Page 1 of 1

416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:49 am
by Hugov
Hello manne.

Het n bitter lekker bosveld jag agter die blad. Ons het ongelukkig nie die kwota vol gemaak nie, En die groot Tanne man het my ontwyk, Maar sal more weer terug gaan soontoe ;)

Kon darem n paar varke platmaak sowel as twee "walk en stalk" Jakkies....

Hier is so paar fotos jammer vir die kwaliteit is met die selfoon geneem.

Image

416 werk vir alles ;D
Image

350 gr barnes werk mooi!
Image

My groot maat Mauritz het ook sy eerste vark platgetrek hy is die man in die rigby video met net een been
Image

Het die 350gr barnes herwin uit varkie wat ek so bietjie verder as die aanbeveelde afstand geklop het.....
Image

My groot vriend doep ook heelwat mooi varke geklop, ek weet nie wat maak ons ander pel daar in die agter grond nie.....
Image

Plaas is regtig mooi, hoofsaaklik beesplaas maar die kamp en geriewe is eerste klas!

Image

Image

Image
Groete H.

PS as iemand die kiekies kan regmaak sal ek dit baie waardeer, ek sny maar gras vir n lewe....

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:55 am
by DWB
Welgedaan Hugo!

Jammer die groot man het jou ontduik!

Lyk of daai 416 mooi loop!

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:14 am
by Hugov
Dankie Geno jou yster!

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:30 am
by Gerhard
Vir jou fotos reg gemaak...

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:33 am
by Geno
Gerhard wrote:Vir jou fotos reg gemaak...
Delete dan maar my post asb.

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:38 am
by Gerhard
Geno wrote:
Gerhard wrote:Vir jou fotos reg gemaak...
Delete dan maar my post asb.

Maak so ...

Dankie vir die hulp.

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 9:08 am
by Hugov
Dankie Gerhard!

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 04, 2013 5:04 pm
by Polla1983
Hugov.

Ek moet eerlik wees, ek het nou lekker gelag vir jou ander pel agter op daai tolla 'van'...lyk soos hy die jakkelse try inroep..

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Wed Jun 05, 2013 10:20 pm
by theedge
Polla1983 wrote:Hugov.

Ek moet eerlik wees, ek het nou lekker gelag vir jou ander pel agter op daai tolla 'van'...lyk soos hy die jakkelse try inroep..
het daai een geloer

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Thu Jun 06, 2013 6:35 am
by Frederik
Ja nee Hugo tyd om te dink om al die ander roere te verkoop want jy het hulle nie meer nodig nie.

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Thu Jun 06, 2013 8:19 am
by Marc
Polla1983 wrote:Hugov.

Ek moet eerlik wees, ek het nou lekker gelag vir jou ander pel agter op daai tolla 'van'...lyk soos hy die jakkelse try inroep..
:laugh: :laugh: :laugh:

Lekker Hugo, lyk of julle dit geniet het. Daai is darem maar 'n yster roer 8)

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Thu Jun 06, 2013 1:30 pm
by cassie_calvinia
kan jy meer inligtng oor die roer gee? hoe loop daai 350gr oor 200m?

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Thu Jun 06, 2013 1:40 pm
by Hugov
Hy het op 330meter. Met 35-40 cm geval met n 100m zero teen n spoed van 2280ft second,
Kan hom nog opstoot na 2440 ft second.
Groete H

Re: 416 Ruger te Marken!

Posted: Tue Jun 11, 2013 5:39 pm
by Stefan764
Well done ou maat! Daai gun is vreeslik gevaarlik!! Hy gaan nog diep diep spore trap!

Dai man sing dam alte lekker op daai Cruiser - Lite he he he he he