Page 1 of 1

Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jun 03, 2013 2:03 pm
by Koedoebul
Hier is so n paar kiekies van 2 jagte wat vir my baie beteken het.
Meskien nie die grootste bokke nie, maar hulle le diep in my hart.

Hoop die fotos laai reg.

Jagtersgroete

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jun 03, 2013 2:09 pm
by FHM
Kudoebul dis regtig mooi fotos en bokke. Dit lyk of ie Impala agter die blad gedreun is, maar ek merk geen bloederigheid / gate aan / op daai kudu nie - waar het jy hom geskiet?

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jun 03, 2013 2:10 pm
by DanieDegenaar
Lyk my daai 303 gee jou goeie dinge om te onthou.

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jun 03, 2013 2:37 pm
by Koedoebul
@FHM dankie man, ek het die Koedoe ook so net agter die blad gepiets. Het die bok gaan uithaal waar hy die ewigheid in gegaan het en die bloed afgewas. Ek probeer maar op al my fotos to veel moontlik vd bloed af was of stof gooi oor die bloed. Ek glo die geweer sling maak die gaatjie toe.

@Degenad Ja man, ek verruil my 303 vir niks. Het onlangs ook begin herlaai en hy hou daarvan. Het 2 rooibokke die jaar al gejag maar skote was te naby (10m en 22m) om werklik te sien wat die punte maak. Hoop om volgende naweek meer die sien vd Hornadys.

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jun 03, 2013 2:39 pm
by FHM
Koedoebul wrote:@FHM dankie man, ek het die Koedoe ook so net agter die blad gepiets. Het die bok gaan uithaal waar hy die ewigheid in gegaan het en die bloed afgewas. Ek probeer maar op al my fotos to veel moontlik vd bloed af was of stof gooi oor die bloed. Ek glo die geweer sling maak die gaatjie toe.

@Degenad Ja man, ek verruil my 303 vir niks. Het onlangs ook begin herlaai en hy hou daarvan. Het 2 rooibokke die jaar al gejag maar skote was te naby (10m en 22m) om werklik te sien wat die punte maak. Hoop om volgende naweek meer die sien vd Hornadys.


Ek wou darem net se dis n mooi skoon kudu daai - dankie dit maak sin ;)

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Sat Jul 27, 2013 7:28 pm
by 2vierniks
Wel gedaan!

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Sat Jul 27, 2013 8:03 pm
by Pvdw
Hoop om volgende naweek meer die sien vd Hornadys.
Ek vermoed dis daai 0.312" Interlocks waarvan jy hier praat. Hulle skiet gereeld 2 uit 3 snyers op 100m in my 303. Al klompie otte en rooibok met hulle geskiet.Nog nie een het klagte ingedien oor die Interlocks nie ;)

Peet

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Sun Jul 28, 2013 8:10 am
by Frederik
As dit die interlocks is stem ek ook saam voor ek oor gegaan het na die impalas toe was dit sy kos en met die 303 se spoed werk hulle 100% hope varke, koedoes en bosbokke met 174gr RN interlocks geskiet deur my 303

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 12:43 pm
by Koedoebul
Dagse manne, so bietjie terugvoer. @Pvwd en @Frederik is beide in die kol. Ek het 174gr Hornady Interlocks gelaai vir die seisoen. 3 jagte later en 3 rooibokke en n koedoe koei later is ek baie beindruk met hoe hulle gemaak het. Ek laai hulle voor 40gr S341 in PMP doppe. Weet nie wat die spoed is nie maar glo dit is aan die stadiger kant, maar hy groep binne 1.5duim op 100m. Vleis skade was op al die wild minimaal. Ek het die punt gekry onder die veld vd koedoe aan die teenoorgesteld kant. Wil hom vanaand gou weeg en kyk wat die gewig retensie was. Die mantel en core het glad nie geskei nie en hy het mooi "gemushroom". n Vriend het n rooibok met PMP150gr op die blad geskiet en het ook die punt daar herwin onder die vel maar hy het helemal los geskei tussen mantel en core. Ek sal nie sommer enige ander punt as die Hornadys laai in die toekoms nie. ek sal probeer fotos plaas.

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 12:47 pm
by LoveHenties
As ek iets mag sê... Moenie daai 303 so vir jou borskas laat kyk nie. Maak my senuwees klaar!

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 12:49 pm
by Koedoebul
Hier is die koedoe koei en ook foto van wat die hornady aan die hart gedoen het.

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 12:50 pm
by Koedoebul
LoveHenties wrote:As ek iets mag sê... Moenie daai 303 so vir jou borskas laat kyk nie. Maak my senuwees klaar!
Hy was leeg op daardie foto, geen ronde in magasyn of kamer nie en slot ook nie oorgehaal nie. maar ja, doen daai nooit weer nie.

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 12:53 pm
by Koedoebul
2 van die 3 rooibokke wat geval het met die hornadys.

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 1:18 pm
by LoveHenties
Koedoebul wrote:
LoveHenties wrote:As ek iets mag sê... Moenie daai 303 so vir jou borskas laat kyk nie. Maak my senuwees klaar!
Hy was leeg op daardie foto, geen ronde in magasyn of kamer nie en slot ook nie oorgehaal nie. maar ja, doen daai nooit weer nie.
Geen probleem.

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 1:48 pm
by Jaco Naude
Goed gedoen! Pragtige kudoe bul!

Groete,
Jaco

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 2:47 pm
by Pvdw
Ek laai hulle voor 40gr S341 in PMP doppe
Ek laai selle as jy maar net 41gr S341 die res is dieselfde en ek kry 2350ft/s uit 24" loop.

Peet

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Mon Jul 29, 2013 9:37 pm
by theedge
Baie netjies

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Thu Aug 29, 2013 6:47 pm
by BLOUVALKIE
mooi gedoen oom koedoebul!!
mooi bokke daai
geluk

VALKIE

Re: Rooibok en Koedoe

Posted: Thu Aug 29, 2013 7:02 pm
by Koedoebul
Dankie Valkie