Karoo Vaalbees

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Karoo Vaalbees

Post by Ponkie »

Hallo Almal
Image
Ons het hierdie bul in die Rietbron distrik geskiet. Ek en Tiny het in die Soutrivier 'n Oom gaan help skiet en toe kom die meneer daar uit. Let op na die Bul se besonderse kort horings in vergelyking met sy lyf. Ek kan die presiese gewig probeer uitvind, maar ek dink dit was karkas in die vel so in die lyn van 170-180kg.

Ns. Tiny, die bul hardloop seker nou nog oor jou as jy slaap... ;D Toemaar, ek weet hoe dit voel!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Karoo Vaalbees

Post by Freek »

Mooi bul daai. Kan ek my adres aanstuur vir biltong asb. tog?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Karoo Vaalbees

Post by Ponkie »

Oom Freek

Is daar dan nie vaalbeeste in Oom se wereld nie? Nee hierdie bul het seker net wors en mince geraak. Die ou bulle is mos maar taai. Maar hier is nog 'n storie, agter die storie rakende hierdie Saterdag se jag! ;D

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Karoo Vaalbees

Post by Freek »

Ponkie ja daar is, maar biltong kan ek nooit genoeg van kry nie. Dit wat ons geskiet het die jaar is reguit wors, steaks en maalvleis toe...

Net 'n ander punt van order Ponkie, soos Taffie my destyds vinnig reg gehelp het. Ek is nie met jou tannie getroud nie so ek kan nie jou OOM wees nie. Plus, my jare is nog v?r daarvan om as 'n OOM of 'n MNR geklasifiseer te word. Plus, ek is nog lank nie bles of grys nie, my hare groei nog almal sterk. So met alle eerlike respek noem my maar net Freek, dit klink mos net stukke beter op die oor ;)

Hou ons op hoogte met foto's ens van die komende Saterdag se jag - dit klink opwindend.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Karoo Vaalbees

Post by Ponkie »

Freek

Dit is alles reg! Dis dan darem beter om eers Oom te se as om van die begin af met die naam weg te val! Ja die dag toe hierdie bul geskiet was, het hy eers aan Tiny se kant van die bos uitgebreek. Ek sit toe tussen die twee slote en hoor net daar word oorlog gemaak hier langs my! Ekt tot op die radio geroepen gevra of die mannetjie hulp nodig het...! ;D Wel die bul het toe die vlak gevat en die boer van die plaas het hom platgeskiet!

My pa het 'n 1989 hilux reg gemaak, maar nog tralies gekort vir die trok, wel daardie dag het die Oom vir ons 'n stel tralies persent gegee vir ons moeite. As ek my somme reg maak is dit min of meer seker so R3000 werd, en dit net omdat ons vir die liefde van die saak hom gaan help jag het!

Hier is 'n foto van die trok...
Image
Image

Mooi loop
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Karoo Vaalbees

Post by Freek »

Ponkie, daai bakkie is voorwaar pragtig reg gemaak - lyk soos 'n nuwe.  :o Toyota het het 'n enjin gebou wat nie einde het nie en dit is daai 2.4D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Karoo Vaalbees

Post by Ponkie »

Freek

Ja dit het 'n rukkie gevat, maar nou is die ouman baie heilig op die trok. Ek mag hom nie Stellenbosch toe bring nie, te bang die trok word gesteel!
Die bakkie was eintlik om 'n tweede plaastrok te wees, maar nou is die bakkie so mooi ons voel te jammer vir hom.

Ponkie 
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
RIEMPIES
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am

Re: Karoo Vaalbees

Post by RIEMPIES »

Wat is die man se naam wat die horings vashou ek hat al sy gesig gesien iewers op n plaas?

Dankie Oom Riempies
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Karoo Vaalbees

Post by Ponkie »

Oom Riempies

Die PH wat mooi tussen die horings sit se naam is Wheelee! ;D Mens sal dit seker spel soos "Willie" maar ek hoor hulle spreek dit nie so uit nie. Daardie PH skiet self met 'n ou asbek 303 as daar gejag word.

Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Karoo Vaalbees

Post by Tiny »

ou Ponkie..

Kom laat kleinboet vandag net 1 ding vir jou leer..
ELKE OUTJIE MAAK SY FOUTJIE!.!
Nes jy dieselfde dag 'n foutjie oorgekom het op Vleikuil, wat ek moes regstel.. Haha Anders het hy nou nog gehardloop..

Gaan jy die lang naweek plaas toe kom?

Groete
Tiny
Post Reply