Page 1 of 1

My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 8:46 am
by Jaco Swart
More almal.

Ek het bietjie gaan Zebras skiet verlede Donderdag en vat toe sommer my seun (6) saam. Die plan was glad nie dat hy ook sou skiet nie.

Nou hy kan nou al goed skiet en hy skiet met al my kalibers , maar ek wou hom nog so bietjie terughou.

Na die Zebra skiet (8 van hulle) sê die oom ons kan maar Blesbokke ook skiet. Dis toe dat hy sy kans vat en sê dat hy reg is om vandag sy eerste bok te skiet.

Wel hy het ook toe. Die Blesbok het quatering weg van ons gekyk en hy wou hom agter die blad skiet. Het toe bietjie ver terug geskiet. Die koeel het darem deur al die nodige organe gegaan en toe in die oorkanste blad gaan vassteek. Die eind resultaat 'n dooie Blesbok , 'n gelukkige seun en ' VERSKRIKLIKE trotse pa.

So paar foto's van die dag.

[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3088.jpg[/image]
Gert se Zebra
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3205.jpg[/image]
Ek en JD by sy Blesbok
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3115.jpg[/image]
Fred en JD by Fred se Zebra
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3173.jpg[/image]
Fred en JD by nog een van Fred se Zebras
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3195.jpg[/image]
JD by sy Blesbok
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3219.jpg[/image]
Inlywing
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3216.jpg[/image]
Moes glo peertjies afsny sê die oom van die plaas
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3144.jpg[/image]
Fred , JD en ek by een wat ek geskiet het
[image]http://i882.photobucket.com/albums/ac21/jakkelas/IMG_3189.jpg[/image]
So paar Zebras op die trailer

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 8:47 am
by Geno
Netjies Jaco. Geluk maat!

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 8:50 am
by BRNO (Pierre)
Baie geluk aan die klein haasbek!! Hy gaan darrem nice fotos he, met baie karakter om eendag te wys.

Julle manne het ook mooi gemaak met daai zebras!

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 8:57 am
by vlakvark1
Geluk Jaco en ook aan jou seun
Baie min laaitjies wat so bevoorreg is om dit te kan doen ;)
Wonder wat gaan al die maaitjies by die skool sê as hy hulle vertel hy het n bok geskiet

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 9:00 am
by Reggie Gerber
Geluk aan jou en jou seun Jaco

Julle het altwee mooi gemaak

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 12:38 pm
by Marc
Baie Geluk Jaco !

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 12:48 pm
by stan man
en so word nog n jagter in gelyf.
baie geluk en baie mooi.

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 1:04 pm
by Carl
Geluk Jaco met jou seun se bok, 'n geleentheid om vir altyd te onthou.

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 2:28 pm
by FHM
Aag ou Jaco ek is bly die mannetjie is ingewy man - letterlik!
Mens kan sommer die trots in sy gesiggie lees ;)
Baie netjies gedoen op die streeptruie ook ;)

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Mon Jul 22, 2013 9:54 pm
by lechwe
Hi Jaco

Ek is self daardeur so 2 weke gelde. Enigste verskil is my seun is 8jr. Dit bly maar spesiaal en n mooi geleentheid. Maak foto's en ietsie spesiaal vir sy kamer. Ek is nou al 44 en het baie bokke in my lewe al gejag. Ek ontou nie alaml noe, maar wel my eerste een toe ek ook maar net 11jr oud was.

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Tue Jul 23, 2013 6:09 am
by Wismit
JD jou yster !!!

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Thu Jul 25, 2013 6:18 pm
by Ian
Baie geluk Jaco en JD. Baie mooi foto's. Mag daar nog baie wees.

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Thu Aug 29, 2013 6:49 pm
by BLOUVALKIE
mooi gedoen oom Jaco!!
dis sommer mooi fotos van oom se seun!!
geluk!!

VALKIE

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Sun Dec 15, 2013 5:17 pm
by Marius Botha 10
Great man Jaco. Geluk aan albei van julle. Ek kan nie wag vir die dag as ek daardie trots van jou self gaan ervaar nie. ;)

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Sat Jan 18, 2014 1:55 pm
by JOHN BURKE
Hi Jaco, waar het jul die zebras geskiet en vir hoeveel, ek het self n kwota om die jaar te skiet?

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Sun Jan 19, 2014 10:15 am
by 2vierniks
Geluk aan die haasbek jongman wat so trots behoort te voel!

Re: My seun se eerste Bok!!!

Posted: Thu Mar 06, 2014 3:22 pm
by PITSMIT
awesome jaco

nog n jagtertjie gebore nou gaat pa se budget seerkry is vas nou

baie baie geluk ek ken daai hemp wat se knope wil afskiet gevoel ek en ou valkie was al daar