Page 1 of 1

Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 19, 2013 8:44 am
by Dries Skiet
My tweede Vrystaat jag en by ver een die lekkerste jagte ooit. Donderdag daar aangekom, gou die roere ingeskiet en sommer dadelik veld toe. Frans sal nog n mooi storie skryf en plaas. Hier is n paar kiekies van my neef Quintin, pal Willie en myself met ons bokkies en ek en n blouaap.

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 19, 2013 8:45 am
by Dries Skiet
Nog kiekies

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 19, 2013 8:48 am
by Reggie Gerber
Mooi fotos Dries

Stan het n lekker storie ook geplaas

Reggie

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 19, 2013 8:49 am
by Dries Skiet
Frans het n varkie ook gepiets maar ek het nie die foto nie.

Frans dit was moer lekker, ons maak beslis volgende jaar so.

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 19, 2013 8:50 am
by BRNO (Pierre)
Dankie Dries. Ek hou vreeslik baie van die kolf op daai roer van jou. Is Frans die man met die baie hare?

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 19, 2013 9:08 am
by Stasoft
Baie geluk met die mooi bokke.Mooi geskiet.

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 19, 2013 9:45 am
by Dries Skiet
BRNO .06 (Pierre) wrote:Dankie Dries. Ek hou vreeslik baie van die kolf op daai roer van jou. Is Frans die man met die baie hare?
Dit is hy daai, se eerder Frans is slanker een van ons twee............ ++>:

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Sat Jul 20, 2013 7:41 am
by Geno
Mooi gegooi Oom Dries!

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Sat Jul 20, 2013 10:50 am
by grumpy
Stanman, waar is die hare??? :o

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Mon Jul 22, 2013 7:50 am
by Dries Skiet
Geno wrote:Mooi gegooi Oom Dries!
Ek is nie met jou tannie getroud nie!!

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 26, 2013 8:13 am
by Shakes
More Dries,

Dit lyk of julle 'n uitstekende jag gehad het.

Waar is Clerkstroom en wie kan ek kontak om meer uit te vind.

Groete,

Hennie.

Re: Clerkstroom jag saam met Stan-man.

Posted: Fri Jul 26, 2013 10:30 am
by Dries Skiet
More Hennie,

Dit is net diskant Hoopstad, kontak vir Frans Stander aka stan-man hier op die forum.

Groete,

Dries.