Page 1 of 1
Afoor Bosbok
Posted: Wed Aug 04, 2010 11:15 pm
by Foxcreek
Manne
Ek het vroe?r vanmiddag hierdie bosbok platgetrek. Dit lyk my altwee sy ore se punte het "frostbite" opgedoen. Die een oor het nog 'n dro? punt gehad, maar het afgeval toe ek daaraan raak. Dit het tussen die radysse geval en verlore geraak.
Van bo af.
Van voor af
En so lyk die oor waarvan die punt afgeval het toe ek aan dit raak.
Foxcreek.
Re: Afoor Bosbok
Posted: Thu Aug 05, 2010 12:49 pm
by Gerhard
Baie interesant.
Re: Afoor Bosbok
Posted: Sun Aug 08, 2010 9:43 pm
by theedge
Gerhard wrote:
Baie interesant.
Stem het al n paar bosbokke geskiet en dit nog nooit gesien nie wonder wat die oorsaak is hoop iemand het antwoord
Re: Afoor Bosbok
Posted: Tue Aug 24, 2010 9:26 am
by Beyers
Bosluise?
Re: Afoor Bosbok
Posted: Tue Aug 24, 2010 11:58 am
by Geno
Ek het al swartwitpense en bastergemsbokke gesien wat so lyk agv "frostbite".
Groete,
Eugene
Re: Afoor Bosbok
Posted: Tue Aug 24, 2010 12:07 pm
by Francois Marais
Hi
Ek dink ook dis die koue, het hier by ons al Kudu koeie (oud) gesien met ore wat merkbaar kleiner is, ook agv "frostbite"
Mooi loop
Francois
Re: Afoor Bosbok
Posted: Fri Oct 15, 2010 10:21 am
by Stefan764
Dink julle manne dis makliker om so n dier te jag met "halwe ore"?
Fox, baie mooi bok! Ek neem niks van jou jag weg deur my (dom?) vraag nie, maar ek sit nou en wonder daaroor... Veral n koedoe, dis sy grootste verdedegingsmeganisme teen die jagter en as die helfte daarvan weg is moet dit hom mos meer kwesbaar maak?? Of hoe?
Hoop jy het hom gestop. Dit lekker om sulke unieke mounts teen n man se muur te he...
Groete
Stefan
Re: Afoor Bosbok
Posted: Fri Oct 15, 2010 3:09 pm
by Cois
Manne
Daai lyk vir my na n merkery wat skeef geloop het
Cois
Re: Afoor Bosbok
Posted: Fri Oct 15, 2010 5:13 pm
by Foxcreek
Cois
Wil jy nie kom help vang dat ons nog 'n paar ekstra kan merk nie! Ons kan ook sommer weeg en GDT's uitwerk!!!!!!!!!
Foxcreek.
Re: Afoor Bosbok
Posted: Fri Oct 15, 2010 6:04 pm
by Cois
Foxie
Moontlik maar ek weet nie hoe maklik nie, ma ek is altyd game mater!!!! Se net wanneer.
Ganit nog goed aan jou kant van die wereld, met die engelsman en die knaap?
Cois