Page 1 of 2

Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 12:10 pm
by Scholla27
More Manne

Ek het die slang so maand terug geskiet op ons plaas in Thabazimbi. Tydens die skoot het hy nie so groot gelyk nie maar toe ek hom uiteindelik kry toe kom ek agter dit is n meneer. Ek het hom nie gemeet nie maar ek skat hy was net so oor die 3meter lank gewees.

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 12:19 pm
by Gideon@1
Liewe ouers!!!

Dit is 'n meneer van 'n slang.

Wonder net hou oud daai een was?

Groete

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 12:50 pm
by Gerhard
Eish, dis n bul daai

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 12:52 pm
by FHM
NEE MAN !!!!!!!!

Eiiissshhhh - ek en daai footloose goeters is nie maatjies nie!

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 12:53 pm
by VdWalt
Ek hoop daai wolk het reen gebring as ek so vir daai gras kyk!!

Ek hoop nie ek sien ooit so mamba nie.

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:10 pm
by kopskoot
Waar is jou plaas. Ek wil NOOIT daar jag nie!!

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:13 pm
by Wildjagter
Dis n MASJIEN!!!! :o

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:18 pm
by Scholla27
Daai foto is eindlik nie die regte weergawe van hoe die veld lyk. Heel toevallig op die plek waar dit die droogste is en die gras die minste groei. Ek dink elke plaas het maar hul meneer slange, mens hoop net mens kom nooit op hul af nie.

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:19 pm
by vlakvark1
As ek op so slang in die veld afkom as ek jag dan hardloop ek vinniger weg as die dier wat ek wou skiet ;D ;D ;D ;D ;D

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:22 pm
by FHM
vlakvark1 wrote:As ek op so slang in die veld afkom as ek jag dan hardloop ek vinniger weg as die dier wat ek wou skiet ;D ;D ;D ;D ;D
VV1 hoop jy is n hardloop kondissie...daai swart 'footloose' seil teen n spoed en ek het al van gevalle gehoor waar hulle mens jaag ook! Ek vrek 100 dode as so ding voor my opstaan in die veld - ek dink ek sal net daar vrek, nee...ek weet ek sal!

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:49 pm
by Jaco B
Definitief die langste mamba wat ek nog gesien het, maar soos julle almal vermoed/weet is die SWART slange mos maar altyd groter as die Europese slange. :P

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:53 pm
by FHM
Jaco B wrote:Definitief die langste mamba wat ek nog gesien het, maar soos julle almal vermoed/weet is die SWART slange mos maar altyd groter as die Europese slange. :P

Izit? Twyfel...hier is drie-poot :P manne op die forum

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:54 pm
by bouts
Eks bly jyt in hom vasgeloop en ek nie.

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 1:58 pm
by mr rey
Scholla27

Dis n oupa van n slang daai!

Was dit n long skoot of n hart skoot?

PS- gaan jy nie jouself voorstel aan al die wonderlike mense op die forum nie?

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:09 pm
by Scholla27
Al wat ek weet is dat dit gelukkig raak was.

Askies ek het nou net uitgevind hoe die voorstel ding werk. Sal dit gaan doen.

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:10 pm
by mr rey
netjies!

skote wat raak is werk gewoonlik beter as skote wat mis is :-)

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:14 pm
by Jaco B
Hehe, toemaar jy is nie die eerste ou wat al daai foutjie gemaak het nie, en sal definitief nie die laaste wees nie.

Die Polisie is op jou............ :police:

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:28 pm
by PWV
Scholla27

Wat vra julle vir die jag van slange by julle? Wat beskou julle as 'n trofee-lengte? Watter kaliber laat julle toe vir slange-jag? ;) ;)

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:29 pm
by mr rey
hehe, moes net so biki gas gee!

darem ken ek vir Scholla27, was die kamera man vir die photo...

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:37 pm
by FHM
JacoB / Mr Rey

aangesien julle twee manne redelik vars is hier op die werf wil ek net ter inligting noem dat dit nie n forum reel is dat nuwe lede hulle moet voorstel nie. Ons raai dit maar net aan sodat ons darem so ietsie meer weet van die nuwe lid as net sy forum-naam en dat hy van jag hou ;) Dis maar net ter inligting vir die toekoms.

Bly om te sien julle het nou ook begin 'settle' hier saam ons :)

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:39 pm
by Scholla27
Dit is die eerste een wat daar geskiet is of wat op rekord is. Die ander het nie oorleef om die storie te vertel nie ;) . Ek dink enige slang wat langer as jy is of wat se lyf dukker as jou voorarm is klasifiseer as trofee. In terme van kaliber sal dit seker maar die naaste ding aan jou wees waarmee jy jouself kan verdedig :D

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 2:44 pm
by FHM
Scholla27 wrote:Dit is die eerste een wat daar geskiet is of wat op rekord is. Die ander het nie oorleef om die storie te vertel nie ;) . Ek dink enige slang wat langer as jy is of wat se lyf dukker as jou voorarm is klasifiseer as trofee. In terme van kaliber sal dit seker maar die naaste ding aan jou wees waarmee jy jouself kan verdedig :D
N goeie vereiste om ook by jou advertensie te plaas is JY MOET GROOT GHOENS HE!!! ;)

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 3:13 pm
by Jaco B
FHM


Ja dit is nie 'n reel nie, en ons grap maar net so bietjie....... :-[

Ek weet nou hoekom ek so min post en net lees. (Bang vir onnodige pak-slae :-X )
Lyk my as iemand "redelik vars is hier op die werf" moet ons net stilbly wanneer dit by hierdie ongeskryfde reels kom of hoe, al maak ons 'n ou grappie. Lyk my die ongeskryfde reels is slegs vir die Senior/Hero Lede om te beoefen, al word dit ligtelik/grappenderwys bedoel.

Lyk my 'n stil bek bly maar 'n heel bek. :-X
Ek geniet die forum baie en leer ook baie...Sal maar aanhou lees.

PS.Wonder of MISSKIET ook gedink het dat dit net 'n voorstel was om jouself voor te stel...Gerhard (Hero Member)het dit IMO so laat klink dat dit amper 'n moet is.

Jaco

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 3:40 pm
by Marc
Dis 'n reus daai :o :o :o
FHM wrote:
Jaco B wrote:Definitief die langste mamba wat ek nog gesien het, maar soos julle almal vermoed/weet is die SWART slange mos maar altyd groter as die Europese slange. :P

Izit? Twyfel...hier is drie-poot :P manne op die forum
As daai Drie poot jou vat gaan jy skubbe kou >:D

Re: Swart mamba

Posted: Wed Mar 06, 2013 4:06 pm
by FHM
Jaco B wrote:FHM


Ja dit is nie 'n reel nie, en ons grap maar net so bietjie....... :-[

Ek weet nou hoekom ek so min post en net lees. (Bang vir onnodige pak-slae :-X )
Lyk my as iemand "redelik vars is hier op die werf" moet ons net stilbly wanneer dit by hierdie ongeskryfde reels kom of hoe, al maak ons 'n ou grappie. Lyk my die ongeskryfde reels is slegs vir die Senior/Hero Lede om te beoefen, al word dit ligtelik/grappenderwys bedoel.

Lyk my 'n stil bek bly maar 'n heel bek. :-X
Ek geniet die forum baie en leer ook baie...Sal maar aanhou lees.

PS.Wonder of MISSKIET ook gedink het dat dit net 'n voorstel was om jouself voor te stel...Gerhard (Hero Member)het dit IMO so laat klink dat dit amper 'n moet is.

Jaco

Jy verstaan my seker verkeerd Jaco ;) - ek het al self gebrand by die mods omdat ek vir nuwe lede gese het om hulle te gaan voorstel, wou maar net keer dat julle nie dieselfde skil as ek raaktrap nie - dit was my bedoelling - niks anders ;) Gooi los maat!