Page 1 of 2

S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:33 pm
by Gerhard
Hier is die twee videos.

Ek sal baie graag my video equipment en edit programme wil upgrade voor die volgende seisoen...




En




Ek het weer n paar lesse geleer uit die jagte...

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:39 pm
by henried
Wil jy nie URL by sit nie, asb?
Vir een of ander rede wil hulle nie oop maak nie.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:39 pm
by Geno
Nice Gerhard.
Sit jy alleen in die blinds? Spasie lyk maar min daar binne.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:40 pm
by VdWalt
Baie nice gedoen!!

Ek kyk self om my SD video kamera met HD te vervang.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:42 pm
by Eugene
Netjies gedoen! :) :) :)

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:42 pm
by Gerhard
henried wrote:Wil jy nie URL by sit nie, asb?
Vir een of ander rede wil hulle nie oop maak nie.

http://youtu.be/Mqfg2DL_LlQ

http://youtu.be/luiJ4nbP3-k

Hoop dit help

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:44 pm
by Gerhard
Geno wrote:Nice Gerhard.
Sit jy alleen in die blinds? Spasie lyk maar min daar binne.

Ja ek sit alleen.

Nee, die elevated hides is lekker groot.

Kan gemaklik n enkel bed matras in sit vir as jy moeg is en nog skiet by die twee skiet gate uit.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:48 pm
by Geno
Ek sien.
Daai sequence waar jy die boog draw, neem jy dit na die tyd af, of het jy 2 kameras?

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:53 pm
by Gerhard
Geno wrote:Ek sien.
Daai sequence waar jy die boog draw, neem jy dit na die tyd af, of het jy 2 kameras?
Is n staats geheim... :laugh:

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:54 pm
by henried
Gerhard wrote:
henried wrote:Wil jy nie URL by sit nie, asb?
Vir een of ander rede wil hulle nie oop maak nie.

http://youtu.be/Mqfg2DL_LlQ

http://youtu.be/luiJ4nbP3-k

Hoop dit help
Dankie, goed gedoen,

Na watter toerusting kyk jy?

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 5:42 pm
by Reggie Gerber
Gerhard

Dis nou baie mooi gedoen.
Baie geniet

Reggie

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 6:02 pm
by Gerhard
henried wrote:
Gerhard wrote:
henried wrote:Wil jy nie URL by sit nie, asb?
Vir een of ander rede wil hulle nie oop maak nie.

http://youtu.be/Mqfg2DL_LlQ

http://youtu.be/luiJ4nbP3-k

Hoop dit help
Dankie, goed gedoen,

Na watter toerusting kyk jy?
Sal kyk n Canon D70 om HD video te neem op n fluid head tripod

Sal maar begin rond kyk vir editing programme

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 6:02 pm
by Gerhard
Reggie Gerber wrote:Gerhard

Dis nou baie mooi gedoen.
Baie geniet

Reggie
Dankie,

Bly jy het dit geniet.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 7:58 pm
by vlakvark1
Baie mooi Gerhard
Dit is netjies gedoen ;) ;)

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 8:19 pm
by douw
Goed gedoen, ek hou van die Just Jinger.

Groete
Douw

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Wed Aug 21, 2013 8:47 pm
by LongWolf
Baie mooi gedoen.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Thu Aug 22, 2013 9:52 am
by FHM
Jou ou yster!
Netjies Gerhard - dis n uitsonderlike Kudu wat jy daar gekry het.

Ek hou ook baie van die agtergrond musiek van die Kudu-video - dis sag op die oor en met al die veld geluide n perfekte audio op die clip.

Baie geluk! ;)

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Thu Aug 22, 2013 10:04 am
by Smiley
Baie mooi gedoen Gerhard, lekker om die jag so saam te beleef.

Geluk weereens.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Thu Aug 22, 2013 10:10 am
by henried
Gerhard wrote:
Sal kyk n Canon D70 om HD video te neem op n fluid head tripod

Sal maar begin rond kyk vir editing programme
Die naweek se LCA jag gaan ons 'n video probeer maak, van skiet tot slag tot uitdeel.
Die ouens wat my gaan help gebruik die D80 as ek dit reg het, dit werk glo baie goed.
As ek dit reg het gebuik hulle Apple hardeware, sal vra watte software gebruik hulle.

Die goed kos wel 'n paar rand...

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Thu Aug 22, 2013 10:40 am
by Frikkiedbr
Dankie Gerhard, dis lekker om sulke videos te kyk.
Mens leer lekker en mens sien bietjie meer van ander plekke en die wild.

Mooi gelooi ++>:

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Thu Aug 22, 2013 2:06 pm
by Gerhard
Dankie manne,

Ek is bly julle het die videos geniet

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Fri Aug 23, 2013 2:01 pm
by Swede
Gerhard wrote:Ek het weer n paar lesse geleer uit die jagte...
Gerhard, vertel bietjie meer asb

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Mon Aug 26, 2013 7:44 am
by henried

Sal kyk n Canon D70 om HD video te neem op n fluid head tripod

Sal maar begin rond kyk vir editing programme
Gerhard, die manne gebruik die D6.
Ek kan nie die detail onthou van die lens nie, maar hy is gemaak vir videos, kos so R24000. Daai flaoting bi-pod kos so R8000.

Saam met klank, ligte, SW, HW, praat jy van by die R100k.

Die kwalityd, selfs fotos is besonders.

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Mon Aug 26, 2013 7:48 am
by Gerhard
Dankie vir die info...

En ons het gedink dis duur om te skiet en jag...

Re: S'Dudla boog jag videos

Posted: Tue Aug 27, 2013 1:52 pm
by henried
Gerhard, hulle het hierdie ook as opsies gegee:

Canon xa20 - R24 000
Black magic pocket cam - R12 000
Editing video SW is Adobe se suite en colorgrade in da Vinci
Editing fotos - Lightroom

Alles word in RAW formaat af geneem en daarna eers ge-edit. Foto is so 20mg in RAW formaat.