Hier is 'n Leeujag video wat ek in September afgeneem het, geniet dit en lewer kommentaar as jul wil!
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Tue Nov 26, 2013 8:30 pm
by Sako75
To each his own maar nie vir my nie.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Tue Nov 26, 2013 8:51 pm
by Cobus(Cobb)
Tussen 29 en 40 sek staan leeu ek kyk vir julle na hy opgejaag is en weggehol het...vir wat se rede sou hy lekker rustig loop lê het hier van 35 sekondes af???
Vra maar uit onkunde uit...
Cheers
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Tue Nov 26, 2013 9:54 pm
by PWV
Kyk, ek is nie 'n groene nie, maar ek kry 'n knop in my keel as ek sien hoe daardie trotse dier moet swig voor die lood!
Gladnie dieselfde gevoel as wanneer 'n koedoe of springbok val nie.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Tue Nov 26, 2013 10:23 pm
by Kallie404
Pieter Willem Vorster wrote:Kyk, ek is nie 'n groene nie, maar ek kry 'n knop in my keel as ek sien hoe daardie trotse dier moet swig voor die lood!
Gladnie dieselfde gevoel as wanneer 'n koedoe of springbok val nie.
Eish.....moet hier saam stem.....
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 12:15 am
by BRNO (Pierre)
Pieter Willem Vorster wrote:Kyk, ek is nie 'n groene nie, maar ek kry 'n knop in my keel as ek sien hoe daardie trotse dier moet swig voor die lood!
Gladnie dieselfde gevoel as wanneer 'n koedoe of springbok val nie.
Stem saam oom PW. Nie so nie. Hierdie voel net nie reg hier nie.
Asb onthou dit is my persoonlike siening.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 6:31 am
by sako 30-06
Ai manne,nou die dag is n bohaai opgeskop oor die vrou wat die leeu gejag het.(deur greenies)
Nou plaas n man die jag van die leeu op n jag forum wat uitstekend uitgevoer is en nogsteeds is al die kommentaar negatief.Ja elke man kan sy opinie lig,maar na my mening is daar deesdae teveel negatiewe kommentaar op die forum.
Die is jag forum,as julle nie wil sien hoe n leeu geskiet word nie moenie die video kyk nie.
Dan was dit nooit nodig vir die negatiewe kommentaar gewees nie.
Goed geskiet en uitstekende video.
Cobus soos die man se hulle het die leeu gevolg en hom geky twee voet van die water af,hy het gele nadat hy water gedrink het.
Kom ons hijack nie die man se draad oor die leeujag nie.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 6:34 am
by DWB
ASP wrote:
DWB wrote:ASP, net vir interresantheid, is hierdie geteelde en weer vrygelate leeus of is dit wilde leeus?
DWB, dit is geteelde leeus. Hierdie wyfie was lankal vrygelaat vir 'n ander klient, maar is toe nooit geskiet, en toe besluit my klient hy sal die jag doen.
Ek weet ek hoef niks by julle manne te regverdig, julle is almal jagters, maar ek wil darem bysit dat die tipe outfitter wat 'n kameraman toelaat op sy leeujag, sal seker maak dit is nie 'n gedrugte leeu, want dit veroorsaak net moeilikheid. Ek het baie lanklaas 'n leeu gesien wat nog aan die slaap is.
My opinie was en is nog steeds, dat 'n geteelde leeu gevaarliker is as 'n wilde leeu. Al die leeus wat ek in die buiteland gesien het, hardloop weg lank voordat jy naby hom kom en dis hoekom jy gewoonlik op bait jag. Die SA leeus is nie bang vir mense nie.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 6:49 am
by PWV
sako 30-06 wrote:Ai manne,nou die dag is n bohaai opgeskop oor die vrou wat die leeu gejag het.(deur greenies)
Nou plaas n man die jag van die leeu op n jag forum wat uitstekend uitgevoer is en nogsteeds is al die kommentaar negatief.Ja elke man kan sy opinie lig,maar na my mening is daar deesdae teveel negatiewe kommentaar op die forum.
Die is jag forum,as julle nie wil sien hoe n leeu geskiet word nie moenie die video kyk nie.
Dan was dit nooit nodig vir die negatiewe kommentaar gewees nie.
Goed geskiet en uitstekende video.
Cobus soos die man se hulle het die leeu gevolg en hom geky twee voet van die water af,hy het gele nadat hy water gedrink het.
Kom ons hijack nie die man se draad oor die leeujag nie.
Sako 30-06
Ek sien niks van hijack nie. Daar is 'n video en ons lewer kommentaar op die video!
Verder is jy reg. Hierdie is 'n jag-forum en elke lid het seker die reg op sy eie mening - soms positief en soms negatief. Ek het nooit beweer ek is teen die jag van leeus nie. Ek het gesê as ek na die video kyk, besef ek so iets is nie vir my nie.
Ek het al baie video's oor leeujag gesien, maar om een of ander rede staan hierdie een my nie aan nie. Seker maar omdat die leeu rustig lê en geen aggressie toon nie.
Ek respekteer jou siening, Sako. Respekteer my siening.
Groetnis
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 6:59 am
by Frederik
Dankie vir die plasing netjiese video.
Wat baie van julle nie verstaan nie is dat wilde leeus bang is vir mense die oomblik as hulle mense sien hardloop en hulle sal net storm as hulle gekwes is of per ongeluk in hulle vasgeloop word. Wilde leeus word gebait en uit hides geskiet geteelde leeus wat nie bedwelm of in klein hokke geskiet word nie is in eerste plek nie bang vir mense en julle moet onthou julle jag 'n roofdier jy is prooi hoekom moet hy weghardloop hy was nog nie aangejaag deur mense, poachers of jagters nie.
Volgens hom is hy die baas en jy oortree sy gebied as leeujag nie vir jou is nie moet nie eers die video kyk nie maar dit is dieselfde soos mense wat stop en stadig ry om die ongelukke op die pad te sien jy kan net nie wegbly nie. As daardie geel oe so vir jou kyk tussen die gras kan jy sien daar is geen vrees nie dit lyk of hy somme maak en dink vir wie gaan hy eerste aanvat.
As ek eendag kan sal ek liewers my leeu wil skiet so op voet en hom in die oe kyk as wat ek rustig in 'n hide sit en halfslaap en wag tot hy inkom. Die dae van die romantiese leeujag is verby manne face te facts en vir elke leeu wat geteel en geskiet word 'n wilde leeu gespaar.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 7:09 am
by Cobus(Cobb)
sako 30-06 wrote:Goed geskiet en uitstekende video.
Cobus soos die man se hulle het die leeu gevolg en hom geky twee voet van die water af,hy het gele nadat hy water gedrink het.
Kom ons hijack nie die man se draad oor die leeujag nie.
Nee, luister mooi na sy relaas oor wanneer is water gedrink ens...Hierdie is geen hijack poging nie, die man vra dan kommentaar, ons gee dit.
Wat my aanbetref is dit soos hy sê "so moet 'n leejag verloop", skoon, vinnige skote, goeie stalk, vinnige dood.Baie goed overall.
Ek weet nokkol van leeujag af leeu gedrag af nie, daarom my vraag...hoekom sou hy loop lê as hy agtervolg word.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 7:40 am
by BRNO (Pierre)
BRNO (Pierre) wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Kyk, ek is nie 'n groene nie, maar ek kry 'n knop in my keel as ek sien hoe daardie trotse dier moet swig voor die lood!
Gladnie dieselfde gevoel as wanneer 'n koedoe of springbok val nie.
Stem saam oom PW. Nie so nie. Hierdie voel net nie reg hier nie.
Asb onthou dit is my persoonlike siening.
Ek wil egter by myself aansluit, en vir die video se maker en jagters baie geluk wens met n puik jag. Twee goeie skote is geskiet, Vitals verseker met albei getref. Die kamera werk en edit werk is van hoogstaande gehalte.
Sal jy asb nog van die videos opsit soos dit kom.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 7:51 am
by Pappabeer
Sal jy asb die link na die videos ook opsit. Hulle maak nie op die iPad oop nie.
Dankie,
Dewald
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 8:04 am
by Roger
Persoonlik, sal ek nie n paar diere ooit jag nie, soos bv n leeu. As my lewe in gevaar is, verseker sal ek die sneller trek.
Maar, niemand kan se dat hierdie dier was oneties gejag nie. Mooi skoot en goeie opvolg skoot, geen lyding. Knap gedaan!
Die leeu hardloop nie weg nie want hy is geteel en dus mak of half mak. Hy vertrou mense, want tot dusver as hy mense gesien het, het hulle vir hom kos gebring of 'n paar meter weg anderkant die draadheining gestaan en oe en aahh en foto's geneem.
Mooi loop
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 8:39 am
by Chevvy SS
Ek is seker verkeerd, maar om so 'n manjifieke dier te sien val is hartseer vir my.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 9:57 am
by mariusr
Chevvy jy is verseker nie vekeerd nie! Dis vir my ook hartseer en sal nie leeu so kan jag nie al is dit vinnig en eties gedoen.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 10:44 am
by Marc
Frederik wrote:Dankie vir die plasing netjiese video.
As ek eendag kan sal ek liewers my leeu wil skiet so op voet en hom in die oe kyk as wat ek rustig in 'n hide sit en halfslaap en wag tot hy inkom. Die dae van die romantiese leeujag is verby manne face te facts en vir elke leeu wat geteel en geskiet word 'n wilde leeu gespaar.
Ek stem 100% saam jou Frederik, ek sou ook die koning van die wilderness sy kans wou gee om te staan as hy wil.
Koos Barnard wrote:Die leeu hardloop nie weg nie want hy is geteel en dus mak of half mak. Hy vertrou mense, want tot dusver as hy mense gesien het, het hulle vir hom kos gebring of 'n paar meter weg anderkant die draadheining gestaan en oe en aahh en foto's geneem.
Mooi loop
Oom Koos se dit so half met afguns as ek reg lees, hoeveel wilde Leeus is oor in die wêreld en sou dit reg wees om op hulle jag te maak Elke geteelde Leeu wat gejag word sorg dat 'n wilde Leeu oorleef, dis so met alle wild. Daai Koedoe wat so nostalgies gejag word op 'n 1000 ha grond is net so geblik soos hierdie Leeu wat op 10000ha rondhardloop.
Puik video maat, jy mag maar nog opsit. Soos jou opskrif lees, dis hoe dit gedoen hoort te word. Vinnige skoon dood, self 'n hartskoot bok wat 50m moes gehardloop voor hy dood sou meer leiding ervaar as hierdie Leeu met sy twee vinnige skote.
Sonder om die ding nou weer in 'n etiese debat in te druk gaan ek steeds noem dat dit nie ons plek is om enige enkele dier bo 'n ander te verhef nie. Almal is hier vir ons benutting op die een of ander manier, sleutel is om hulle reg te benut en nie uit bloed dorstigheid nie.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 10:57 am
by Eugene
Marc wrote:

Dankie vir die waarheid!
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 11:19 am
by Koos Barnard
Marc en Eugene
Ek het dit nie met afguns gese nie (afguns is 'n sterk gevoel van ongelukkighied oor 'n ander se geluk, sukses, rykdom, ens). Ek is hoegenaamd glad nie afgunstig op die man omdat hy kan bekostig om 'n leeu te skiet nie. Ek het 'n observasie gemaak oor die feit dat die leeu nie weggehardloop het nie. Ek het nie die leeujag veroordeel nie of die man wat dit geskiet het sleggemaak, of gese ons mag slegs wilde leeus jag nie. Elke man moet doen soos hy goeddink. Dit verander egter nie die feit dat geteelde leeus die mens vertrou en eintlik glad nie weet dat hulle moet vlug nie.
Terloops, ek gaan nie in 'n uitgerekte storie betrokke raak oor die voor- en nadele of die etiek van leeujag nie.
Mooi loop
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 11:23 am
by Stefan764
Onder wat soek ek die clip op youtube? Kan nie video by werk speel, sal op selfoon moet kyk. Dankie
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 11:26 am
by Pappabeer
Die link is daar Stef, Deon het dit vir my ook opgesit.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 11:39 am
by Frederik
Koos Barnard wrote:Die leeu hardloop nie weg nie want hy is geteel en dus mak of half mak. Hy vertrou mense, want tot dusver as hy mense gesien het, het hulle vir hom kos gebring of 'n paar meter weg anderkant die draadheining gestaan en oe en aahh en foto's geneem.
Mooi loop
Koos, hoeveel gevaarlike grootwild ondervinding het jy en kan ons aanmeem dat SA jagters net artikels gaan plaas vorentoe oor Bok jag alleen.
Re: Leeujag, soos hy moet afloop.
Posted: Wed Nov 27, 2013 11:46 am
by Stefan764
Nou die video gekyk.
Well done, mooi video en net sulke goeie skietwerk met die geweer ook.
Ek dink die topic se naam lees so "hoe hy moet afloop" na aanleiding van die leeuwyfie wat ons kameraman vriend gepik het...