Page 1 of 2

Jaracal Kersfonds Kompetisie - meningspeiling - GESLUIT

Posted: Mon Oct 14, 2013 10:16 pm
by Jakkalsgat
Naand manne

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar ons begin dink aan geskenke en kuier saam met ons gesinne en ander mense wat vir ons spesiaal is. Soos elkeen van ons weet is daar mense wat minderbevooregd is as ons en nie geliefdes of ander mense het om die feestyd waartydens ons die grootste geskenk wat ons as mensdom ooit kon kry herdenk en met geliefdes deel nie. Die Jaracal lede het verlede jaar 'n enorme bedrag van R 22 000 ingesamel wat aan die Abraham Kriel kinderhuis se wenslys projek geskenk was en wil ek hierdie jaar weer op elkeen van julle se harte te druk om hierdie projek te ondersteun, ons hoef nie noodwendig hierdie spesifieke tehuis weer te ondersteun nie maar is ek gemaklik as julle dit so sou verkies.

Ek kan dit egter nie alleen doen nie en vra ek elkeen van julle se hulp met 'n paar dinge en hier plaas ek die voorlopige lys:

1) Pryse, ons het verlede jaar baie goeie pryse gekry en wil ek weer staatmaak op forumlede om te help met die verkryging daarvan en kan julle my in hierdie verband sommer PM gestuur. Ek myself sal seker weer 'n prys in een of ander vorm skenk maar weet nog net nie wat nie, ek vra hier dat julle met voorstelle kom en pryse kan in enige vorm wees behalwe kontant, gebruik eerder kontant om kaartjies te koop. Manne wat kursusse aanbied kan 'n kursus ingooi, mesmakers 'n mes of enigeiets wat jy wil bydra.
2) Ek gaan weer iemand nodig he om te help met trekking en sal dit graag hierdie jaar tydens 'n braai met 'n paar lede wil doen.
3) Ek het vir Hein gevra vir toestemming en alhoewel hy dit nog nie gegee het nie glo ek hy sal die draad stop as hy nie wil he ons moet aangaan nie.
4) Ek wil graag julle goedkeuring he hiervoor en daarom gaan ek net 'n ja of nee stem van jou verwag by die stembus.
5) Laat weet my ook as julle aan ander instansie kan dink vir wie ons kan help.

Manne as daar nog iets is sal ek bysit maar stem asb.

Groete
Jaco Stander

Vir die manne wat nog nie so lank hier is nie kan gaan kyk op die link http://jaracal.com/viewtopic.php?f=135&t=16666 as hulle wil sien wat se pryse daar verlede jaar was en hoeveel mense daarby kon baat.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Oct 15, 2013 9:10 am
by Wielie Waps
Jaco

Jean Webber huis hier in Bloem trek ook baie swaar.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Oct 15, 2013 9:13 am
by Beretta
Jaco
Laat ek kyk wat ek kan doen hierdie jaar. Wat ek sal voorstel is besluit op n plek of kom ons nomineer n plek waar die behoefte werklik groot is.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Oct 15, 2013 1:02 pm
by Jakkalsgat
Manne, ek dink ons begin met instansies nomineer maar wil ek graag vra dat julle iets vir ons kom vertel van die instansie wat jy nomineer en asb nie opstel nie en dan kan ons maar later stem oor watter instansie ons wil ondersteun.

Nominasies huidiglik is as volg:

1) Jean Webber tehuis vir gestremdes in Bloemfontein - Wielie Waps
2) Kinderhuis in Benoni, naam nog onbekend - Carl

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Oct 15, 2013 2:49 pm
by Carl
Manne dit is in Bronkhorstspruit. Sal by een van die trustees meer inligting kry.
http://www.loeriehuis.org/

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Oct 15, 2013 3:06 pm
by 375fanatic
jakkalsgat dis nou n goeie idee

ons het nou die dag in n golfdag vir huis Jacaranda gespeel en die kinders was daar daar was so 6 seuns tussen 10-14 jaar, die energie straal somer uit die jong manne uit en ek was baie beindruk met hulle maniere.

ek het amper een aangeneem maar dis nie n besluit om te neem as jy paar brannewalies in het nie

my gedagte was soos volg:
1) n trippie na n wildsplaas met n pretskiet dag waar n mens die seuns betrek en hulle die bos ervarings gee
2) n hengel trippie waar jy dan die manne leer visvang en net lekker kuier

dis maar net nog n voorstel en ek dink dit sal daai mannetjies vir ewig by bly

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Tue Oct 15, 2013 3:10 pm
by Smitstertjies
Carl wrote:Manne dit is in Bronkhorstspruit. Sal by een van die trustees meer inligting kry.
http://www.loeriehuis.org/
Manne, ek ken die kinderhuis in Bronkhorstspruit baie goed. Daar is ongeveer 40 wit kinders in die huis. Hulle ontvang geen staatsubsidie nie, en alle fondse is vanaf donateurs. Die kinders in die tehuis is rerig ons dorp se trots. Meeste van die kinders verlaat die kinderhuis na matriek en menige van hulle word baie suksesvol in hulle loopbane. Van die kinders gaan studeer by universiteite vir grade en die kinderhuis help om die kostes van die studies te dra.As jy n Loerie kind in die dorp raakloop word jy altyd beleefd gegroet.

Die opvoeding wat die kinders kry in die tehuis is van hoogstaande gehalte, maar soos altyd is fondse die ding wat beperkinge op alles plaas. Ek glo die Loeries sal n waardige ontvanger van enige Jaracal skenkings wees en ek sal ook bereid wees om my bydrae te lewer.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 8:20 am
by Carl
Dankie Smitstertjies. Hier is meer inligting aangeheg.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 11:51 am
by Jakkalsgat
Dit is vir my bietjie kommerwekkend om te sien dat hierdie spasie maar sowat 200 maal besoek is en daar slegs 37 stemme is. Ek het PM's gestuur aan van die handelaars om te vra vir borge en het ek reeds baie goeie pryse gekry en glo my ons het nog net begin en beoog ons om hierdie jaar baie groter te gaan as verlede jaar. Ons is egter afhanklik van julle as lede om hierdie projek te maak werk en sal julle moet ondersteun en deel wees van die projek, as jy nog nie gestem het nie, doen so en lewer kommentaar asb.

Vir 'n aptytwekker kan ek net se dat daar onder anderre reaktiewe teikens, gonge, slagskaap, wangstukke en ander pryse beskikbaar gestel is.

Komaan manne dis ons kompetisie wees deel daarvan en PM my as jy wil help! Dalk het ons nog die dienste van 'n boontjieteller ook nodig, Jean Marais kom in.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 11:54 am
by Jakkalsgat
Carl wrote:Dankie Smitstertjies. Hier is meer inligting aangeheg.
Wie dit mag aangaan,

Die Loerie Jeugsentrum is ‘n kinderhuis geleë te Bronkhorstspruit wat tans 35 minderbevoorregte kinders huisves. Ons onderhou en versorg ook nog 3 studente aan die Noordwes Universiteit (Pukke). Hierdie studente het hier in Loeriehuis groot geword. Ons onderhou dus 38 kinders in totaal. Al hierdie kinders se ouers is weens die ernstige ekonomiese agteruitgang van ons land nie in staat is om hul kinders self te versorg nie. Die kinderhuis is tot stand gebring met die doel om hierdie kinders uit huislike omstandighede te verwyder – omstandighede waar hulle nie net blootgestel is aan wanvoeding nie, maar ook ander gevare wat voortspruit uit swak sosio-ekonomiese omstandighede.

Die opvoeding van ons kinders is geskoei op sterk beginsels, dissipline en liefde. Hulle het so jonk as wat hulle nog is, ‘n blymoedige uitkyk op die lewe. Hul skolastiese vordering is vir die Trustees en die personeel van uiterste belang.

Die Loerie Jeugsentrum Trust is gedurende April 2000 gestig deur agt sakemanne en -vroue wat die welstand van hierdie kinders swaar op die hart dra. Die Trust is ‘n nie-winsgewende instansie en ontvang geen staatsubsidie nie. Gevolglik is die Trust self verantwoordelik vir alle lopende uitgawes soos verbandskostes, voedselvoorsiening, vervoer, lone ens. Die kinders is ten volle van die Loerie Trust afhanklik vir al hul behoeftes.

Dit is die oop harte van die gemeenskap wat ons in staat stel om hierdie kinders en student na behore te versorg, te klee en op te hef en derhalwe is ons afhaklik van skenkings, hetsy finansiëel of andersins om hierdie kinders na behore te voed, te klee en van die nodige lewensmiddele te kan voorsien. Sonder die hulp en ondersteuning van menses al ons nie in ons doel kan slaag nl.: OM ‘N VERSKIL IN ‘N KIND SE LEWE TE KAN MAAK NIE!

Met hartlike Loeriegroete.

TRUSTEES EN PERSONEEL

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 11:55 am
by Jean Marais
Hallo Jaco

Waarmee help ek?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 11:56 am
by Jakkalsgat
Dit is vir my bietjie kommerwekkend om te sien dat hierdie spasie maar sowat 200 maal besoek is en daar slegs 37 stemme is. Ek het PM's gestuur aan van die handelaars om te vra vir borge en het ek reeds baie goeie pryse gekry en glo my ons het nog net begin en beoog ons om hierdie jaar baie groter te gaan as verlede jaar. Ons is egter afhanklik van julle as lede om hierdie projek te maak werk en sal julle moet ondersteun en deel wees van die projek, as jy nog nie gestem het nie, doen so en lewer kommentaar asb.

Vir 'n aptytwekker kan ek net se dat daar onder anderre reaktiewe teikens, gonge, slagskaap, wangstukke en ander pryse beskikbaar gestel is.

Komaan manne dis ons kompetisie wees deel daarvan en PM my as jy wil help! Dalk het ons nog die dienste van 'n boontjieteller ook nodig, Jean Marais kom in.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 12:47 pm
by Carl
Jaco,
Ek dink die manne sal deelneem! Jy weet mos hoe die stem proses werk in Afrika. 300 views, 39 stemme, en die President word verkies met 500-0 :)

As ek die % kyk gaan ons buitendien die ding hou.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 3:16 pm
by Fanta300
Noem net 'n bedrag en rekening nr en ek is seker die geld sal begin inrol. Dis al amper Kersfees.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 3:29 pm
by Jakkalsgat
Ek is doodseker dit sal soos in die verlede weer sukses wees, ons moet net eers die pryse en instansie wat baatvind by die insameling bepaal en dan kan ons afskop hier by 1 November rond.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 3:40 pm
by DWB
Ek hou van die Loerie Kinderhuis idee

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 3:43 pm
by Geno
Ek stem ook vir die Loerie Kinderhuis.
Ons kan elke jaar 'n ander instansie ondersteun.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 3:49 pm
by Wielie Waps
Ek is gelukkig daarmee

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 4:00 pm
by Jakkalsgat
As julle vrede is, is ek. Voorgestel en gesekondeer Loerie Kinderhuis sal dit wees.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Wed Oct 16, 2013 4:01 pm
by Alwyn
Klink vir my reg stem 100% saam met die Loerie Kinderhuis idee.....

Jakkalsgat..

As ek so na die aptytwekker kyk is ek seker dat dit die jaar ook n GROOT sukses SAL WEES!!!

Ek hou dop vir meer inligting

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013 t.b.v Loerie Kinderhui

Posted: Wed Oct 16, 2013 5:55 pm
by roux cf
Jaco,

Ek is seker ek sal n gratis bergskaap kan reel as prys.

Dink dit sal n paar manne se beursies oopmaak?

Groete,
CF

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013 t.b.v Loerie Kinderhui

Posted: Wed Oct 16, 2013 6:01 pm
by Jaktrap
Waar betaal ons die geld in?
Lekker aand.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013 t.b.v Loerie Kinderhui

Posted: Wed Oct 16, 2013 7:48 pm
by Geno
roux cf wrote:Jaco,

Ek is seker ek sal n gratis bergskaap kan reel as prys.

Dink dit sal n paar manne se beursies oopmaak?

Groete,
CF
Jou yster!
Manne. 'n Bergskaap jag saam Charl is 2 dae se hel, maar die lekkerste jag wat ek nog op was!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013 t.b.v Loerie Kinderhui

Posted: Wed Oct 16, 2013 8:07 pm
by stan man
hello boeta.
praat as ek met iets kan help.
ek sal ook kyk wat ek kan uitrig.

sterkte met die reelings.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013 t.b.v Loerie Kinderhui

Posted: Wed Oct 16, 2013 8:23 pm
by Jakkalsgat
Charl

Soos reeds gese baie dankie hierdie is groot

Frans

Baie dankie, ek sal praat.

Manne, ek sal graag wil he dat ons beter doen as verlede jaar waar ons reeds goed gedoen het, ons het baie nuwe lede en lyk vir my dis tyd om staal te toets.

Groete
Jaco