Page 1 of 1
Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sat Jun 01, 2013 12:58 pm
by schalk
Hou hierdie spasie dop, die toets verslag volg met fotos in die week.
Groete

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sat Jun 01, 2013 3:51 pm
by PWV
schalk wrote:Hou hierdie spasie dop, die toets verslag volg met fotos in die week.
Groete

Ons soek nie pornografie nie!

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sat Jun 01, 2013 7:01 pm
by mariusr
Nee PIeter die nege drie maak mooi skoon films

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 4:48 pm
by schalk
Pieter Willem Vorster wrote:schalk wrote:Hou hierdie spasie dop, die toets verslag volg met fotos in die week.
Groete

Ons soek nie pornografie nie!

Ek dink Pieter is bekomerd oor hoe swak die 7mm regtig is hahahahahaha.
Nee Pieter die toets is gedoen deur myself en Dr C. Bezuidenhout. julle sal dit nogal interesant vind, ek is net besig op die verslag met fotos op papier te sit, en Pieter hou maar dop, die 7mm is ook by.
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 5:31 pm
by PWV
Moet die dokter die koeëls êrens uit dissekteer? - 'n outopsie of iets?
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 6:34 pm
by schalk
Ja pieter dis net jy, hehehehe
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 6:35 pm
by DWB
Eish, ek saag sommer 'n boom af en kyk hoe ver ek in die stomp kan afskiet
Hierdie getergery vat nou te lank!
As dit met 'n 286gr koeel is sal ek skat 2.5m penetrasie

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 6:42 pm
by PWV
Ek verstaan nog nie mooi nie. Is die houtblok 9.3 mm x 62 mm
OF 9.3 cm x 62 cm
En waarmee gaan julle skiet?
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 6:49 pm
by mariusr
Pieter die nege drie manne gaan jou afslag!

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 6:53 pm
by Nickvn
Of daai blok hout as n setpil gebruik.......

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 6:56 pm
by DWB
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 7:00 pm
by PWV
Nickvn wrote:Of daai blok hout as n setpil gebruik.......

'n Voorskrif van dr. Bezuidenhout?

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Sun Jun 02, 2013 7:46 pm
by NEGE3
Jy moet die ou strydperd eers gery het voor jy hom kan kritiseer.
Groete.
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 1:16 pm
by schalk
9.3X62 blok toetse
Hout vs Patroon.docx
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 2:31 pm
by swc-tr
Het nog nooit 'n houtbok raakgeloop nie.......................

Sy biltong proe seker maar baie soos saagsels!

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 3:08 pm
by PWV
Schalk
As dit nou 'n praktiese projek was waarvoor ek punte moes toeken, sou julle my moes "bribe" om te slaag. (so terloops, ek het nie 'n 7 mm Win mag nie, maar 'n 7 mm Tombi)
A= 9.3x62 Norma 250g
B= 9.3x62 Rino Solid
C= 9.3x62 Pro – AM - Soft
D= 9.3x64 RWS Solid
E= 7mm Win mag
Die gewigte van die koeëls word nie aangedui nie. Waarmee skiet die 7 mm?
In elk geval kan 'n stuk hout nie vergelyk word met die liggaam van 'n dier wat geskiet word nie. Al wat dit moontlik kan aandui, is slaankrag - hoe diep dit indring. Die manier waarop die koeël deur die hout beweeg, gaan ook nie dieselfde wees as die manier waarop dit deur vleis en been beweeg nie.
Die naaste wat so 'n oefening as geldig voorgehou kan word, is deur 'n karkas van 'n dier te gebruik.
Ek sien in video's die Amerikaners gebruik 'n soort kunsstof wat die liggaam van 'n dier namaak, om sulke toetse te doen.
Ek het niks teen die 9.3 nie omdat ek hom nie ken nie, maar "the proof of the pudding is in the eating". Sal maar hou by my akkurate 7 mm Tombi.
Groetnis
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 3:38 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie, dit was vir my interresand genoeg. Sien uit na jou toets met die twee strydosse.
Oom Pieter die materiaal wat oom van praat is wet pack. Dit is hier op die forum ook al gebruik. Wat ek van Schalk se toets hou, is dat mens tog n idee kry van wat en wanneer die koeel fisies wat doen, m.a.w. expand ens.
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 5:07 pm
by NEGE3
Dankie Schalk. Vind dit interessant. Gaan julle presies dieselfde medium gebruik vir die ander toetse ook?
Groete.
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 6:05 pm
by schalk
Ek dink ons gaan dieselfde doen maar ek soek regtig n meer geskikte teiken, ek wonder of Pieter nie wil kom staan nie,
of is hy net bene, hehehe,
Die 7mm vergelyk einlik baie goed teen die 9.3x62,
Die toets was om te sien hoe die tonnel lyk.Ek wou ook sien hoe die punt lyk maar hulle trek nounog,
Groetnis.
Ek sal 100% vergrotings laat maak vir Pieter.
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 6:06 pm
by mariusr
Ek kan nie dit oop maak nie!? Wys niks

Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 6:15 pm
by BLOK
Scalk
Soos doe ou oom se kan die toetse nie werklik met mekaar meeding nie. Die hout verskil net te veel van die een plank na die volgende ook stel dit nie werklik iets soos n dier voor nie.Ek het al self baie sulke toetse gedoen en speel gereeld so. Wat ek vind vir my baie goed werk vir vergelyking is venster putty. Is ook nie te duur nie teen maksimum R120 per kilogram en boonop kan dit oor en oor gebruik word.
Net n voorstel
Gaan kyk hier na vorige resultate wat ek gekry het van n soortgelyke toets. Die fotos wys nie meer nie maar ek het die moderators laat weet om dit reg te stel.
http://jaracal.com/search.php?keywords= ... mit=Search
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 6:23 pm
by PWV
schalk wrote:Ek dink ons gaan dieselfde doen maar ek soek regtig n meer geskikte teiken, ek wonder of Pieter nie wil kom staan nie,
of is hy net bene, hehehe,
Die 7mm vergelyk einlik baie goed teen die 9.3x62,
Die toets was om te sien hoe die tonnel lyk.Ek wou ook sien hoe die punt lyk maar hulle trek nounog,
Groetnis.
Ek sal 100% vergrotings laat maak vir Pieter.
Al gehoor van Superman?
Re: Toets met 9.3X62 Houtblok
Posted: Tue Jun 04, 2013 6:32 pm
by PWV
BLOK wrote:Scalk
Soos doe
ou oom se kan die toetse nie werklik met mekaar meeding nie. Die hout verskil net te veel van die een plank na die volgende ook stel dit nie werklik iets soos n dier voor nie.Ek het al self baie sulke toetse gedoen en speel gereeld so. Wat ek vind vir my baie goed werk vir vergelyking is venster putty. Is ook nie te duur nie teen maksimum R120 per kilogram en boonop kan dit oor en oor gebruik word.
Net n voorstel
Gaan kyk hier na vorige resultate wat ek gekry het van n soortgelyke toets. Die fotos wys nie meer nie maar ek het die moderators laat weet om dit reg te stel.
http://jaracal.com/search.php?keywords= ... mit=Search
