Page 1 of 1

Graatjie se kameelperd

Posted: Sun Apr 14, 2013 1:33 pm
by Sarelss
My ander helfte het haar hart op n kameelperd gesit en na al die gewag het dit die naweek gerealiseer.

Die bul is nog jonk maar sy vel het baie mooi duidelike blokke. Hy het 582kg uitgeslag. Nou vir die lank wag op die flatskin en kopbeen.

Nou is mamma gelukkig en pappa se winter gaan nie te koud wees nie.........

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Sun Apr 14, 2013 2:07 pm
by Hugo
Vertel meer asb, skoot afstand, plasing, kaliber, patroon en en en asb!

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Sun Apr 14, 2013 2:46 pm
by Gerhard
Baie geluk!!!

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Sun Apr 14, 2013 2:51 pm
by Sarelss
Hi,
Jammer man, tyd.....was biki beperk

Afstand was so 60meter. FN 375, gelaai met rhino punte. Skoot soos op foto deur die nek, ongelukkig nie been gebreek of getref (moeilik om te glo. ) maar slagare afgeskiet. Bul het so 50 meter geloop voordat genoeg gebloei het.

Groetnis

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Sun Apr 14, 2013 6:15 pm
by mariusr
Mooi lanknek! Daai biltong gaan lekker wees met so jong bul! Geluk!

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Sun Apr 14, 2013 6:36 pm
by Marc
Baie geluk, dit is 'n mooi vel daai ;)

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Mon Apr 15, 2013 12:16 am
by theedge
Baie geluk

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Mon Apr 15, 2013 8:50 am
by Sarelss
Dankie almal,

JA, die bul is jonk en die vleis is baie mooi. Hy het ook 'n mooi vel waarvan ek baie hou. My vrou was baie opgewonde en kon nie wag om haar kameelperd te skiet nie. Sy het hom al verlede jaar geboek en die lank wag was die moeite werd gewees.

Al down side is dat daar nogal verdeelde opinies is oor kameelperd, met baie mense wat jou kwalik neem as jy n kameelperd skiet. Buiten dat 'n kameelperd gwoonlik redelik mak is, is daar volgens my geen verskil om hom te skiet of ander wild nie.

Groetnis
Ss

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Mon Apr 15, 2013 8:56 am
by Riaan Beeslaar
Baie geluk
Lekker lang rugstring biltonge daai

Groete
Riaan

Re: Graatjie se kameelperd

Posted: Mon Apr 15, 2013 8:58 am
by Smiley
Baie geluk aan jou vrou, baie mooi dier.