Page 1 of 1
My seun se eerste bok
Posted: Mon Jul 08, 2013 7:18 pm
by lechwe
Ons was die naweek plaas toe vir my seun se eerste jag. Hier is n foto van hom saam met sy blesbok, geskiet met my 222-50. Perfekte skoot op die blad en ons konnie vir meer vra nie. Het die verrigtinge afgesluit met n gebed daar in die veld langs die bok net om dankie te se vir die Groot voorreg.
Pa besluit toe om ook sommer een te skiet en so n mooi foto te bou vir herringeringe
Johan_bok 1.JPG
Johan_jag.JPG
Re: My seun se eerste bok
Posted: Mon Jul 08, 2013 7:20 pm
by DWB
Baie mooi!
Baie geluk aan julle albei!
Lyk na lekker groot bokke!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Mon Jul 08, 2013 8:00 pm
by lechwe
Deon tx, ek probeer maar die gene goed hou en koop elke jaar "tag ramme" in en probeer die oues uithaal sover moontlik. Dis maar moeilik. Koop ook ooie in v tyd tot tyd om n nuwe geen in te kry.
Dit help met die bokke se kwaliteit. Beide die ramme was net oor die 40 kg (karkas gewig).
Re: My seun se eerste bok
Posted: Mon Jul 08, 2013 8:05 pm
by BRNO (Pierre)
Baie nice werk! Baie geluk aan pa en seun! Stem saam met Deon, mens kan sommer die lekker vet in daai bokke sien.
Re: My seun se eerste bok
Posted: Mon Jul 08, 2013 8:08 pm
by JPS
Baie mooi, geluk aan die jong jagter en sy pa ook.
mooiloop
JP
Re: My seun se eerste bok
Posted: Mon Jul 08, 2013 8:17 pm
by henried
Baie geluk, mooi vet blesbokke.
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 6:27 am
by Umshwati Boy
Waidmannsheil
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 6:42 am
by Gerhard
Awesome!!
Daar is net een keer in n man se lewe wat hy sy eerste bok skiet.
Bly jy kon dit deel en spesiaal maak vir hom!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 6:56 am
by matewis
Pragtige bokke en wonderlike voorreg vir Pa en seun! Baie geluk!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 7:52 am
by Geno
Geluk! Dis sommer mooi bokke!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 8:59 am
by Stasoft
Baie Geluk aan jou en jou seun. Dit is 'n voorreg om die oomblik saam met hom te kon deel.
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 9:41 pm
by lechwe
Dankie vir almal, ja jy sal eers eendag weet wat dit is, as jy self daar uitkom. Ek onthou my eerste bok nog soos gister en dis self al 30 jaar gelede.
Lekker aand manne
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 10:02 pm
by theedge
Baie geluk, mooi blesbokke.
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 10:08 pm
by ROBBIE1
N oomblik wat julle nooit sal vergeet nie, veral met daai mooi foto, herhindering vir n leeftyd!
Baie geluk aan die nuwe jagter, en sterkte vir dad se bankbalans!!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Jul 09, 2013 10:11 pm
by lechwe
Jip, hy't klaar sy lysie gemaak. Wil oor n maand nou een van die takbokke skiet..! Hom pas in die bed gesit en hy se hy sien uit na sy volemde jag...!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Wed Jul 10, 2013 6:43 am
by Frederik
Baie geluk en jy kan baie trots wees !
Re: My seun se eerste bok
Posted: Wed Jul 10, 2013 7:15 am
by Andrew Leigh
Awesome well doe to both of you, especially your son. I am glad to see I am not the only one who gives thanks for such privelages.
Re: My seun se eerste bok
Posted: Wed Jul 10, 2013 7:23 am
by Lourens Potgieter
Daai mannetjie lyk of hy met daai geweer in die hand gebore is!!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Sat Jul 27, 2013 6:51 pm
by 2vierniks
Dis hoe dit gedoen moet word!
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Aug 27, 2013 6:33 pm
by BLOUVALKIE
baie geluk aan oom en oom se seun
dis mooi blessies!!
VALKIE
Re: My seun se eerste bok
Posted: Tue Aug 27, 2013 8:35 pm
by stan man
baie geluk .ek wens ek kon kleintyd saam met my pa gaan jag. ek weet egter hoe dit voel as jou kinders hulle eerste bok skiet.
Re: My seun se eerste bok
Posted: Wed Aug 28, 2013 7:27 am
by lechwe
Jip dankie almal, was laas naweek weer op die plaas het lekker vuur geslaan. Het self so 500ha verloor, darem nie diere nie.
Intussen eet ons lekker wildsvleis in alle vorme. Sosaties, wors, maalvleis en sels n steakie of twee gemarineer in olyfolie, balsamiese asyn en suurlemoen, wat aferond word met n Ina Paarman "rosemary and olive" spesery.
Re: My seun se eerste bok
Posted: Wed Aug 28, 2013 7:50 am
by Wismit
Baie gelluk met jou seun se eerste bok, en dan is dit nog so mooi bok ook. Van nou af gaan jou jagtogte net lekkerder (en duurder) word, maar dis elke sent oor en oor die moeite werd.
Ek is so bly die jong man word nog ook geleer om respek the hĂȘ vir die natuur en dat nie net sommer net gaan oor dood skiet nie.
Baie gelluk jong man!
W.S