Page 1 of 1
Bosvarke Te Zeerust
Posted: Wed Dec 04, 2013 4:00 pm
by Robert86
Hi Almal,
Ek het die twee bosvarke helder oor dag raak geloop in die Zeerust omgewing, die plaas grens teen Madikwe.
Die Beer het Rowland gemeet, die derde vark het weg gekom, volgende jaar is nog n jaar!
Groete
Robert
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Wed Dec 04, 2013 4:13 pm
by Alwyn
Mooi gemaak!!!
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Wed Dec 04, 2013 4:15 pm
by ROBBIE1
The Killer, Robert 86!!!
Flink om 2 by mekaar te blaas jong!
Wat het hulle geslag?
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Wed Dec 04, 2013 4:21 pm
by Robert86
Die Beer het 48KG geslag ( karkas gewig) en die Sog as ek reg kon onthou was hier bydie 40KG.
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Wed Dec 04, 2013 4:26 pm
by ROBBIE1
Mooi gewigte. Geluk Robert, maar as jy sulke jagstories het, moet jy dit deel mater, sies, mens post nie net foto's sonder n storie nie man, ons manne is nie almal so gelukkig nie, so ons lees maar en beleef dan die jag saam jou!!
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Wed Dec 04, 2013 9:43 pm
by henti
Mooi gemaak lekker jaloers nou
Groete
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 12:07 am
by SNIPER
Netjiese werk my maat.
Groete
SNIPER
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 6:10 am
by sako 30-06
Baie mooi,ek is nou darem mooi jaloers.
Nie elke dag wat dit gebeur nie.
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 6:37 am
by DWB
Baie mooi man!
Ek beskou dit as 'n groot voorreg om 'n bosvark in die dag raak te loop!
Geniet die lekkerste van lekker tjops!
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 7:21 am
by vriell
Mooi gemaak !
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 7:22 am
by Geno
Netjies Robert!
2 mooi varke daai!
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 7:27 am
by Frikkiedbr
Baie geluk en lekker eet
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 7:31 am
by Robert86
Ek en die gids het die middag sessie die veld ingevaar seker hier om en by 14 :30PM se kant. Ons het absoluut niks wild gekry nie vir n uur of wat, eweskielik toe pop daar drie varke op, ons het probeer bekruip maar ek het gese sit die stokke neer dat ek skiet die drie gaan nie lank staan nie. ek het die beer eerste aangepak en hom agter in die niere geskiet want dis al wat ek kon sien in die ruigtes, toe die skoot klap was dit chaos, daar was n vlakvark kolonie of iets van die aard in die omtrek want toe die knaal deur die veld stoot hardloop daar net varke. Die beer het geval en toe ek om kyk to staan die sog en brul vir my, reg om te storm, ek het die skoot gevat en haar daar ook laat val. die laaste grootste beer wat oor was het vining spore gemaak voor ek skiet kans kon kry. In 60 sekondes se tyd toe is alles verby en ek kon nie my geluk glo nie.
Om Bosvarke te jag per voet is n baie voorreg en ek hoop om weeer so geleentheid te kry. Ek het in Naboomspruit ook n bosvark so in die veld raakgeloop. Daardie ou bosgesegte is baie waar, as jy hard werk in die veld vir jou wild sal die Bos jou verseker beloon.
Ek verkies om op die voet te jag, en niks te skiet nie as wat ek op die bakkie ry en skiet. van die bakkie af skiet verskaf geen uitdaging nie.
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 7:38 am
by Roger
Knap gedaan, goeie werk!
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 8:37 am
by Capt. Yoda
Baie mooi.Lyk my die manne is nou orlas in die land
Manne ek sit en dink nou aan iets.
Ons weet daar is taamlik kolkatte in daai wereld so dink julle as die katte die bosvarke in die aand jag dat die varke meer in die dag sal rond beweeg of beweeg die varke maar in die dag ook?
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Thu Dec 05, 2013 11:13 am
by ROBBIE1
Dankie vir die storie Robert, ekt no sommer op n rush gekry vir jou part oor daai sog!! lekker man!
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Mon Dec 09, 2013 8:14 pm
by theedge
Baie geluk, baie netjies
Re: Bosvarke Te Zeerust
Posted: Sun Dec 15, 2013 4:32 pm
by Marius Botha 10
Goeie werk Robert

Ek proe al salami en cabernossies om nie eens te praat van die gerookte ribbetjie nie.