB

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Mon Jul 26, 2010 12:42 pm
by Francois Marais
JvB

Mooi Varkie en Rooibok, geluk man, dankie vir die deel.

Mooi loop
Francois

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Fri Feb 25, 2011 3:18 pm
by Frederik
Love daardie varkie !!

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Fri Feb 25, 2011 3:33 pm
by BLOK
Bittere mooi wielneus, mooi gegooi

Blok

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Sat Feb 26, 2011 12:54 am
by theedge
Baie netjies

Re: My grootste vlakvark en rooibok

Posted: Mon Feb 28, 2011 11:30 am
by JvB
Goeie dag,

Ek kan nou se dat daardie vark nie meer die grootste een is nie, ek het laasjaar 'n vark geskiet wat vyftig kilogram (hoekom ek weet van die gewig is boer vra per kg) uit geslag het en die tande is min of meer dieselfde grootte. Ek het ongelukkig nie 'n foto geneem nie.


JvB