Page 1 of 1

Luiperd

Posted: Wed Aug 28, 2013 8:06 am
by molopohunter
Dagse manne,

Hier is die fotos van ons ander kat jag.
Die jag het baie glad af geloop. Niemand was die keer gekrap, tot die honde was sonder n klap weg.
Ons het n 2 weke jag gedoen, en die blind het glad nie gewerk nie. Die klient wou ook nie meer in die blind bly nie...toe oor na plan B...bring die honde in.
Ons het sondag middag gesien die vars baits is nie veel geraak nie, en maandag oggend is die bait gesleep. Het die honde man in gebel en hy was sommer vining by. Dit was die 1ste keer wat ons die nuwe honde sou gebruik het, en ek was baie skepties, 2 jack russel x varkhond en 3 steekhaar windhonde. Ek is meet gewoond aan die bloedhond X'e en dan of windhond of rifrug X, en dan BAIE meer honde ook, maar 3? en 2 Jack X'e?
Die jack russels is op daai spoor gewees soos blits, en begin blaf, ons het in gehardloop en die kat was in n digte bos in. Die windhonde laat gaan en dis waar ek gesien het die brake ken van katte. As hulle net naby kom, dan roep die honde man en hulle val bietjie terug, as daai omdraai om te baklei kom daai jacks in en dan gaan die kat weer...meer hart as verstand.
Die klient het opgevang en die kat het onder n bos gaan le om te baklei, die honde af geroep, en met 1 skoot was die kat jag verby. Nie eers back flips, gegrom of niks nie.
Hier is die fotos, weer waar hy mooi le, en waar ek hom vas hou om grote te wys.
[URL=http://s1184.photobucket.com/user/peetv ... 1.jpg.html][IMG]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... GP6481.jpg[/IMG][/URL]
[URL=http://s1184.photobucket.com/user/peetv ... 8.jpg.html][IMG]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... GP6468.jpg[/IMG][/URL]

Re: Luiperd

Posted: Wed Aug 28, 2013 8:06 am
by molopohunter
Ai, iemand help asb, alweer ek en die photobucket ding...

Re: Luiperd

Posted: Wed Aug 28, 2013 8:49 am
by Capt. Yoda
http://i1184.photobucket.com/albums/z328/peetvdw/IMGP6481.jpg


http://i1184.photobucket.com/albums/z328/peetvdw/IMGP6468.jpg

Baie mooi kat daai Peet

Re: Luiperd

Posted: Wed Aug 28, 2013 8:56 am
by molopohunter
Dankbaar SJ.

Dankie vir die foto fix ook, ek is maar gestremd met n rekenaar ;D

Re: Luiperd

Posted: Wed Aug 28, 2013 8:59 am
by Capt. Yoda
Toema ek sal eeder wil Luiperds loop en soek en nie met n rekenaar hoef te werk nie :-[

Re: Luiperd

Posted: Wed Aug 28, 2013 9:13 am
by Dewie
Oom Molopo
Sien oom is nie n bang man nie
Geluk met die gespikkelde kat

Groete
Dewie

Re: Luiperd

Posted: Wed Aug 28, 2013 9:20 am
by Smiley
Baie netjies gedoen, interresant oor die honde. Waar het julle die jag gedoen?

Re: Luiperd

Posted: Fri Aug 30, 2013 7:58 am
by molopohunter
Smiley wrote:Baie netjies gedoen, interresant oor die honde. Waar het julle die jag gedoen?
Dankie. Ek verkies maar die "over hounds" metode en tyd het klaar geraak. Die 1 was van Marico area.
Daar is baie groter, maar daai katte word nie verniet so groot nie...

Re: Luiperd

Posted: Fri Aug 30, 2013 8:01 am
by Riaan Beeslaar
Baie mooi kat Molopohunter

Re: Luiperd

Posted: Sun Dec 15, 2013 5:11 pm
by Marius Botha 10
Aitsa, Goeie werk. Sulke spikkel katte bly maar mooi.

Re: Luiperd

Posted: Sun Dec 15, 2013 9:37 pm
by douw
Baie lekker! Goedgedoen!