Page 1 of 1
2013 Afgeskop
Posted: Thu Apr 18, 2013 4:31 pm
by Heinf
Hi Manne
So het my 2013 jagseisoen afgeskop .
http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/DSC_1054.jpg
so n pragtige jong rooibokram wat besluit het om voor my scope verby te loop.
n intersante iets was hoe sy horings al begin verkleur het onder .
http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/DSC_1075.jpg
Dit was ook my Howa 30-06 se eerste bok en sy het mooi gepraat .
Het wel 1 ding geleer ... los die hornady SST punt in die bakkie as jy op kort afstand in bos gaan skiet .
Die bok was seker op so 60m en daai SST punt het so sleg opgebreek ek het baie vleis skade gehaad.
Raai maar gerus vir my aan watter punte beter sal werk en minder skade sal aanrig , ek sal hulle op die blesbokke in Harrismith gaan probeer in Mei.
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Thu Apr 18, 2013 4:40 pm
by Roger
Geluk en knap gedaan.
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Thu Apr 18, 2013 5:26 pm
by BRNO (Pierre)
Baie mooi bok. Jammer oor die vleisskade. Gebruik die SST vir papierskiet en jakkalse. Hulle gaan vir jou altyd vleisskade gee, en kan ook op n bok selfs so klein soos n blesbok jou in die steek laat. Ek gebruik Hornady Interbonds en Nosler Accubonds wat premium koeels is. Hulle behoort baie minder vleisskade te gee, en ook beter presteer op groter bokke. Natuurlik is daar baie ander premium koeels ook wat gebruik kan word. Die boonste twee voorbeelde is wat ekself gebruik.
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Thu Apr 18, 2013 5:31 pm
by GreyGhostGear
Lekker! Baie geluk..
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Thu Apr 18, 2013 5:36 pm
by Cobus(Cobb)
sommerso lekker vroeg....mooi man.
Ps, daai vergroeisel op die bokkie se neus/snoet...lyk baie soos 'n brak se kop...of hoe??
Cheers
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Thu Apr 18, 2013 6:31 pm
by Riaan Beeslaar
Baie geluk
Knap gedaan, ek gebruik ook Nosler accubonds met baie goeie resultate.
Groete
Riaan
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Thu Apr 18, 2013 9:59 pm
by Carl
Hein, mooi rooibok in goeie kondisie. Boonste aanbevelings plus Barnes tsx, GMX 150 of GSCustoms as jy monos wil laai.
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Fri Apr 19, 2013 5:14 am
by Heinf
Dankie vir die raad manne . Die bok was in uitstekende kondisie , en doodreg die vergroeisel is n Hond . Die boer het gevra of hy sy nuwe Jack russel (9 week oud) kan gebruik om spoor te sny om om op te ly. Maar daai klein ding het het sommer klaar geweet wat om te doen sonder om te leer.
Ek is baie gelukkig met hornady se gmx 80 grein punte in my .243 maar ek is opsoek na goeie fabrieks ammo vir my 30-06 vir nou .iets wat ek meeste plekke behoort te kan kry. Goeie all-round ammo wat ook nie te veel skade gaan veroorsaak nie.
Julle raad word waardeer .
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Fri Apr 19, 2013 6:23 am
by Herman Huyser
Hein, ek het ook die Howa 30.06 en gebruik Nosler BT 165gr vir papier en Nosler Accubond 165gr vir bokke. Al twee loop mooi in 'n Howa.
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Fri Apr 19, 2013 8:01 pm
by Marc
Aaitsa, lekker vroeg afgeskop, tyd kan maar bietjie begin aanstap

Re: 2013 Afgeskop
Posted: Fri Apr 19, 2013 9:10 pm
by PJS
Baie geluk Heinf. Jy is bevoorreg om so vroeg al ietsie te kry.
BRNO .06 (Pierre) wrote: Ek gebruik Hornady Interbonds en Nosler Accubonds wat premium koeels is.
Ek ook uit my 30-06. Paar groot Kudu bulle geskiet met daai interbonds. Ek is baie tevrede met hulle.
Mooiloop
PJ
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Fri Apr 19, 2013 9:21 pm
by theedge
Geluk maat - altyd lekker as jy jou beurt lekker kan open
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Fri Apr 19, 2013 9:35 pm
by Heinf
Dit was n voorreg , en die kuier saam die boer en my pelle was net so lekker.
Gaan verseker daai accubonds probeer . Maar nogal jammer dat ek weer moet begin soek na nuwe fabrieks ammo . Daai sst's het so mooi gegroep standaard uit die boks . 4 skote terwyl ek scope getoets het, kon ek amper met R5 toe maak
Re: 2013 Afgeskop
Posted: Sun Apr 21, 2013 10:48 am
by Stasoft
Geluk met die mooi bok.