Page 1 of 1

Oopmaak van Barnes X

Posted: Thu Oct 10, 2013 8:19 pm
by Pvdw
Kan iemand my asb inlig wat is die minimum spoed waarteen Barnes koeels suksesvol oopmaak?



Ek moet kies tussen 2 nodes en wil graag uitwerk wat die praktiese verskil gaan wees.



Peet.

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Thu Oct 10, 2013 8:26 pm
by THOMAST
Ek het nog nooit 'n BarnesX koeël herwin nie, maar op hulle webblad reken hulle dat hy sal oopmaak teen 'n spoed so laag as 1200fps.

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Thu Oct 10, 2013 8:44 pm
by Silent Hunting
Het vandag selfde gehoor by 'n verkoopsman.....

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Thu Oct 10, 2013 9:01 pm
by Pvdw
Manne as dit die geval is bly ek net waat ek is op die stadiun van die geveg. Ek moet kies tussen 2840 en 2930ft/s

Ek skiet nou 2840ft/s. As ek 350m skiet dan is die snelheid nog 2000ft/s. Ek was onder die indruk dat ek meer as 2000ft/s nodig het vir Barnes om te werk.

Hoor graag as daar nog info beskikbaar is.

Dankie.

Peet.

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Fri Oct 11, 2013 1:22 am
by alecjohnson
Soos ek nou opgelees het kom dit neer dat die met die blou punt kan oopmaak op 1900fps maar 2000 is die aanbevele spoed. Die gewone X koel maak oop tot so stadig as 1800fps.
rondgelees op ander forums.

maak nie saak of hy oopgaan of nie solank die koel deur die long of hart is gaan die dier gou le ;)

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Fri Oct 11, 2013 6:36 am
by tripodmvr
Peet, gaan loer by www.barnesbullets.com. Gaan kyk by die tegniese inligting. Daar is eksperimente op 1000 tree gedoen - bygesê is dat been eers getref word.

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Fri Oct 11, 2013 12:07 pm
by Pappabeer
Ek verskil met die 1200 fps storie.

Tsx 250 gr 9,3 punt het minder as die skag oopgemaak in wetpak op 50 m en 150gr 7 mm ook minder as diameter op hartbees koei op 80 m. Trompsnelheid vir 9,3 was 2300 en 7x57 ook 2280.

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Fri Oct 11, 2013 12:28 pm
by kopskoot
pvd

Uit my ondervinding met Barnes, moet jou impakspoed ten minste 2000f/s wees, vir die koeel om ten volle oop te maak (met ander woorde dubbeld die kaliber), so nie sal die koeel nogsteeds oopmaak, maar nie ten volle ontplooi nie.

Dit beteken egter nie dat die koeel ondoeltreffend is nie, maar bloot dat hy nie sy optimum verrigting bereik nie.

As voorbeeld het ek 'n foto aangeheg van een wat ek herwin het, uit 'n kameelperd, wat ek op 130m met my 375 geskiet het. Die trompsnelheid was 2250f/s, wat die impak spoed dan (geskat) so op 1700f/s bring

Die deursnee van die ontplooide koeel is 16mm en dus, kaliber + meer as 50%.

Nogsteeds baie goed in my oe.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/photoc_zpsf03a182e.jpg

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Fri Oct 11, 2013 12:37 pm
by 375fanatic
Peet hier is n link om barnes oopmaak

http://www.youtube.com/watch?v=sAuuKQ7b2Xs

kyk mooi as hy by 16 seconds kom

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Fri Oct 11, 2013 1:19 pm
by Pappabeer
Grapgat

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Fri Oct 11, 2013 1:36 pm
by 375fanatic
Pappabeer wrote:Grapgat
:laugh: :laugh: >:D

Re: Oopmaak van Barnes X

Posted: Sun Oct 20, 2013 2:22 pm
by Pappabeer
Pappabeer wrote:Ek verskil met die 1200 fps storie.

Tsx 250 gr 9,3 punt het minder as die skag oopgemaak in wetpak op 50 m en 150gr 7 mm ook minder as diameter op hartbees koei op 80 m. Trompsnelheid vir 9,3 was 2300 en 7x57 ook 2280.
Hier is die fotos.

Lekker food for thought. Peet, ek dink na ons gesprek die ander dag kyk ons na n wenresep met die 160gr Sierra ProHunter vir jou seun op kort afstande.