Op soek na 'n eerste bok
Posted: Tue Apr 02, 2013 6:47 pm
Ek het bietjie tyd gehad om oor die 2 die lang naweke te gaan soek vir ’n jong rooibok ram. Die kinders moet biltong kry en die rekening moet oop vir die seisoen. Ek kon ook ’n varkie skiet vir die gras dek span. Ek het hoog en laag gesoek en net nooit ’n vark gekry wat ek kon skiet nie. Soms ’n sog gekry maar dan was die kleintjies nog maar baie klein, niks wat alleen geloop het nie en nooit ’n jong beer nie. Jong rooibok ramme was net so 'n skaars spesie. Ek het seker 30km gestap en baie wild gesien maar die regte ram het my ontglip. Ek het ’n skoot op sulke opgeskote 2011 lammers gehad, maar hulle lyfies is darem nog dun. Ek het enkel groot ramme gekry naby en vêr, maar het hulle vir die besoekers gelos.
So in die loop het ek weer so baie beleef wat loop en jag so lekker maak.
• Ek was 2 keer binne 50m van die elande wat rustig wei glad nie geweet ek is daar nie.
• Ek het jakkalse te voet geskiet. Jakkalse gesien loop tussen koedoes. Lekker om te sien koedoe ma duld hom nie naby haar nie.
• Koedoes gereeld gesien, wat ek in vorige jare nie gesien het nie. Ek het groot koedoe bulle mooi in die oopte gekry – die mooiste dier op 4 bene! Ten minste 3 kalfies wat in die laaste weke gebore is.
• Die blouwildebeeste was orals ek was soms so naby ek kon hulle met die selfoon afneem. Ek praat 10m anderkant die bos. Maar laat jy nou ’n bulletjie soek om te skiet...
• ‘n Familie nuuskierige swartkol muishonde, 2 Skops uile helder oordag.
• Maar die rooibokke, selfs die teel troppe met ooie was weg!
Maandagoggend van hierdie week het ek opgegee op die bokke die 30-06 tuis gelos en die 243 gevat op soek na jakkalse. Ek het nog nie my jagkoeels uitgesorteer op die 243 nie maar die NBT 95gr val presies waar ek mik. Ek begin stap deur vir die soveelste keer ’n draai te maak onder die hoogspannings lyne. Die oop gesnyde area bied altyd iets lewendigs wat erens wei en ek het al 2 keer hier jakkies gekry. Ek loer versigting in die Oostelike rigting af, die elande is nog op die koppie waar ek hulle gisteraand gelos het. En toe net so halfpad na die elande sien ek die kenmerkende gebuigde horings van rooibok ramme net bo die gras. Hulle was op 300m maar ek kon maklik nader deur in die bos nader te stap tot by die rivier en dan die dooi grond te gebruik om ’n lê posisie te kry.
Op pad na die manne dwarrel die wind lekker, maar terwyl ek in die bos is, kan ek niks sien nie. Ek kom by die rivier uit en stap 50m regs. Ek begin versigtig teen die wal uit te kruip, voetjie vir voetjie, eintlik knie vir knie. Net voor ek agter ’n gwarrie bos inskuif begin die manne blaas. Ek loer deur die takke en kan sien almal kyk in my rigting waarvan klein bietjies wind aan dwarrel met die jagters reuk. Van waar ek toe sit kon ek nie lê en skiet sleg sit. Ek verskuif na ’n effense hoër deel so 15m regs. Die knol moet ek deel met ’n paar aalwyne en ’n wag-‘n-bietjie wat weer begin uitloop. Ek skuif myself reg en gemaklik, die 2-poot moet ek maksimum lig om die loop mooi oor die gras te hou. Ek wig my linker arm onder die kolf in en probeer rustig raak. Daar is maar altyd so-effe klop in die hart as jy regmaak vir die skoot. Die bokkies blaas nog onrustig en kyk in my rigting maar niemand laat waai nie. Die sekondes tik verby terwyl ek die manne deur die 3-12x50 bekyk. Ek tel 2 jong ramme met bietjie beter lyf as die 2 klein knypkoppe en dan 3 groot ramme. Ek kon meestal net kop en nek bo die gras sien.
Ek besluit om die skoot te vat as als 100% reg is. Toe ek voel die kruishaar lê nou mooi stil is daar een ram wat stip na my kant toe kyk. Ek skuif die kruishaar dat hy middel tussen die oë gaan stilstaan - die pers puntjie skiet op zero op 100m, asem rustig ,druk saggies op die sneller. Toe die skoot loop hoor ek hy klap mooi en die bokke laat waai. Ek los hulle om te verdwyn en kyk vlugtig na die elande op die koppie, hulle staan nog net daar. Ek stap die 106 tree nader, die gesig van die bekende wit pens gee my die gerusteling niks het verkeerd gegaan nie. My 243 se 1ste bok, ek's 'n lekker trotse pa.
Die bokkie hang in die koelkamer tot die naweek, ek moet weer werk in Johannesburg en mis sommer klaar weer die bos.
https://lh4.googleusercontent.com/-ojki21bFKSs/UVrI4uro0BI/AAAAAAAAESs/qwvQbpoKaSI/s678/carl+rooibok.jpg
Lekker week vir julle manne.