Page 1 of 1

My kind se eerste "cull".

Posted: Sat Jan 26, 2013 7:55 pm
by G-force
Manne my dogtertjie wat nou 11jr oud is het vandag n bok geskiet.Haar eerste bok.Ek wou he dat die eerste bok n walk and stalk moet wees maar dit sal nog kom.My swaer wil n swart ram tussen se ooie insit en dus skiet ons stadig die gewone ramme uit.
Ons het die bok op so 80m met my.17hmr geskiet.Hy is met een skoot plat.Die skoot was effens laag,moes n kop skoot gewees het van die kant af maar sy het laag geskiet en sy nek en die slagaar raak geskiet.Die ram het so 80-90m gehol toe slat hy neer.Pa was baie bly want toe die skoot "doep" se en ek weet sy het kop skoot geskiet en daar hol die bok,het ek gedink hier is nou moeilikheid.Maar ja die skoot het gewerk en die bok is vinnig dood.Die kaliber is klein ek weet maar sy skiet baie raak met hom en is gemaklik met die roer.Dis nou daai geweer se 11de rooibok.
Ek hoop om nog baie bokke te skiet saam haar,culling en gewone jag.
[img width=560 height=372]http://i677.photobucket.com/albums/vv14 ... e0cebb.jpg[/img]

Re: My kind se eerste "cull".

Posted: Sat Jan 26, 2013 8:44 pm
by henried
Te lekker Ge, baie geluk.

Re: My kind se eerste "cull".

Posted: Sat Jan 26, 2013 8:57 pm
by KalahariKlong
Wat 'n voorreg. Baie geluk, jy kan maar daai bors uitstoot.
Baie geluk aan die jong jagtertjie, mooi geskiet meisiekind.

Groete
KK

Re: My kind se eerste "cull".

Posted: Sun Jan 27, 2013 7:50 am
by Spanner
Baie geluk.  Sy sal meer selfvertroue kry en volgende keer dalk meer kalmeer, rustig wees en seker maak van daai breinskoot, dan is dit kookwater ! Baie nice om die jong dametjies te sien wat ook geniet wat ons geniet !

Re: My kind se eerste "cull".

Posted: Sun Jan 27, 2013 7:53 am
by Jacquesb
Geluk aan pa en dogter.

Re: My kind se eerste "cull".

Posted: Sun Jan 27, 2013 8:00 am
by Frederik
Mooi gedoen !

Re: My kind se eerste "cull".

Posted: Sun Jan 27, 2013 10:10 am
by kopskoot
Mooi man. Geluk aan pa en dogter.

Pasop nou net vir Geno. Hy raak sommer verlief op girls wat kan skiet ;D