Page 1 of 1
OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Oct 29, 2013 6:09 pm
by hennievs
Hi kerels,
Was vandag by S/O om uiteindelik vir my ook 'n QL program te kry.
Die webtuiste se daar is vooraad - Raai wat niks in die winkel nie.
Hulle sukkel blykbaar om vooraad te kry en kan moontlik redelik lank sonder vooraad sit.
My Vraag - Is daar nie iemand wat besig is om af te skaal of op te hou, wat bereid is om sy program aan my te verkoop nie? ek weet nie eers of so iets moontlik is nie - Kan dalk moontlik net een keer geinstaleer word.
Kom broers grou in die kaste en help asb.......
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Oct 29, 2013 6:20 pm
by Naas1
Hallo Hennievs
Jy kan hom direk by hulle koop vir 125 pond vir die nuutste 3.8 ver
http://quickload.co.uk/
Weet net nie of jy hom kan aflaai en of hulle die CD vir jou pos nie
Groete
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Oct 29, 2013 6:22 pm
by hennievs
dankbaar - sal daar gaan kyk
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Oct 29, 2013 8:53 pm
by birklec
Ek dink nie jy kan hom aflaai nie.
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Wed Oct 30, 2013 7:15 am
by cassie_calvinia
nuconos in amerika werk ook goed
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Wed Oct 30, 2013 9:47 am
by Hein22
cassie_calvinia wrote:nuconos in amerika werk ook goed
Ek het my CD ook deur hulle gekoop. 2 weke toe is hy in my hande.
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Wed Oct 30, 2013 8:13 pm
by hennievs
Dankie Mnr'e - het toe regkom by nukonos - nou is dit net wag vir die aflewering
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Nov 19, 2013 4:07 pm
by hennievs
Hi Manne,
Dankie vir die raad en advies - my pakkie het vandag gekom - baie meer "complicated" as wat ek gehoop het.
Nou sal ek moet leer anders kom hier n moerse ontploffing op die wesrand.
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Nov 19, 2013 4:14 pm
by Pvdw
Nee wat, glad nie so moeilik nie.
Lees al die topics oor QL hier en hoe om te kalibreer. Sodra jy die kalibrasie kan doen is jy basies oppad.
Peet
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Nov 19, 2013 4:24 pm
by hennievs
Dankie Peet - is juis nou besig om dit deur te werk -as ek vasbrand sal ek die forum lede vra
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Nov 19, 2013 4:27 pm
by Pvdw
Hennie, hier is baie manne wat sal help.
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Nov 19, 2013 4:49 pm
by hennievs
Ja nee Peet - Hierdie forum se gees is lekker - ons kan moontlik van mekaar verskil or die Logo's en alerande klein dingetjies - maar ek het nog nooit raad gevra en nie n antwoord gekry nie. Dit is vir jou n aanduiding dat ons manne dieselfde passie deel.
Het alreeds met Tripodmvr op n vorige geleentheid gepraat oor riglyn klasse. Hy is heeltemal bereid om tyd op te offer om n maat te help en op die regte pad te sit. As dit nie toewyding aan jou passie is nie dan weet ek nie meer so mooi nie. My ondervinding met die res van die forum se manne is presies dit.
HOERA vir Jaracal - dis meer as net n geselsforum - dis n vriendskaps forum ook
Re: OP SOEK NA !!!!
Posted: Tue Nov 19, 2013 5:29 pm
by Andrew Leigh
I e-mailed the US to buy direct and they said the S&O is receiving a shipment this week. Phone and put your name on the list or else you will be dissappointed.