Page 1 of 1
My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 12:33 pm
by Ponkie
Hallo Almal

Ek kom uit die karoo en ken net koedoes en springbokke. Dit was vir my 'n belewenis en ervaring om hierdie mooi bok te skiet. Ons het hom gejag deur te walk and stalk. Ek het 'n 270 met 150gr Sierra gebruik en die bok op 165m geskiet.
Groete
Ponkie
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 12:36 pm
by Freek
Wel gedaan Ponkie, mooi bosbok ram daai.Jy mag jouself maar op die skouer klop.

Waar het julle gejag waar dit nog so mooi groen is?
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 12:38 pm
by Geno
Baie mooi Ponkie. Lyk soos Oos-Kaap iewers?
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 12:40 pm
by JOHANNIC
Ponkie
baie mooi,waar is jou giftige 308?
groete johan
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 12:43 pm
by Ponkie
Oom Freek en Geno
Dis by 'n vriend van my wat daar in die duine boer in die Riversdal/Stilbaai distrik. Dis regtig 'n bosbok paradys! Daar was die vorige week in een middag 17 ramme getel, waarvan slegs 2 geskiet geword het. Die Oom is baie heilig op sy bokke! Haha! Ek is net bly ek het sy rug afgeskiet, want julle sal kan sien hoe hoog die skoot op sy knoppe sit. Ek het gehoor hy is 'n knorrige kerel as hy gekwes is.
Oom Johan, ek moes teen my wil, my vriend se 270 vat, want die staat vat 'n ewigheid met my lisensie!
Ponkie
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 12:48 pm
by JOHANNIC
Ponkie
Ek ry ook more Riverdal se kant toe my skoonmense bly daar,ek gaan juis om springbokke te skiet,ek weet ook daar loop n paar mooi bosbokke rond maar soos jy se dis mos heilige goed daardie dalk mag ek een piets sal foto opsit
groete
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 1:44 pm
by Ponkie
Oom Johan
Dit sal darem lekker wees! Ja ek wag vir Oom se foto!
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 3:01 pm
by Theo E
mooi Ponkie
waat het hy gemeet 15?
Theo
Re: My eerste Bosbokram
Posted: Thu Jul 22, 2010 3:58 pm
by Ponkie
Theo
Ons het nog nie gemeet nie, maar die bok het baie reguit horings, daar is nie 'n vreeslike diep draai in nie,so ek mik meer vir 12 na 13 duim. Die boer van die plaas se hulle het nog nie baie geskiet van 15 en meer nie. Daardie lengte kom blykbaar meer in die Oos-Kaap voor.
Groete