Page 1 of 1

Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 1:14 pm
by NICO
Die Bosvark is iewers naby Swellendam geskiet. Ek het die man vir sy gewig gevra maar niemand kan dit vir my gee nie.

Image

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 1:25 pm
by Geno
Daai is 'n wild boar, nie 'n bosvark nie.
'n Wide angle lens en 'n jagter wat 'n entjie agter die vark sit kan hom ook baie groot laat lyk.
Is die nie dieselfde ou nie? Kyk die badge op die bakkie, lyk nie local nie.
Dis ook 'n left hand drive Tata bakkie.
Image
En nog 'n foto
Image

Groete,
Eugene

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 1:49 pm
by NICO
Jy het n punt daar beet. Kom ek vind meer uit dan kyk ons wat die man dan se.

Nico

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 1:52 pm
by LoveHenties
Nog steeds nie 'n varkie wat ek sonder die regte "gereedskap" sal wil raakloop nie.

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 2:23 pm
by Ambessa
Hallo almal

Hier is die ou varkie.

Ambessa

http://forum.gon.com/showthread.php?t=248212

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 2:30 pm
by Geno
Oom Am jou yster!
http://www.naturetours.com.tr/galery_eng.html
So dis 'n Turkse outfit...

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 2:41 pm
by hagar
Ek wou net se dit lyk nie na Amerikaners nie, die manne lyk soos Russe. Maar so n varkie sal ek enige plek skiet, ek sal nie diskrimineer nie!

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 2:43 pm
by Geno
Ek self ly aan vark koors, kannie 'n ot uitlos nie. Waar's die beste plek om hom te skiet?
So na as moontlik aan 'n pad!

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 3:17 pm
by hagar
Hierdie is n Elk wat ek in Arizona geskiet het, meer as n kilo van die naaste pad af. Dit was n moerske klomp werk, ons moes pad bou en hom teen n boom optrek en in stukke sny.

Verskoon maar die klein ou springbokkie, dit was my vrou se eerste bok wat sy in SA geskiet het.

Image
Image

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 3:38 pm
by Theo E
got the email on those pigs last year if my memory seves me correct it was in one of the eastern block countrys like hagar said i also agree with geno about a trick pic

 

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 3:40 pm
by Geno
Daai elk is baie nice Hagar! Is hulle bokke regtig so pieperig (maklik om dood te skiet) soos hulle se?
My fallow deer het baie maklik getiep, longskoot met die 308 op 220m morsdood neergeslaan.
Groete,
Eugene

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Wed Jul 28, 2010 4:02 pm
by hagar
Nee, daai elk het moeilik gevrek. Ek het hom in die hardloop geskiet met n 338 en 250 Sierras, eerste skoot bietjie te ver agter die blad, tweede skoot kan ek nie presies onthou nie, derde skoot dwars van agter en toe val hy. Toe ek by hom kom, lewe hy nog en moes hom met die Glock 20 skiet. Die Sierras het perfek gewerk, netjiese wond kanaal regdeur die bok, laaste een seker deur 1.5 meter van bok, linker agterblad in en regs voor uit. Die paar takbokke wat ek geskiet het, een het 100 tree gehardloop met n hartskoot van n 30/06 en 150 grein generiese softpoints, en 2 het net n tree of so gegee met my 22/250 en 64 grein Winchester power points.

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Fri Jul 30, 2010 6:46 pm
by iceman1982
Nee wat. Ek weet van slim fotos om hom groter te laat lyk. Ja , hulle het dit probeer, maar dit neem niks weg van hierdie vark se grote nie.
Daar is net een plek waar jy hom skiet, en dit is in sy mo3r.....

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Sat Aug 07, 2010 11:02 pm
by Nico de Jager
Daai vark is nie naby swellendam geskiet nie
Groete

Re: Die is n baie groot Bosvark

Posted: Sun Aug 08, 2010 10:00 pm
by theedge
Ai ek kan nie anders Die is 'n bos vark (vark uit die bos).  Moes terg.  Ek weet die cave pig raak hel groot n pel van my het een met sy boog geskiet nie so groot soos die vark nie.  Ek weet egter hulle kan groot raak.  Pasop hulle stink baie