Page 1 of 1
Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Fri Oct 04, 2013 3:28 pm
by Frikkiedbr
Die foto’s is as volg:
die kuierplek met kamers links
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Robbie%20en%20dogter/download_zpsc7988186.jpg
Dolla, Robbie se dogter met haar varkie.
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Robbie%20en%20dogter/download1_zpsb6983406.jpg
Robbie met sy varkie.
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Robbie%20en%20dogter/download2_zpsabd50139.jpg
Barry met sy RHB koei.
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Robbie%20en%20dogter/download3_zpsf0d7cfd2.jpg
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Fri Oct 04, 2013 3:32 pm
by ROBBIE1
Baie dankie Frikkie, ek waardeer man!!
Nico en sy dogter so rooibokke en vark sal volgende week kom.
Dit was n bevange lekker naweek, en die dogters het dit werklik baie geniet, netnou weer met Barry gesels, sy dogter wil weer gaan, syt mos nie n skoot op haar BWB ingekry nie, WIL hom gaan haal!!
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Fri Oct 04, 2013 3:37 pm
by Riaan Beeslaar
Baie mooi gemaak julle manne, dink dit was 'n baie goeie gedagte en ek kan sien julle het dit terdee geniet
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:20 pm
by Beretta
Robbie
Mooi gedoen daar jy het n kampion dogter sy is baie mooier as jy

leer hulle vroeg. Een van die dae vat sy jou vir n jag trip.
Beretta
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Fri Oct 04, 2013 5:29 pm
by ROBBIE1
Praat jy Beretta, hulle se mos die lelike bulle maak mooi kalwers!! Gelukkig het ek my hoed op, anders het die son se weerkaatsing nog die foto laat blir ook.
Eks ook maar bly syt nie in n kudu vasgeloop nie, syt kla vir daddy oortuig gehad!
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Mon Oct 07, 2013 9:09 pm
by Johan22
Robbie jy sal lang haelgeweer moet koop dit is 'n baie mooi dogter hoor ai sy knoppe het seker uit geskiet
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Tue Oct 08, 2013 8:53 am
by ROBBIE1
Johan gelukkig is daar paar mooi stunjas in die kluis, skerp messe in die slaghuis, en my pelle almal growwe jagter oomies, so die mannetjies loop maar lig hier!!
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Tue Oct 08, 2013 9:04 am
by Beretta
Robbie
As jy back up nodig het bel maar vir my weet hoe om die manne te hanteer. Soos bv waar het jy ingekom gaan nou maar weer daar uit voor die oom kwaad word.
Beretta
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:17 am
by ROBBIE1
Dankie mater ek doen daai!!
Gelukkig is sy baie oopkop, wil met alle mag n advokaat word, en akedemie nou haar prioriteit. Verjaar juis vandag, sweet 16, maar have been kissed before ja, maar geen vaste "verhouding" nie, kuier lekker saam met almal, en as n meneertjie begin ernstig raak, skuif sy hom so mooi saggies met baie takt bietjie eenkant toe.
My enigste (wat ek van weet), en dad is baie trots op die klein strooi glo my!
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:19 am
by Riaan Beeslaar
Baie geluk met jou pragtige dogter se verjaarsdag
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:21 am
by Frikkiedbr
Baie geluk met Dolla se verjaarsdag Robbie
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Tue Oct 08, 2013 10:23 am
by ROBBIE1
Dankie Frikkie, sal vir haar se.
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Tue Oct 08, 2013 6:46 pm
by Johan22
Jy moet geluk se en nou gaan die budged vir jag vergroot of verdubbel en die laties wat vlerksleep 'n haelgeweer met 'n toe "choke' en lig vas hou
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Wed Oct 09, 2013 9:18 am
by ROBBIE1
Dankie Johan se vir haar.
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Thu Oct 10, 2013 3:20 pm
by FHM
Netjiese fotos julle manne en maninne, lyk of die kinders dit geniet het (pa's ook natuurlik)
Ek wag net dat Femur (Pieter Vorster)
en Cor se dogters.... groter raak, dan gaan ons ook so pa-dogter jag reel diekant van die draad - dis nou maar wors!

Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Thu Oct 10, 2013 4:32 pm
by ROBBIE1
Francois dit was baie lekker, heel iets anders om vir n slag werklik tyd aan n man se dogter te spandeer, bietjie in die veld rond te loop, spore te kyk ens. Ek net my lag nie kon hou toe myne die vark uit die hide uit blaas nie. Syt my die dood voor die oe gesweer, maar ek moet dit vertel!!!
Die sog met 2 jongges kom in, mooi aan die oorkant van die gat, en stap so 3 tree in die water in. Ek gee die 7x64 saggies aan, en help haar om dit in die skietgat te sit sonder n geluit. Sys kalm, geen bewe of niks nie, en ek druk saggies met my wysvinger op haar nek, waar dit by die skouer kom, se vluister: "net daar vlooi".
"Is jy reg?" vra ek. Sy knik haar kop, en ek maak die slot toe. "Right, kap haar!"
Die skoot loop en die sog slaan net daar neer. Die 2 jonges spander vir al wat hulle werd is, en toe kom die gil!! "Eina, eina, eina!!!" Die eerste ding wat deur my kop gaan is dat sy nou deel is van die halfmaan bende!!! Maar daars nie bloed of n merk nie, ek vat die wapen en maak dit veilig terwyl sy kerm hier langs my. "Wats fout Dolla?" . . . . . . " My skouer, my wang, dis hel seer!!!!" Ek kon nie help nie en bars van die lag uit, want toe weet ek die oomblik was te groot, en sus net nie die geweer mooi in die skouer gedruk nie!!! Nou ja, ons is af en dam toe, en syt my help sleep aan haar vark, opgestel en foto's geneem.
Toe dit als klaar is, kyk en vir die eerste keer na die skouer, en yip, daars so lekker dowwe blou hou waar my babatjie haar bietjie herhinder het om volgende keer stywe te houvas!! Later die middag is ons skietbaan toe, en het sy weer 3 skote gevat, net om die bang uit te haal. Dit was stunning!!
Re: Dolla wys vir pa Robbie hoe om dit te doen
Posted: Thu Oct 10, 2013 4:40 pm
by FHM
ROBBIE1 wrote:Francois dit was baie lekker, heel iets anders om vir n slag werklik tyd aan n man se dogter te spandeer, bietjie in die veld rond te loop, spore te kyk ens. Ek net my lag nie kon hou toe myne die vark uit die hide uit blaas nie. Syt my die dood voor die oe gesweer, maar ek moet dit vertel!!!
Die sog met 2 jongges kom in, mooi aan die oorkant van die gat, en stap so 3 tree in die water in. Ek gee die 7x64 saggies aan, en help haar om dit in die skietgat te sit sonder n geluit. Sys kalm, geen bewe of niks nie, en ek druk saggies met my wysvinger op haar nek, waar dit by die skouer kom, se vluister: "net daar vlooi".
"Is jy reg?" vra ek. Sy knik haar kop, en ek maak die slot toe. "Right, kap haar!"
Die skoot loop en die sog slaan net daar neer. Die 2 jonges spander vir al wat hulle werd is, en toe kom die gil!! "Eina, eina, eina!!!" Die eerste ding wat deur my kop gaan is dat sy nou deel is van die halfmaan bende!!! Maar daars nie bloed of n merk nie, ek vat die wapen en maak dit veilig terwyl sy kerm hier langs my. "Wats fout Dolla?" . . . . . . " My skouer, my wang, dis hel seer!!!!" Ek kon nie help nie en bars van die lag uit, want toe weet ek die oomblik was te groot, en sus net nie die geweer mooi in die skouer gedruk nie!!! Nou ja, ons is af en dam toe, en syt my help sleep aan haar vark, opgestel en foto's geneem.
Toe dit als klaar is, kyk en vir die eerste keer na die skouer, en yip, daars so lekker dowwe blou hou waar my babatjie haar bietjie herhinder het om volgende keer stywe te houvas!! Later die middag is ons skietbaan toe, en het sy weer 3 skote gevat, net om die bang uit te haal. Dit was stunning!!
Ek het my nou amper natgemaak...kan dit in geestesoog al sien en hoor !!!!

Ek s DOODSEKER een van daai selfde 'aksies en gille' sal binnekort mykant van die draad gehoor word. My pel waar en gehelp het op die plaas het gese ek moet vir sussie bring vir n varkskiet sodra ek kan.....sy weet nogie daarvan nie! Maar pa sal haar maar die 300ses spaar (ai fooi tog man!!!) en die plaas se 22.250 gebruik vir daai sessie!
Lekker man!