Page 1 of 1
Pyl gewig
Posted: Sat May 18, 2013 12:47 pm
by Herman Venter
Hallo manne,
Hierdie is dalk 'n dom vraag wat ek wil vra maar nie te min, ek wil hoor hoe kan mens jou pyl gewig swaarder maak? Veronderstel ek skiet FMJ 340's met 'n 125gr punt wat kan ek doen om die pyl swaarder te maak behalwe die punt swaarder maak?
Of koop mens ander pyle?
Groete
Herman
Re: Pyl gewig
Posted: Sat May 18, 2013 12:48 pm
by Gerhard
Wat is jou pyl lengte en totale pyl gewig?
Re: Pyl gewig
Posted: Sat May 18, 2013 1:05 pm
by Herman Venter
Gerhard
My pyl lengte is 71cm en my pyl gewig tans is so 449gr.
Re: Pyl gewig
Posted: Sat May 18, 2013 1:11 pm
by Gerhard
Hoekom wil jy swaarder pyle skiet?
Re: Pyl gewig
Posted: Sat May 18, 2013 5:15 pm
by Herman Venter
Nee nee, ek wonder maar net wat is die opsies
Re: Pyl gewig
Posted: Sat May 18, 2013 8:49 pm
by SV MAD (Henk)
Se ons wat jy beplan dan kan ons jou raad gee
Re: Pyl gewig
Posted: Sat May 18, 2013 8:52 pm
by Gerhard
Herman,
Met 450gr pyle en n 70# boog met slick tricks 125gr skiet jy deur n eland bul op 20yards wat plank dwars staan...
Wat het jy meer nodig?
Re: Pyl gewig
Posted: Sun May 19, 2013 8:52 am
by Boogjagter
Herman, daar is paar maniere om pyle swaarder te maak. Mees algemeen is on whieght tube in te sit. Daar is plastiek hiedroliesepypies wat wat baie konstante gewig per lengte het wat mooi in die FMJ pyle pas wat die meeste gewig per lengte gaan by gee. Maar dis nie sommer net van gewig bysit nie; jy gaan nou jou FOC gewig en spine verander, wat moontlik gaan beteken dat jy paar brass gewiggies in die ageterkant van jou insert sal moet inskroef en moontlik jou BH swaarder moet maak om die pyl weer reg te laat vlieg. So, net om die regte pyl setup te kry gaan paar rand kos, want jy gaan moet paar pyle van verskillende lengtes en met verskillende BHs (en dalk fletches) moet bou en skiet.
Maar dis goed wat mens na kyk as jy buffels of Kameelperde wil gaan skiet en swaar genoeg ponde skiet om die gewenste momentum en kinetiese energie te kry. Jy kan bietjie van Dr. Ed Ashby se artikels gaan lees as jy oor "extreme FOC," swaar pyle en penetrasie op swaar bene will leer.