Page 1 of 1

Nog n lekker trippie

Posted: Fri Aug 02, 2013 9:53 am
by Heinf
Hi Manne ..

Ek was gelukkig genoeg om weer n jag naweek te kon geniet saam twee van my goeie vriende.

Ons was die naweek van 19-21 Julie op n plaas in Thabazimbi omgewing en wereens kon ons baie lekker kuier en darem so bietjie suksesvol lood gooi ook.

Hier in so 4 foto's van die naweek.

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/014.jpg

Die varkie het met my .243 rekening gedoen en ek moet se die hornady 80grein gmx punte werk baie mooi. die vark is op n redelike lang afstand geskiet, 237meter met die range finder en die punt is deur die vark se blad been en ons het die punt onder die vel aan die ander kant van die nek gekry.

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/028.jpg

My tweede rooibok vir die seisoen en ek moet se my grootste een tot dusver. Hy word dan ook my eerste shoulder mount .

Vat maar gerus n raai op die horing lengte.

Ek plaas die volgende foto net om my skoot plaasing te wys. Het nie afstand gemeet van die skoot nie maar ek skat dit so 100m in die bosse in van waar ek die skoot gevat het. daar was geen "dup" of enige terugklank wat n raakskoot aangedui het nie en die spoorsnyer het gese dit was mis , maar ek ken ook mos nou darem al my 30-06 en ek weet hy skiet waar ek mik. so toe ek soostoe loop om te gaan kyk waar die bok gestaan het was daar n mooi duidelike bloedspoor. Jammer vir die bloed op die foto!

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/018.jpg

Die laaste pic het n net prober om n foto te neem wat n storie vertel. kyk maar en laat weet wat julle dink van die foto.

http://i1077.photobucket.com/albums/w465/Heinf/031.jpg

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Fri Aug 02, 2013 9:58 am
by FCLoretz
Dankie Hein,

Mooi fotos dankie vir die deel.

Jou rooibok lyk naby aan 24,5"

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Fri Aug 02, 2013 11:25 am
by Swede
Hugo

Mooi gedoen en geluk ;D

Indien jy 'n foto van die herwinde 80gr GMX het sal jy dit plaas. Watse lading het jy gebruik en wat was die vleisskade met die betrokke koel?

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Fri Aug 02, 2013 11:55 am
by johank
Wel gedaan. Daai 2de foto is regtig baie mooi.

Groete

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Fri Aug 02, 2013 12:21 pm
by FHM
Netjies Hein, dankie vir storie se deel ;)

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Sun Sep 22, 2013 1:48 pm
by 2vierniks
Die skoot is perfek geplaas!

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Sun Sep 22, 2013 2:04 pm
by LongWolf
mooi man mooi.

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Tue Sep 24, 2013 7:03 pm
by henti
Mooi geskiet

Re: Nog n lekker trippie

Posted: Tue Sep 24, 2013 10:03 pm
by stan man
mooi gegooi,en baie geluk.
die skootplasing is baie netjies op daardie 23.5duim rooibok
en die natuur is nogal mooi op die plaas waar jy gejag het.dit is vir my lekker om in so n digte boskaas te kan skiet. hier in die vrystaat is ons mos maar gewoond aan vlaktes.