Page 1 of 1
Pa se trots!!
Posted: Sat Jul 24, 2010 6:04 pm
by Nico de Jager
Re: Pa se trots!!
Posted: Sat Jul 24, 2010 6:06 pm
by Wismit
WOW- baie geluk, julle kan gerus trots wees. Hoop dis die eerste van menigte !!!
Re: Pa se trots!!
Posted: Sat Jul 24, 2010 7:01 pm
by Louis102
Ribbok & Seun
Lyk my die mannetjie is reg om kleiner/moeiliker teikens soos jakkalse aan te durf!
Mooi daar.
Louis
Re: Pa se trots!!
Posted: Sat Jul 24, 2010 9:18 pm
by Piet Breedt
Geluk ou seun.
Maar dit is darm n mooi swart bosbok ram daai
Re: Pa se trots!!
Posted: Sun Jul 25, 2010 3:46 pm
by AndreW
Ja Nico hy loop al klaar in oupa en pa se voetspore.Laat hom volgende keer n wit tip skiet en los daai jong
ramme.
AndreW
Re: Pa se trots!!
Posted: Sun Jul 25, 2010 6:51 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Dankie, dis n baie spesiale dag as jou seuntjie sy eerste bok skiet. My eerste bok; ook n bosbok en ook 6 jaar oud, onthou ek na 30 jaar soos gister.
Jy sal sien Andre, voor jy jou oe uitvee is jy ook daar. (Hy kan volgende keer probeer vir wit punte, hierdie keer het dit oor die beste kans gegaan.)
Groete
Re: Pa se trots!!
Posted: Sun Jul 25, 2010 8:09 pm
by bobby
ribbok
what load and rifle was used .
thanks bobby
Re: Pa se trots!!
Posted: Sun Jul 25, 2010 9:05 pm
by Nico de Jager
Hello Bobby
Dit is n Anschutz 22 Hornet met 10.7 gr 265 en n 45 gr Hornady punt gee 2540 vps.
Groete
Re: Pa se trots!!
Posted: Mon Jul 26, 2010 12:40 am
by Francois Marais
Ribbok
Se die mannetjie baie geluk man, my laaitie het sy eerste Steenbokkie op so amper 5 jaar oud geskiet, vandag is hy al 19 jaar oud en het al n paar honderd Springbokke en seker so n 200 grootwild geskiet, pas hierdie memories mooi op, die mannetjies word heeltemal te vinnig groot.
Mooi loop
Francois
Re: Pa se trots!!
Posted: Mon Jul 26, 2010 1:02 pm
by Ponkie
Ribbok en seun
Ek het twee weke terug op die ouderdom van 19 my eerste bosbokram geskiet. Ek was die oggend toe ons veld toe gaan net so opgewonde soos met my eerste springbok toe ek 7 jaar oud was! Dis waarlik 'n mooi ram en hy kan trots wees! Veral die feit dat sy Pa langs hom gesit het maak dit net soveel meer spesiaal!
Groete
Ponkie
Re: Pa se trots!!
Posted: Mon Jul 26, 2010 8:13 pm
by Francois Marais
Ribbok
Vertel bietjie watse doppe jy gebruik, ek kry nie meer as 10.5gr in n Sako dop nie.
Mooi loop
Francois
Re: Pa se trots!!
Posted: Mon Jul 26, 2010 8:41 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Francios, ek gebruik Winchester doppe, die lading kan miskien bietjie "compressed" wees maar ek kry geen druk probleme nie. Nadat ek die dryfmiddel ingegooi het tik ek die doppie so paar keer op my herlaaibank sodat alles net hulle le mooi kan kry.
Dankie Ponkie vir jou mooi woorde, jy het daai bok nie ver van my af geskiet nie.
Groete
Re: Pa se trots!!
Posted: Sat Aug 07, 2010 1:16 pm
by Ooploop
Jis
Mooi bok Noe!!!! Pa kan voorwaar trots wees op jou!!!
Grte
Ooploop
Re: Pa se trots!!
Posted: Sat Aug 07, 2010 10:58 pm
by Nico de Jager
Welkom hier op die Forum
Ons moet darem ook probeer ons bydrae maak vir OTA
Groete vir daai klein mannetjie, voor jy jou oe uitvee is sy foto ook hier!
Re: Pa se trots!!
Posted: Sun Aug 08, 2010 10:11 pm
by theedge
Ai dit is mooi seker een van die leker dinge in die lewe. Om 'n Bosbok ram te skiet en 2 om die eerste saam jou kink te deel. Pa en seun bie netjies en geluk. Pa net so ietsie klein wat ek geleer het met bosbok as jy fotos neem probeer nie om die bok se horings vashou nie. As n ou die bok agter die kop vat vertoon die horings mooi en maak dit n baie mooi foto. Die is n baie mooi ram ek verwys veral na sy kleur.