Page 1 of 1

Swart Kruit Vlakvark

Posted: Fri Oct 01, 2010 9:23 am
by Benman
Ek laai graag die fotos op van my broer Riaan. Die was sy heel eerste jag met sy swart kruit geweer na maande se oefen op teikens. Ek was baie bly om die geleentheid te kon mee maak, dit was vir my 'n groot voorreg om hom te kon uitneem on sy eerste vark te skiet met die swart kruit geweer. Ek moet se, dit was nie uit 'n hide gedoen nie, dit was walk and stalk!!!! En sy skoot plasing was ongelooflik goed. Baie geluk boet!!
Image
Image

Re: Swart Kruit Vlakvark

Posted: Fri Oct 01, 2010 9:35 am
by Freek
Mooi Benman, baie geluk aan julle 2. Watse kaliber en maak is daai? Lyk vir my na 'n Lyman .50... ::)

Re: Swart Kruit Vlakvark

Posted: Fri Oct 01, 2010 2:23 pm
by Robert
Daai glimlagte vertel alles ;D ;D

Dit is 'n oomblik om te onthou.

Mooi gejag

Robert

Re: Swart Kruit Vlakvark

Posted: Fri Oct 01, 2010 2:50 pm
by Benman
Freek

Van die kaliber sal hy julle moet vertel, al wat ek weet is dat hy 'n man se wangbeen lekker stamp! Ek gaan hom vra om meer detail te gee vir julle.

Groete