Page 1 of 1
Onangename verassing
Posted: Tue Mar 26, 2013 4:59 pm
by cassie_calvinia
ek skiet, stel hokke, stel ysters.
nou het ek die jakkalse redelik in beheer, nou kom neuk die *&^*&se katte weer.
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/photo0001.jpg
http://i1086.photobucket.com/albums/j459/Cassiecalvinia/photo0003.jpg
Re: Onangename verassing
Posted: Tue Mar 26, 2013 5:16 pm
by Reggie Gerber
Ag Sorry ou Cas
Sterkte met jou probleme
Mooiloop
Reggie
Re: Onangename verassing
Posted: Tue Mar 26, 2013 7:34 pm
by Gerhard
Kap hulle Cassie
Re: Onangename verassing
Posted: Tue Mar 26, 2013 9:17 pm
by ruger
Gee hulle gas Cassie,probeer Jason se Tossels3 so 7min dan 10 min stilte dan Vlakhaas bg.Dit behoort die ding te doen.
Sterkte Ruger
Re: Onangename verassing
Posted: Tue Mar 26, 2013 9:21 pm
by wlm
Troos jou daaraan Cassie met die huidige vleispryse is die skade darem minder.
Re: Onangename verassing
Posted: Tue Mar 26, 2013 10:29 pm
by theedge
Cassie maak nou met die katte soos jy met die jakkies gemaak het sterkte maat
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 12:40 am
by 2vierniks
Dit is vlekkie.
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 12:41 am
by 2vierniks
Moenie verkeerde man die skuld gee nie.
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 7:52 am
by cassie_calvinia
boud en blad uitgevreet, nie die pens?
hoe kom jy by vlekkie uit?
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 8:55 am
by Blackie Swart
Stem saam met jou Cassie.Daai is kat se kind se werk.Sterkte .Looi die katte en gooi daar n foto of 2 op.
Groete
Blackie
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 11:21 am
by cassie_calvinia
het hom gekry blackie. was 2 gewees
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 2:14 pm
by 2vierniks
'n Kat sal nie sommer sulke klein lammertjies vang nie. Wel ek was mos nie daar nie en as hy honger is sal hulle seker vreet wat hul wil.
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 3:30 pm
by cassie_calvinia
2vierniks wrote:'n Kat sal nie sommer sulke klein lammertjies vang nie. Wel ek was mos nie daar nie en as hy honger is sal hulle seker vreet wat hul wil.
natuurlik vang 'n kat klein lammers!
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 4:16 pm
by henning
Cassie, dit lyk vir my dat jy het sommer n paar security gaurds nodig om jou te help. So n paar van ons pensioners sal die ding kan doen.
groete
Henning
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 6:18 pm
by Blackie Swart
Lekker ou maat.Wys bietjie daai indringers wat gebeur as jy krap waar dit nie juk nie.Altyd lekker as man die kwaad doeners kry.Was seker nog jong katte want ek merk op dat daar nie gepoog was om die karkas te versteek nie.
Groete
Blackie
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 6:22 pm
by Cobus(Cobb)
Cassie, jou post was oorspronklik Maart 2013.....jyt seker al daai boosdoeners gekry

???
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 6:41 pm
by Marc
Spuit hulle Cassie !
Re: Onangename verassing
Posted: Sat May 17, 2014 8:03 pm
by cassie_calvinia
ja dis lank terug! lam was onder bos ingesleep.