Page 1 of 1
Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 12:02 pm
by foxripper
Het Saterdag die outjie geskiet.
25-06, Nosler 85gr, 230m
Wat skat jul sy horings?
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 12:05 pm
by Piet Pille
Jo Jo Jo!!!!!
Netjies Foxripper- dit 'n baie mooi bok daai.
Nog twee weke dan het ek ook hopenlik daai rooi Kalaharisand tussen die tone!
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 12:20 pm
by Fanta300
Ek skat so 16"
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 1:44 pm
by mariusr
Baie mooi so 13-14"

Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 2:22 pm
by foxripper
Pieter,
Waar in die Kalahri gaan jy jag? Ons ry volgende week Woensdag af Gochas se kant toe waar ons n jagkamp op die duin gaan opslaan tot Sondag toe.
Marius,
Jy is reg, hy was 13.5".
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 3:30 pm
by Piet Pille
foxripper wrote:Pieter,
Waar in die Kalahri gaan jy jag? Ons ry volgende week Woensdag af Gochas se kant toe waar ons n jagkamp op die duin gaan opslaan tot Sondag toe.
Marius,
Jy is reg, hy was 13.5".
Leonardville. Moet nog net die finale reelings tref.
Daai duinekamp bly maar die bobaas!
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 4:03 pm
by foxripper
DUinkamp..

Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 4:04 pm
by foxripper
Duinkamp..
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 4:06 pm
by Cor Jacobs
foxripper wrote:Duinkamp..
Sjoe!!! Jy maak my jaloers jong!! Julle manne moet dit geniet. Daar is darem niks so spesiaal as om daar tussen die rooi duine te jag nie!
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 4:07 pm
by foxripper
Die kalaharie troon..
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 4:15 pm
by FHM
Foxripper dis n pragtige springie daai mater en baie geluk!
Jy en Pieter maak nou nie mooi nie en my hart kry sommer n kramp as ek na julle fotos kyk - my en Pieter se jag die jaar in die Kalahari (Gochas) was vir die eerste week in Julie en gaan nie uitwerk nie want die week wat ons moes gaan, het nuwe werkverpligtinge my kant gaan staan en op donnr!
Ek sal maar na julle fotos staar as julle terugkom met so ver uittdrukking in my gesig....
My Gochas jag so paar jaar (2 of 3) terug
Copy of IMG_0149.JPG
Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 4:24 pm
by mariusr
Jo jo verlang ek na die ou kalahari lyk ongelooflik lekker julle kamp en daai toilet met daai uitsig vir wat kan mens nou meer vra!

Re: Springbok Ram
Posted: Mon Jun 17, 2013 10:17 pm
by theedge
Baie mooi maat - so moet n man mos jag
Re: Springbok Ram
Posted: Tue Jun 18, 2013 12:58 pm
by Braamgr
Stunning ram!
Re: Springbok Ram
Posted: Tue Jun 18, 2013 1:21 pm
by Lourens Potgieter
Mens sal verskoning kry om op die toilet te gaan sit en dink!!!
Re: Springbok Ram
Posted: Tue Jun 18, 2013 10:07 pm
by Carl
Mooi bok Fox. Julle manne maak nie moi met al die Kalahari p0rn nie, man se tong op die grond as mens daai rooi sand sien. Wens sommer petrol was R3/liter.
Re: Springbok Ram
Posted: Wed Jun 19, 2013 9:26 am
by foxripper
Carl,
Maak nie saak wat petrol kos nie..bly nogsteeds n bargain om Kalaharie toe te ry..
