Page 1 of 57
Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Oct 25, 2010 1:10 pm
by Stefan764
Manne, net n voorstel....
Moet ons nie n Trofee-kamer vir die af-seisoen begin nie?
Mos nie fout om met n mooi groepering te brag nie, JY het hom mos geskiet! Dan kan die manne sommer bietjie laai-data ook uitruil?
Wat dink julle?
Groete
Stefan
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Oct 25, 2010 3:39 pm
by Nico Harris
Klink na n plan vir my!!!
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Oct 25, 2010 4:30 pm
by Raven
'n mooi groepering is net mooi, as hy opgevolg word met 'n lekker gaaitjie agter 'n jak se blad
Net my 2c
Raves
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Oct 26, 2010 6:37 am
by Cois
Manne
Groeperinngs is vir die voels, die eerste skoot moet doodmaak, die res mors jy net.
Cois
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Oct 26, 2010 8:06 am
by Stefan764
Nee manne ek hoor, ek hoor.... Mar van ons is nie so geseend om 365 dae n jaar die geleentheid het om die jakkies te loop soek as jy die slag so voel (of moet) of sommer net hier by die agterdeur uit te skiet na n muisvoel as jou gat jeuk vir die reuk van kruit nie

!!
Ek voel ook dis nodig, VERAL vir ons ouens wat net van Mei tot Augustus skiet om die tyd van die jaar te gebruik om die goete weer reg te kry vir die komende seisoen. Daars niks lekkerder (en julle manne wat weekliks skiet sal dit beaam) as om jou roer uit die sak uit te haal en te WEET hys reg en JY is reg om daai een belangrike skoot op n bok op PRESIES die regte plek neer te sit nie...
Groete
Stef
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Tue Oct 26, 2010 8:39 am
by Raven
Stefan,
Ek het nou met my 25-06 al so 550-600 skote deur hom, tussen nou tussen bokke, jakkalse en "herlaai gogga", so nou is ek gelukkig met hoe hy skiet, so deesdae gooi ek net lood as die ogies inkom.
Probeer so bietjie loop spaar van hier af, maar ek stem dar is dae wat 'n man se hart brand om bietjie skietbaan toe te gaan, om daai groepe net so 'n rapsie kleiner te forseer
Dis lekker as jy weet die skoot gaan raak wees, terwyl jy nog "squeeze" op die trigger.
Raves
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 12:25 pm
by Stefan764
Ja nee Raves nou praat jy!!
Ek is hoeka so 3pm se kant opad skietbaan toe. Het nuwe punte (Hornady 139gr SST) gelaai, wil nou kyk waar group hy. Het op 51gr S365 begin en gat op tot so 53gr. My vorige lading was 52gr met 150PMP punte, hy behoort dam seker nie te ver uit te wees nie?
Mar nou ja, lat ek bietjie verder lees wat gesels julle manne hier op die forum, eks tog nie nou lus vir werk as n man in elkgeval oor n uur kan ry nie
Groete
Stef
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 2:00 pm
by 243Songdaug
Sal iemand nou bietjie vir ons foto's van hul papierbokke oplaai?
Dis mos altyd lekker om 'n mater se groeperings te sien.
Groete.
Jaco
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 4:10 pm
by Wielie Waps
Jaco
Ek sal die ys breek.
Ons ou spannetjie het nie te goed gevaar by Aliwal nie , maar kon darem by ons laaste baan(Baan 1)
hierdie groepie bymekaar sit. Die manne wat daar was weet dat die wind op daai stadium redelik te kere gegaan het. In my groep was daar 2/22-25nulle, 1/300WM,1/270 en 'n 223.

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 4:12 pm
by Namib
Hi almal

My papier jekkoltjie,eerste foto 9/10/2010 oggend net na 7 op 100(3)/150(2)220(2)Suidekind was saam.
Toe weer die 24/10/2010 net gaan sekker maak dis die waarheid.1/2 drywers fout 3/4 waarheid(weer was Suidekind saam).Ek is maar iemand wat die goed gereeld doen want dit hou jou skerp en gee goeie self vertroue.Dan as die skoot in die velt nou nog loop is dit net jy wat moet bik of better som maak.
Groete
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 4:32 pm
by KSV
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 5:23 pm
by Namib
Hi Hein
Ek sien dan niks om die ore nie?

;DSe gou vir my die afstande sien ek op die teiken maar waar staan,sit of le jy of hoe werk dit.
Groete
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 5:27 pm
by KSV
Sal jou more lui. Als by die werk.
Meer punte om die hart as onder die ore. Hehe
Hein
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 6:41 pm
by Namib
Hi Hein
Moet gaan vir goud,nie om die hart nie,in die hart en nie van die kop af nie maar op die ore(baie plek tussen die oor en rooi lyn)

. Waar is die 375 se tonels?
Groete
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Thu Oct 28, 2010 10:30 pm
by Boesman
Partykeer skiet ek beter as ander kere. :) Hier's voorbeelde.
In die groter gat in die wit sit drie pitte, die vierde een (wat derde geskiet was) in die swart, was 'n geroepte flyer.
En die tweede probeerslag lyk so. ;D Dit was 100m, ek skiet te sleg vir 200m.
.223 Remington VSSF II
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Oct 29, 2010 6:45 am
by Namib
Hi Boesman
Vetel biettjie die manne met wat se ammo jy daai mooi groepeering gegooi het.Maak my jaloers as jy vat ek sit baie tyd in my herlaaiery in en jy kry dit uit n box van die rak af.Ons sal nog werk aan daai wat so weg dwaal,nie die geweer maar wel die baas.
Groete
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Oct 29, 2010 7:30 am
by 243Songdaug
HEL! Julle manne gooi mos mooi.
Sal gou netnou deur my foto's draf en 'n paar van my "Breggers" oplaai.
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Oct 29, 2010 8:09 am
by Boesman
Namib

Laat jy my nou bloos

Ja, die drywer kort nog skaafwerk, sal seker maar ophou skaaf as ek dood. In alle nederigheid, daardie ammo is nie eers van die rak af nie, dis op 'n stadium Oom Magnus s'n gewees. Ek het nie die vaagste benul wat die koeel weeg nie, of wat die snelheid is nie, sal nog uitvind. Ek het dit darem effens gesorteer om dieselfdes te probeer saamskaar. Die stempel op die doppie se kop lees 84/12. Ek vermoed (en dink julle sal saamstem) dat die eerste foto se groepering 'n gelukskoot was. Pardon the pun. Die tweede foto skree hardop en in hoofletters 'HERLAAI'.

Moet ek groeperings van my oopvisier .303 ook wys?

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Oct 29, 2010 9:00 am
by Arnold
Ek het die vernier op die buite maat van die groep gestel sodat mens net mooi die grootte kan sien. Die 'c-t-c' mate van die groepering geskiet oor die afstand van 200 meter, is dan 36.19mm.
Die geweer is ?n FN Supreme met Lynx 1.5 - 6 x 42 teleskoop. Die 195gr HV koe?l se trompsnelheid is sowat 2960vps uit die 24" loop met die spesifieke lading.
Hierdie is op 100m van die bank af met my CZ550 308 Winchester, 155gr Nosler custom competition koe?ls, Winchester doppe, BR2 primer, COL 71mm, 2650 fps
Hierdie is op 100m van die bank af met my Howa 223 Rem, 55gr Sierra gamekings, Remington doppe, Winchester primer, 3080 fps

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Oct 29, 2010 10:41 am
by Stefan764
More maats... Gister se toets...
Groete
Stefan
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Fri Oct 29, 2010 10:45 am
by Stefan764
Het gister gaan skiet met ladings van 51.0gr kruit tot en met 52.6gr, met intervalle van 0.2gr
Die beste groups was op die 51.0 en die 52.0gr, maar soos julle sien, is hy nog nie presies op 100m nie.
Gaan nou laer laai (van 50.8gr tot 49.0gr) en dan maar weer probeer...
Groete
Stefan
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Nov 01, 2010 11:12 am
by 243Songdaug
Ek het 'n vermoede dat ek al my goeie skote opgebruik tydens oefeninge en wanneer ek moet kompitisie skiet bly net die pens en bekskote oor.
My Zebra teiken tydens oefening
My 2009 Bosveld en Vlakte teikens tydens die 2009 Noordkaap President skiet

Twee Blouwildebees teikens - natuurlik geskiet tydens oefening sessies!
Die laaste blouwildebees is darem tydens 'n kompitisie geskiet - 'n besonderse lekker dag gewees! 8 x mooi V-kolle en dan natuurlik die laaste een wat ek in die 20's geskiet het oor ek so opgewonde geraak het!!!
Nog 'n kompitisie groepering - 5 deur een gat en vier net regs bokant die 5-skoot-groepering:
En laastens die girl waarmee ek die meeste van die groeperings geskiet het - my 308 Winchester: Op 'n 3-poot wat ek self bou, my kolf is deur Oom Hennie gebou(en deur my aangepas!!!), Optics: MTC Viper 8-32x56 en die pyp is 'n Pac-Nor SS wat op 23 duim afgeny is(Om beter te staan en skiet) - geflute om windgat te lyk!

Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Nov 01, 2010 11:38 am
by Geno
Hier is twee teikens wat ek met die boog op 30m geskiet het, nie great nie, maar goed genoeg vir my doeleindes.
Groete,
Eugene
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Nov 01, 2010 11:40 am
by Namib
Hi 243Songdaug
Mooi gegooi,en ek laaik daai girl van jou.Die 3-poot 10/10.
Groete
Re: Trofee "Papier-bokke"
Posted: Mon Nov 01, 2010 12:30 pm
by Chrisjan
Dit Lyk goed manne, hoe upload ek pictures? Dit laat my nie toe om te browse na die files toe nie?