Page 1 of 1
Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 3:59 pm
by JTM
Het iemand van julle dalk al die tyd geneem en die loop twist self gemeet en bevestig vir 'n standaard loop Howa .243?
Ek weet volgens die website en boekies hoort dit 1:10 te wees , maar ek het dit self probeer meet en volgens my mates kry ek 1 draai in 276mm. Dit gee my dan 'n twist van 1:10.86 wat nader dan is aan 1:11 eerder .
Kry julle dieselfde of meet ek net verstrooi?
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:10 pm
by birklec
Ek het al die 243 varmint stainless gemeet,en het op 1-10 twist gekry.
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:10 pm
by birklec
Ek sal nou gou die dun loop ook meet en laat weet.
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:17 pm
by Arnold
JTM wrote:Het iemand van julle dalk al die tyd geneem en die loop twist self gemeet en bevestig vir 'n standaard loop Howa .243?
Ek weet volgens die website en boekies hoort dit 1:10 te wees , maar ek het dit self probeer meet en volgens my mates kry ek 1 draai in 276mm. Dit gee my dan 'n twist van 1:10.86 wat nader dan is aan 1:11 eerder .
Kry julle dieselfde of meet ek net verstrooi?
Hoe meet jy dit?
Dalk glip jy verby die rifling soos jy die stok stoot? Het jy dit 'n paar keer gemeet om te sien of jy dieselfde kry elke keer?
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:19 pm
by birklec
Dun loop ook 1-10 twist gekry
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:42 pm
by Cobus(Cobb)
Gaan gou myne meet.....
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:46 pm
by Pvdw
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:49 pm
by birklec
Hoop hy meet die geweer se loop.

Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 4:54 pm
by Cobus(Cobb)
dikloop warminter
1:10.82
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 7:36 pm
by JTM
Ek het die stok van die tromp af in gestoot sonder iets aan. Toe dit deur is het ek 'n nuwe 6mm bronz borsel opgeskroef. Toe trek ek die stok terugtot dit begin vastrek in die kamer en net begin draai.
Hier ek ek dit stok toe teen die loop gemerk en ook die stok n merk gemaak na die handvatsel om die draai aan te toon. Van hier af trek ek stadig en egalig die stok uit tot dit een omwentelling gedoen dit. Daar het ek die stok weer teen die tromp gemerk.
Die afstand tussen die twee merke soos ek teen die tromp gemerk het, het ek toe met 'n lang staal liniaal gemeet.
Ek sal weer die proses herhaal nog 'n paar keer en kyk vir glip iewers.
Re: Iemand al Howa .243 twist gemeet?
Posted: Tue Oct 22, 2013 8:26 pm
by Cobus(Cobb)
JTM wrote:Ek het die stok van die tromp af in gestoot sonder iets aan. Toe dit deur is het ek 'n nuwe 6mm bronz borsel opgeskroef. Toe trek ek die stok terugtot dit begin vastrek in die kamer en net begin draai.
Hier ek ek dit stok toe teen die loop gemerk en ook die stok n merk gemaak na die handvatsel om die draai aan te toon. Van hier af trek ek stadig en egalig die stok uit tot dit een omwentelling gedoen dit. Daar het ek die stok weer teen die tromp gemerk.
Die afstand tussen die twee merke soos ek teen die tromp gemerk het, het ek toe met 'n lang staal liniaal gemeet.
Ek sal weer die proses herhaal nog 'n paar keer en kyk vir glip iewers.
Ek en jy kry basies selle afmeting....
ipv borsel, maak dit 'n jag lappie wat lekker styf sit..