Page 1 of 1

So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Wed Sep 25, 2013 12:43 pm
by Pierre van der Horst
Dagsê manne en dames,

Ek het Sondag oggend op Brakbult (Thabazimbi) die Eland Koei geskiet. Wat 'n fantastiese jag. Ons is net na 6 in die veld, en het sommer vinnig 'n trop Elande gekry. Was op 'n stadium minder as 5 meter van 'n koei af, maar daar was ongelukkig nie skietbare diere in die trop nie.

So vat ek en my betroubare gids Thomas die pad, en soek verder. By die klein land kom ons op 'n trop Koedoes af, maar hulle weet hulle is nie op die inkopie lys nie, en kyk maar net vir ons soos ons verbybeweeg.

Na 4 ure se stap, is ons amper op die noord grens, en Thomas raak opgewonde soos 'n kind wat lekkergoed sien. Hy gaan staan skielik doodstil en fluister "Daar's die donkie onder die boom baas". Hulle verwys na die ou koeie as donkies op die plaas.

Sy staan teen so 45 grade en kyk weg van ons af. Ek lê aan met my ou getroue bosmaat, en die skoot klap. Sy trippel so stadig weg, en ek is agterna. By die boom waar sy gestaan het kry ek bloed, en ek weet dis nou net 'n kwessie van tyd.

Ek gewaar haar so 40 meter van my af, in 'n digte bos, maar kan nie 'n skoot inkry nie. Ek beweeg na haar linker kant toe om 'n skoot te kry, en net voor sy oop is hoor sy my en vat die pad. EK kan nou dien dat haar regter skouer nie meer wil saam speel nie. Sy het so 10 tree gestap, en omgekyk. EK het die doodskoot net onder haar oor, ingestuur, en sy is net daar en dan dood.

Die koel is agter die linker ribbes in die maag in, het die longe getref, en die regter skouer gebreek. Die koel is ook daar herwin, en het 199.7 Grein behou van die oorspronklike 200 Grein.

Wapen: Steyr Mannlicher
Kaliber: 30 - 06
Koel: 200 Grein Rhino
Dop: Winchester
Dryfmiddel: 41 Grein S335
Slagdop: PMP Large Magnum

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Wed Sep 25, 2013 12:54 pm
by Smiley
Mooi gedoen daar Pierre, geluk!

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Wed Sep 25, 2013 1:22 pm
by BRNO (Pierre)
Baie mooi Pierre! Sommer so half jaloers op julle manne wat nog so laat in die jaar gaan bokke plattrek!

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Wed Sep 25, 2013 2:54 pm
by Riaan Beeslaar
Baie mooi Pierre

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Wed Sep 25, 2013 3:50 pm
by jamalley
Baie mooi Pierre, self die afgelope "braaidag" uitgegaan vir 'n varkies hier in ons distrik, maar hulle weet die seisoen in die Vrystaat is nog oop- en nodeloos om te se was my hele oefening verniet

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Thu Sep 26, 2013 9:20 am
by Jakkie 321
Pierre lekker man so word dit mos gedoen.

Groette

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Fri Sep 27, 2013 9:46 pm
by theedge
Mooi gedoen maat geluk

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Posted: Sun Dec 15, 2013 4:50 pm
by Marius Botha 10
Lekker man Pierre. Hoekom is dit die laaste, die jaar het dan nog meer as 2weke oor :laugh: :laugh: