Page 1 of 1

Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 6:28 pm
by DawieKotze
Ek mag mos maar brag met my jongste se eerste bok! Dis nou wel nie die spogbokke wat hier gewys word nie, maar dit maak nie saak nie - eerste skoot en dis baie mooi doodskoot.

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 6:30 pm
by ROBBIE1
Pragtig, geluk aan pa met mooi opgeleide dogter, en aan sus met n suksesvolle jag, mag daar nog vele wees!!!

Dit is en bly n oomblik wat n pa nooit vergeet nie!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 6:31 pm
by JAGTERSREG-JRM
Geluk.....dit gaan mos oor die jag en die doodskoot nie noodwendig die trofee nie.Dit maak my hart gelukkig om te sien hoeveel jongmense begin jag

Groetnis

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 6:40 pm
by LongWolf
Geluk aan beide.

En dit gaan nie oor n wereld rekord trofee nie maar oor die dag, die jag, die geselskap, die tradiesies, en die voorreg om te kan deel in die skepping.

Die takkie in die mond is vir my soos n dankie se gebedjie, n kosbare gebaar.

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 6:50 pm
by mariusr
O jong dink pa sal moet pasop vir die manlike jagters dis darem mooi dogter daai! Baie geluk!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 7:17 pm
by G-force
Baie geluk aan julle twee!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 7:23 pm
by Wismit
Ek lag nou so dat ek amper van my stoel af val.
Ek wys vir my laaitie (12) die foto en sê: "Dis mooi né ?"

Hy antwoord: " jis ja pa - maar daai springbok is ook baie nice ....

Baie gelluk met die pragtige springbok !!! Jou kind se eerste bok is altyd iets om te onthou en op trots wees !!!

W.S

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 7:46 pm
by JAGTERSREG-JRM
Wys jou waar le n man se prioriteite...........

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 7:47 pm
by Frederik
Jy kan baie trost wees geluk

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 7:48 pm
by theedge
Pragtig, geluk aan pa en dogter, met n suksesvolle jag, mag daar nog vele wees!!!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 7:54 pm
by Hennie Dreyer
Laat my bitjie met 'n knop in die keel - om daardie kind so trots te sien...

Het self net twee dogters, en my lewens omstandighede (lekker finansieel gestremd) was in hulle 'jongtyd' van so 'n aard dat ek net liefde kon gee - nie dinge soos die jagervaring nie.
Hulle het egter pragtig uitgedraai, wens net ek kon hulle ook kleintyd dit gee wat jy joune gegee het 'madako' - jy lyk vir my ook na 'n 'yster pa'!!!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Mon Aug 12, 2013 9:48 pm
by Marc
Baie geluk, mag julle nog diep spore saam loop :)

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 13, 2013 6:54 am
by grumpy
Baie geluk aan die mooi kind en dat sy dit eties gedoen het.

Ook baie geluk aan pa, met die geduld en tyd wat hy bereid was om in te sit om haar mooi en eties te leer.

As n kind so reg geleer word dan sal hulle in die groot mens wêreld ook die ouers trots maak.

Madako, dit gaan nie oor die trofee nie, dit gaan oor die liefde vir die natuur en respek.

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 13, 2013 6:57 am
by BRNO (Pierre)
Hennie Dreyer wrote:Laat my bitjie met 'n knop in die keel - om daardie kind so trots te sien...

Het self net twee dogters, en my lewens omstandighede (lekker finansieel gestremd) was in hulle 'jongtyd' van so 'n aard dat ek net liefde kon gee - nie dinge soos die jagervaring nie.
Hulle het egter pragtig uitgedraai, wens net ek kon hulle ook kleintyd dit gee wat jy joune gegee het 'madako' - jy lyk vir my ook na 'n 'yster pa'!!!
Hennie, moet nie jouself hieroor opvreet nie. Ek het ook met baie min groot geword, maar vandag geniet ek dit vrek baie, en geniet ek die tipe van dinge wat my pa nie vir my kon gee nie, soveel meer, want ek kan hom nog saam nooi.

Geluk Madako. Jou meisiekind het goed gedoen!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 13, 2013 7:34 am
by Carl
Baie geluk Dawie, mens kan sien dis 'n trotse pa wat hier pos! Mooi fotos en herinneringe.

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 13, 2013 8:59 am
by Jakkie 321
Madako baie geluk aan julle twee en mag daar vir julle twee net vrede en goeie tye saam wees.

Groette

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 13, 2013 10:53 am
by DawieKotze
Dankie vir al die mooi woorde!! Ek is regtig baie trots op haar.

Sy was glad nie gewillig om 'n ooi te jag nie, want......sê nou maar net sy is dragtig? Die ramme wou nie saamspeel nie en ek het mooi vir haar verduidelik dat die jag van ooie nie soseer verkeerd is nie, mens moet maar partymaal die getalle beheer.

Gelukkig kon ek die baie klein fetus in die baarmoeder tussen al die binnegoed wegsteek!

Groete

Dawie

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 13, 2013 10:58 am
by FHM
Pragtig ou Dawie man - kan die trots op daai gesiggie sien en die sentiment in jou skrywe lees. Sit self met n tiener dogter wat ernstig wil opgradeer van op duiwe en fisante en tarentale skiet na haar eerste bok. Mooi herinneringe wat julle daar het ou maat. ;)

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 13, 2013 6:47 pm
by Monrique (SJ)
Dawie

Baie geluk dis great maat. Se geluk aan die jong dame ook.

Groetnis

Re: Pa se dogter!!

Posted: Wed Aug 14, 2013 8:03 am
by Geno
Geluk Oom Dawie!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Wed Aug 14, 2013 8:20 am
by Eugene
Baie geluk! Dis goed gedoen en verblydend dat sy ook jou belangstellings deel!

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 27, 2013 6:28 pm
by BLOUVALKIE
geluk oom Madako

dis rerig mooi fotos van oom se dogter

BLOUVALKIE

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 27, 2013 8:06 pm
by DawieKotze
BLOUVALKIE wrote:geluk oom Madako

dis rerig mooi fotos van oom se dogter

BLOUVALKIE
Jaaaa neeeee ou BLOUVALKIE - as jy so paar jaar ouer was en 'n tier al gemelk het, sou ek nie om gegee het as jy dalk wou kom kuier nie!! :laugh: :laugh: Onthou net - ek het 'n 12 boor en 'n graaf en 'n baie groot agterplaas! >:+ >:+

Dankie ou maat! Sy het my baie trots gemaak. Nes jy ook jou Pa maak. Nou wil sy sommer die leer 'n paar trappies spring en volgende jaar koedoe jag! Maar daar is 'n mooi springbok ram wat eers op haar wag - hopelik, met Genade, sal sy hom volgende jaar raakloop.

Groete

Oom Dawie

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 27, 2013 8:26 pm
by stan man
ou dawie ek sien jy sit met n ernstige probleem!!
ek sit nou en lees hier op jou post en my 18jarige matie kom sit hier langs my en vra so terloops ,,vanwaar is daardie mooi meisie mens?? vind n bietjie uit,toe!!
jy sal moet oppas maat.

en baie geluk aan julle albei.dit is n groot voorreg om saam met jou kinders te gaan jag.

Re: Pa se dogter!!

Posted: Tue Aug 27, 2013 8:36 pm
by Chevvy SS
Nou eers gesien. Baie geluk julle 2.